Die Boek van Grotte is ’n belangrike Antieke Egiptiese boek oor die onderwêreld wat uit die Nuwe Ryk dateer.[1] Soos ander soortgelyke boeke word dit ook aangetref in die grafkelders van farao's sodat hulle voordeel daaruit kan trek. Dit beskryf die reis van die songod, Ra, deur die ses grotte van die Doeat (onderwêreld) en fokus op die interaksie tussen die songod en die bewoners van die Doeat, insluitende belonings vir die regverdiges en straf vir die vyande van die wêreldorde. Dit is een van die beste bronne oor die Egiptiese idee van die hel.[2]
Die Boek van Grotte het in die 13de eeu v.C. ontstaan.[3] Die oudste bekende weergawe is op die linkermuur van die Osireion in Abydos.[1] Later verskyn dit in die grafkelder van Ramses IV in die Vallei van die Konings.
Die Boek van Grotte beskryf eerstens die reis van Ra van wes na oos deur die Doeat, die goddelike wesens wat hy ontmoet en sy interaksie met hulle. Belangrike landmerke op sy reis is:
Ra reis onder meer oor die grotte van die hel, waarin die vyande van die wêreldorde (die vyande van Ra en Osiris) vernietig word. Die boek gee ook ’n aanduiding van die topografiese struktuur van die Doeat.[4]
Die boek het geen antieke titel nie en is nie verdeel in die ure van die nag soos ander boeke oor die onderwêreld nie.[5] Dit bevat sewe groot tablo's met altesaam sowat 80 verskillende tonele. Dit is verdeel in twee dele met drie tablo's elk, plus ’n laaste tablo.[6]
Die Boek van Grotte is baie meer letterkundig as die ander onderwêreldboeke van die Nuwe Ryk, soos die Amdoeat en Boek van Poorte. Dit het nie soveel prente nie, maar bevat baie meer teks.[7]
((cite book))
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)((cite book))
: Onbekende parameter |trans_title=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: onerkende taal (link)((cite book))
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)Gode | Amoen • Anoebis • Anoeket • Apep • Apis • Aten • Atoem • Bastet • Bes • Chepri • Chnoem • Chonsoe • Geb • Hapi • Hathor • Heqet • Horus • Isis • Maahes • Mafdet • Meschenet • Min • Moet • Montoe • Nechbet • Nefertem • Neith • Nephthys • Noe • Noet • Osiris • Ptah • Ra • Raet-Tawy • Satet • Sechmet • Seker • Serket • Sesjat • Set • Sjoe • Sobek • Taweret • Tefnoet • Thoth • Vier seuns van Horus • Wadjet • Wepwawet | |
---|---|---|
Geskrifte | ||
Ander | Doeat • Egiptiese mitologie • Egiptiese siel • Ennead • Maät • Mondopeningseremonie • Nege boë • Oerheuwel • Oog van Horus • Oog van Ra |