'n Vreemde taal verwys na 'n taal wat nie 'n spreker se moedertaal is nie, en vreemdtalige woordeboeke is hulpmiddels wat mense reg oor die wêreld in staat stel om mekaar te verstaan en tale grondig te verken. Dit word gevolglik aanvaar dat die skryf en publikasie van meer Groot Woordeboeke in Afrikaans die belangstelling en vaardigheid daarin reg oor die wêreld sal aanwakker en bevorder.

Agtergrond

Vreemdtalige woordeboeke het beperk gebly tot Engels, 'n internasionale en ampstaal, sekere nabye Afrikatale en plaaslike strategiese tale. Kleiner tale soos Ndebele en Swati is afgeskeep, maar Namibiese tale soos Otjiherero en Ndongo wat tydens die Grensoorlog benodig is, asook Fanakalo wat by die myne gebruik is, het aandag ontvang. Hierdie Afrikataalwoordeboeke het intussen verouderd geraak en wag sedert die aanvang van die nuwe millennium op hersiening. Die uitsondering in hierdie opsig is die Khoekhoegowab-glossarium wat in die jaar 2010 in Namibië verskyn het.

Die Duits-Afrikaanse woordeboeke bestaan wel sedert 1925 en het baie verder gevorder as die Frans-Afrikaanse woorde boek van 1950 wat slegs één uitgawe beleef het. Die Duitse woordeboek het ook die Latynse (1939–1972) en Portugese (1975) woordeboeke oorleef. Tog het navorsing tussen die Duitse en Afrikaanse taal in 1983 by sy agtste uitgawe so te sê tot stilstand gekom. Pharos het hierdie ou Duitse woordeboeke sedert 2004 slegs op aanvraag laat herdruk, sonder enige hersiening. Solé Pienaar het in 2006 'n verhandeling geskryf as pleidooi om hierdie woordeboek grondig hersien te kry.

Sedert die aanvang van 1990 het die eksperimentering met nuwe vreemdtalige woordeboeke meestal beperk gebly tot Japannees (van 1986 tot einde 2001). Met die afskaffing van die politieke (en akademiese) sanksies het die Nederlanders en Belge van hul kant ook meer woordeboeke begin publiseer waarin Afrikaans en Nederlands geamalgameer is, soos Pharos Groot woordeboek: Afrikaans en Nederlands.

Leksikografiese potensiaal word wel in die Russiese taal gesien. Soos by die Afrikaans-Japannese woordeboekie, kom belangstelling meestal uit buitelandse oorde. Svetlana Leshchenko, maar ook Ewgeny Artemof, stel albei in Afrikaans belang.

Van die netelige punte waarom vreemdetalige woordeboeke met huiwering aangepak word, is:

