Y-chromosomale Adam of Y-MRCA is in menslike genetika ’n hipotetiese naam wat gegee is aan die patrilineêre laaste gemeenskaplike voorsaat van wie alle moderne mense wat vandag leef, afstam deur die manlike linies in hul stamboom.
Y-chromosomale Adam is genoem na die Bybelse Adam, maar anders as laasgenoemde was hy nie die enigste man wat in sy tyd geleef het nie.[1] Sy manlike tydgenote kon ook afstammelinge gehad het wat vandag nog leef, maar nie alleenlik deur patrilineêre afstamming nie.
Die tyd waarin "Adam" geleef het, word geraam op enigiets van 142 000 jaar[2] tot 306 000 jaar gelede.[3] Volgens ’n verslag van 2013 kon hy selfs tot 338 000 jaar gelede geleef het.[4] In dieselfde jaar het twee ander verslae sy ouderdom op 180 000 tot 200 000 jaar[5] en op 120 000 tot 156 000 jaar geraam.[6]
Die vroulike weergawe van Y-chromosomale Adam is Mitochondriale Eva, die vrou van wie alle mense vandag afstam deur hul moeder en dié se moeder ensovoorts. Sy het tussen sowat 140 000 en 200 000 jaar gelede in Afrika gewoon. Soos gesien kan word aan die ramings van hul ouderdomme was "Adam" en "Eva" nie noodwendig tydgenote nie,[7] hoewel sommige wetenskaplikes glo hulle was dalk.[8]
((cite journal))
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
((cite journal))
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
((cite journal))
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)