Zazaki Zazakî / Kirmanckî / Kirdkî / Dimilkî | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Turkye Duitsland Georgië | |
Gebied: | Turkye, Europa | |
Totale sprekers: | 2–4 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Irannees Wes-Irannees Noordwes-Irannees Koerdies Zazaki | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | geen | |
Gereguleer deur: | Instituut van Zazaki | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | diq | |
ISO 639-2: | zzz | |
ISO 639-3: | zz | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Zazaki (Zazakî / Kirmanckî / Kirdkî / Dimilkî)[2] is 'n Indo-Europese taal wat veral in die oostelike Turkye deur die Zaza gepraat word. Die taal behoort aan die Zaza-Gorani-taalgroep van die Irannese tale se noordwestelike tak. Die glossoniem Zazaki het as 'n pejoratief ontstaan[3] en baie Zazas noem hul taal Dimlî.[4]
Terwyl Zazaki in linguistiese opsig nouer verwant is aan Gorani, Gilaki, Talisj, Tati, Mazanderani en Semnani,[5] het Koerdies na eeue se interaksie 'n diepgaande impak op dié taal gehad wat die grense tussen die twee tale vervaag het.[6] Dit en die feit dat die meerderheid Zazas hulself as etniese Koerde beskou,[7][8] het taalkundiges aangemoedig om dié taal as 'n Koerdiese dialek te klassifiseer.[9][10][11][12]
Volgens Ethnologue (wat [Paul 1998] siteer),[13] praat tussen 1,5 en 2,5 miljoen mense Zazaki (insluitende alle dialekte). Volgens Nevins is die aantal Zazaki-sprekers tussen 2 en 4 miljoen.[14]
Afrikaans | Nederlands | Engels | Zazaki |
---|---|---|---|
Agt | Acht | Eight | Heşt |
Ek | Ik | I | Ez |
Jou | Jou | Thou | Tı/Tu |
My | Mijn | My | Mı(n) |
Voor | Vóór | Pre | Ver |
Onkruid | Wier | Weed | Vaş |
Môre | Morgen | Tomorrow | Meşte |
Bladsy | Pagina | Page | Pele/Pelge |
Wind | Wind | Wind | Va |
Pa | Pater | Father | Pi/Baw |
Ma | Moer | Mother | Maye/Daye |
Broer | Broer | Brother | Bıra |
Bring! | Brengen! | Bring! | Biya! |
Reën | Regen | Rain | Varan |
Voet/Been | Loden/Poot | Leg/Foot | Lınge/Pa |
Ses | Ses | Six | Şeş |
Sewe | Zeven | Seven | Hewt |
Groot | Groot | Grand | Gırd |
Nee | Nee | No | Nê/Ney |
Naeltjie | Navel | Navel | Nak |
Aarde | Aarde | Earth | Erd/Hard |
Ster | Ster | Star | Estare/Astare |
Sout | Zout | Salt | Sole |
Weduwee | Weduwe | Widow | Viya |
Veer | Voorjaar | Spring | Wesar |
Nie | Niet | Not | Niyo |
((cite news))
: AS1-onderhoud: url-status (link)
Wikimedia Commons bevat media in verband met Zazaki. |
Sien Zazaki in Wiktionary, die vrye woordeboek. |