Omgekeerd kan dieselfde weer geld by bekende Afrikaanse werke, soos dié van die spanningverhaalskrywer Deon Meyer, wat reeds via die Engelse vertaling in ander vreemde doeltale vertaal is. Meyer se spanningromans was teen 2014 reeds in 27 tale vertaal. Meyer se boeke vaar die beste in Frankryk, waar 'n oplaag van Kobra van omtrent 50 000 vir die eerste druk beplan is. Maar, stel die Taalgenoot: "Die enigste ander tale waar die vertalings regstreeks uit Afrikaans is, is Duits, Noorweegs, en Nederlands". Die doeltale is dikwels binne "volkslande" geleë wat doelbewus die invoer van Engelse werke op die openbare mark verlangsaam om die eie taal te bevorder. Nietemin kan bronteksgetrouheid juis 'n groter aanvraag na Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke stimuleer. Daar is byvoorbeeld foute begaan met die Franse vertaling van die Engelse uitgawe van Breyten Breytenbach se 'Die Man met die Kop' uit die oorspronklik Afrikaanse bundel Mouroir. Ou gabba is as china in Engels vertaal, wat dan in Frans letterlik as porcelaine oorgesit is.[3] Selfs in vertalings uit Afrikaans in Nederlands glip daar gereeld vertaalfoute in. So skryf Martie Preller Ons het baie in bome geklim, groot akkerbome, perskebome en appelkoosbome, wat vertaal word: We klommen veel in bomen. Grote bomen op het veld, perzikbomen en abrikozenbomen.[4] Die "akker" (vergelyk die Engels acorn, verouderde Nederlands aker, Platduits ecker, maar ook die Gotiese "akran" (vrug[te])) is verwar met 'n landoppervlak; die korrekte vertaling sou wees grote eiken of grote eikenbomen.
Tans, weens die tekort aan goeie tweetalige woordeboeke, wend die publiek hul na groter tale waarin die romans reeds verskyn, of reeds in vertaal is deur vertalers wat aan hulle goed bekend is, byvoorbeeld Engels.
Agaat (deur Marlene van Niekerk) se verkope in Swede was hoër as in Suid-Afrika (30 000 Sweedse eksemplare sedert 2012–2014; teenoor 14 000 Afrikaanse eksemplare sedert 2004–2014), wat wel toon dat vertalings uit Afrikaans finansiële sukses kan beleef. In Suid-Afrika vaar die verkope van vertalings van die Afrikaanse romans egter sleg. Wat niefiksie betref, word by NB-uitgewers selde uit Afrikaans vir die oorsese mark vertaal.[5]
Die teendeel is egter ook waar: Nicol Stassen en Melt Myburgh meen albei dat die skrywe van 'n boek in Engels met die oog op die buitelandse mark, nie baie geld of sukses waarborg nie. Melt Myburgh van Penguin Random House voer aan dat hulle dikwels 'n niefiksietitel tegelyk in Engels en Afrikaans publiseer, maar dat die Engelse uitgawe relatief selde 'n tuiste in die buitelandse mark vind, omdat die smake van lesers in die onderskeie markte so dramaties verskil. Volgens Myburgh begaan skrywers en uitgewers maklik die fout om te aanvaar dat hul Engelse boeke die buitelandse mark sal inpalm, terwyl dit nie met die praktyk strook nie. Een sprekende voorbeeld is Carol Campbell se My Children Have Faces (2013), uitgegee deur Umuzi, wat ook as Karretjiemense (2013) verskyn het. Volgens Campbell self is daar teen einde-2015 slegs sowat 800 eksemplare van My Children Have Faces in die oorspronklike Engels verkoop, terwyl oor dieselfde tydperk 12 000 Afrikaans-vertaalde kopieë van die hand gesit is. Volgens Nicol Stassen, uitgewershoof van Protea Boeke, gaan vertalings ook dikwels gepaard met ander faktore soos gehalte, bekendheid van die boek, leserssmaak, die kwessies en vraagstukke waarmee lesers hulself kan identifiseer of die bekendheid van die skrywer (en vertaler), benewens die getal tale waarin die boek reeds vertaal is.[6]

Tale

Hierdie lys van gedrukte vertalende woordeboeke kan deur die Afrikaanssprekende gebruik word om 'n vreemde taal aan te leer, maar ook vice versa. Reisgidse, asook vertalende kinderwoordeboeke en vakwoordeboeke is nie by hierdie lys ingesluit nie. Hierdie "katalogus" mag van nut wees om:

(i) ou of gevestigde werke op te spoor wat hersien of uitgebrei moet word;
(ii) moontlike leemtes in die beskikbaarheid van twee- of veeltalige woordeboeke uit te lig, en
(iii) om geskikte woordeboeke te keur wat die aanleer van 'n vreemde taal mees doeltreffend sal fasiliteer.

Duits

Engels

Tweetalige skoolwoordeboek: Afrikaans-Engels, Engels-Afrikaans deur Daniël Brink Bosman en Izak Wilhelmus van der Merwe (Boerneef), vierde hersiene druk, 1944.

Fanakalo

Frans

Die enigste gedrukte Afrikaans-Franse woordeboek (1950) het slegs een druk beleef.

(Nieu-)Grieks

Hebreeus

Japannees

(Regs)Latyn

Nama

Khoekhoegowab

Ndonga

Nederlands

Tot 1961 word Afrikaanse woorde in verskeie Nederlandse woordeboeke opgeneem met die nota Zuid-Afrikaans, bedoelende Suid-Afrikaanse Nederlands[14]

