Opening van die 21ste Dooflimpiese Somerspele in Taipei, 2009 Die Dooflimpiese Spele is 'n spesiale Olimpiese Spele wat vir dowe persone georganiseer word. Hierdie Spele bestaan uit 'n aparte Somer- en Winterspele, en word elke vierde jaar in die onewe jare gehou.
Dowe mense het hulle eie Spele omdat hulle in teenstelling met horende atlete visuele kommunikasiemiddele (gebaretaal en beginvlae i.p.v. pistoolskote) benodig tydens die beoefening van hulle sport. Die sosiale aspekte is ook belangrike omrede dit vir dowe atlete baie moeilik is om met horende atlete kontak te maak. Ten spyte hiervan neem dowe atlete soms tog aan die 'normale' Olimpiese Spele deel.
1st Somerspele, 1924 - Parys , Frankryk
2de Somerspele, 1928 - Amsterdam , Nederland
3de Somerspele, 1931 - Neurenberg , Wes-Duitsland
4de Somerspele, 1935 - Londen , Engeland
5de Somerspele, 1939 - Stockholm , Swede
6de Somerspele, 1949 - Kopenhagen , Denemarke
7de Somerspele, 1953 - Brussel , België
8ste Somerspele, 1957 - Milaan , Italië
9de Somerspele, 1961 - Helsinki , Finland
10de Somerspele, 1965 - Washington , Verenigde State
11de Somerspele, 1969 - Belgrado , Joego-Slawië
12de Somerspele, 1973 - Malmö , Swede
13de Somerspele, 1977 - Boekarest , Roemenië
14de Somerspele, 1981 - Keulen , Wes-Duitsland
15de Somerspele, 1985 - Los Angeles , Verenigde State
16de Somerspele, 1989 - Christchurch , Nieu-Seeland
17e Somerspele, 1993 - Sofia , Bulgarye
18de Somerspele, 1997 - Kopenhagen , Denemarke
19de Somerspele, 2001 - Rome , Italië
20ste Somerspele, 2005 - Melbourne , Australië
21ste Somerspele, 2009 - Taipei , Chinees Taipei
22ste Somerspele, 2013 - Sofia , Bulgarye
23ste Somerspele, 2017 - Ankara , Turkye 1ste Winterspele, 1949 - Seefeld, Oostenryk
2de Winterspele, 1953 - Oslo , Noorweë
3de Winterspele, 1955 - Oberammergau, Wes-Duitsland
4de Winterspele, 1959 - Montana-Vermala, Switserland
5de Winterspele, 1963 - Åre, Swede
6de Winterspele, 1967 - Berchtesgaden, Wes-Duitsland
7de Winterspele, 1971 - Adelboden , Switserland
8ste Winterspele, 1975 - Lake Placid , Verenigde State
9de Winterspele, 1979 - Meribel, Frankryk
10de Winterspele, 1983 - Madonna di Campiglio, Italië
11de Winterspele, 1987 - Oslo , Noorweë
12de Winterspele, 1991 - Banff, Kanada
13de Winterspele, 1995 - Ylläs, Finland
14de Winterspele, 1999 - Davos , Switserland
15de Winterspele, 2003 - Sundsvall, Swede
16de Winterspele, 2007 - Salt Lake City , Verenigde State
17de Winterspele, 2011 - Hoge Tatra, Slowakye (gekanselleer)
18de Winterspele, 2015 - Khanty-Mansiysk, Rusland
19de Winterspele, 2019 - Sondrio-provinsie, Italië
Wikimedia Commons bevat media in verband met Deaflympics .