Maahes | |||||||
Soort god | Egipties | ||||||
God van | Oorlog | ||||||
Naam in hiërogliewe |
| ||||||
Kultussentrum | Taremoe en Per-Bast | ||||||
Simbool | Leeu | ||||||
Ouers | Ra en Bastet/Sechmet | ||||||
|
Maahes (ook Mihos, Miysis, Maihes ens.) was in die Egiptiese mitologie die god van oorlog.[1] Sy naam beteken "hy wat getrou langs haar is" en hy is uitgebeeld met die kop van ’n leeu. Hy is in Benede-Egipte beskou as die seun van die godin Bastet en in Bo-Egipte van Sechmet. Sy pa was die hoofgod van die tyd: Ra, Ptah of Atoem-Ra.
Benewens oorlog is Maahes verbind met die weer, messe, lotusse en die eet van gevangenes. Sy kultus was gesentreer in Taremoe en Per-Bast.
Die eerste keer dat Maahes genoem is, was tydens die Nuwe Ryk. Sommige Egiptoloë glo hy as ’n invoerproduk uit die buiteland;[2] daar is wel aanduidings dat hy dieselfde kon gewees het as die leeugod Apedemak van Nubië en Egipte se westelike woestyn.
Gode | Amoen • Anoebis • Anoeket • Apep • Apis • Aten • Atoem • Bastet • Bes • Chepri • Chnoem • Chonsoe • Geb • Hapi • Hathor • Heqet • Horus • Isis • Maahes • Mafdet • Meschenet • Min • Moet • Montoe • Nechbet • Nefertem • Neith • Nephthys • Noe • Noet • Osiris • Ptah • Ra • Raet-Tawy • Satet • Sechmet • Seker • Serket • Sesjat • Set • Sjoe • Sobek • Taweret • Tefnoet • Thoth • Vier seuns van Horus • Wadjet • Wepwawet | |
---|---|---|
Geskrifte | ||
Ander | Doeat • Egiptiese mitologie • Egiptiese siel • Ennead • Maät • Mondopeningseremonie • Nege boë • Oerheuwel • Oog van Horus • Oog van Ra |