Noord-Sotho

Otjiherero

Portugees

Russies

San

!Xuhn

Žul'hõasi

Suid-Sotho

Tsonga

Tswana

Venda

Xhosa

Zoeloe

Sien ook

Verwysings

  1. 1,0 1,1 "Kirsten, G.P. 1994. Woordeboek 'n liefdeswerk. Die Burger, 08 Maart:8". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2015. Besoek op 3 Julie 2015.
  2. 2,0 2,1 "Erasmus, Elfra. 1994. Afrikaans-Russiese woordeboek verskyn. Beeld, 10 Januarie:10". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2015. Besoek op 3 Julie 2015.
  3. Meiring, E. 1988. Breyten in Frans. Tydskrif vir letterkunde, 24(4):68
  4. Wat is familie, p. 168
  5. Groenewald, A. 2014. 'n Vertaalstorie. Taalgenoot (Someruitgawe), p. 62-65
  6. Malan. M. 2016. Boekeblad: Tendens. DeKat, Maart/April-uitgawe: bl. 78.
  7. http://www.worldcat.org/title/tweetalige-skoolwoordeboek/oclc/990439129
  8. Inskip, Donald P. 1951. Resensie: Strelen, B. en H. L. Gonin: "Afrikaans-Frans en Frans-Afrikaans Woordeboek". In: Ons eie boek XVII(2):30-31: The appearance of an Afrikaans-French and French-Afrikaans dictionary is a noteworthy event in South African cultural development. The way to understanding of the great French literary heritage will no longer lie exclusively through a third tongue, as has necessarily been the case hitherto; and we may hope also that direct contact with Afrikaans from the French side may lead to profitable exchanges and increased interest in South African affairs. The "Woordeboek" of Strelen and Gonin, is attractive in format and handy in use. On the whole the selection of words for inclusion is judicious and the range of meanings considerable: there can be no doubt that the dictionary fills a gap and will render good service. The concise grouping of words of common stem under one head is ably done and saves useful space. Having said this, one must add that the absence of any indication of pronunciation of either language is a grave defect, which must to some extent prevent the Dictionary from taking its rightful place with students. Whereas the Oxford Concise French Dictionary and the small Harrap find space for phonetic transcription (the Oxford Dictionary even manages to include etymologies in succinct form), this new arrival gives no guidance other than the asterisk before French aspirate "H".
    We can well believe that limitations of space pressed severely on the authors, but a more vigorous pruning of the vocabulary and the use of smaller type for certain secondary information might have left room for phonetic indication of pronunciation, and for more examples of common usage and constructions. For instance, the very uncommon acmé (included as well as the usual apogée) could well be sacrificed, as could probably such words as pontifical and filigrane.
    All in all, however, we must welcome the hard work and enthusiasm which have gone to the making of this Dictionary and hope that the authors and the publishers will reap their due reward for enterprise and pioneering.
  9. Nienaber, P.J. 1968. Wat doen die Akademie? Kaapstad: Nasionale Boekhandel, p. 61: Grieks-Afrikaanse Woordeboek en Grammatika van die Afrikaanse Taal (1964)
    Dié boeke, uitgegee onder beskerming van die S.A. Akademie, is 'n groot prestasie vir sowel die Griekse as die Afrikaanse taal. Albei werke is gekontroleer en goedgekeur deur die Taalkommissie van die S.A. Akademie. Dr. Philip Nicolaides, opsteller van albei werke, is verbonde aan die Universiteit van Witwatersrand. Die boeke sal Griekssprekende skoliere, burgers, en veral immigrante in staat stel om die grondbeginsels van Afrikaans onder die knie te kry, en hulle makliker by die Afrikaanse kultuurlewe inskakel.
  10. Wel vir die eerste maal gedruk in Die verhaal van die Griekse taal oor 35 eeue heen (28 April 2017) deur Gerrit van Wyk Kruger, soos gestel word: "Vir sy bespreking van veral die semantiek van Moderne Grieks gebruik die skrywer hier vir die eerste keer dr. Philip Nicolaides se uitvoerige Grieks-Afrikaanse Woordeboek van 843 foliogrootte bladsye. Dis teen die middel van die vorige eeu opgestel, maar is nooit gepubliseer nie."
  11. "Die Burger. 1996. Japannees besig met woordeboek. 13 November:14". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2015. Besoek op 3 Julie 2015.
  12. "Beeld. 2000. Professor in Afrikaans na Japan oor woordeboek. 26 April:9". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2015. Besoek op 3 Julie 2015.
  13. "Strydom, Linda. 2001. Japannees 'bied sakelui voorsprong'. Die Burger, 09 Junie:4". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2015. Besoek op 8 September 2015.
  14. Afrikaans hoort by Nederlands, p. 207: "In die plek van die huidige Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal kon ons gehou het by die 'Dikke Van Dale' of amptelik die Van Dale, Groot Woordenboek der Nederlandse Taal wat tans uit drie boekdele bestaan met 240,000 woorde. Die samestellers van die woordeboek sou waarskynlik sonder probleme, ook nog tipies Afrikaanse woorde daarin kon opneem. Trouens aanvanklik is in dié woordeboek ook Afrikaanse woorde opgeneem, maar is dit sedert die 1961 uitgawe weggelaat."
  15. Die taalpraktisyn / The language practitioner. 1986. Afrikaans-Portugese woordeboek word uitgegee. (1):30-32[dooie skakel]
  16. "Fourie, C. 1992. Dié Rus na SA gelok met eksemplare van Beeld. Beeld, 19 Oktober:12". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2015. Besoek op 3 Julie 2015.
  17. "Nel, C.A. 2014. Taal lok Rus om gids te skryf. Beeld, 27 Augustus: 5". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2015. Besoek op 3 Julie 2015.
  18. (en) Resensie in Lexikos
  19. IsiXhosaleksikografie: Verlede, hede en toekoms bl.351
  20. The Greater Dictionary of isiXhosa: The Official Dictionary for isiXhosa-pamflet