Taipei
臺北市

Kaart Seël
Vlag
 Land Republiek China
 Administratiewe gewes Noord-Taiwan
 Koördinate 25°2' N 121°32' O[dooie skakel]
 Stigting 1709
 Oppervlakte:  
 - Totaal 271,8 vk km
 Hoogte bo seevlak 10 m
 Bevolking:  
 - Totaal (Maart 2009) 2 619 920
 - Bevolkingsdigtheid 9 639,2/vk km
 - Metropolitaanse gebied 10 072 918
 Tydsone UTC +8 (CST)
 Burgemeester Ko Wen-je (TPP)
 Amptelike Webwerf Taipei

Taipei (Chinees: 臺北市) is die hoofstad en tweede grootste stad van die Republiek China (Taiwan) met 2 619 920 inwoners (skatting Maart 2009). Die stad op die eiland Taiwan, wat teen die Danshueirivier lê, is die ekonomiese en kulturele sentrum van die eilandrepubliek. Die vernaamste nywerhede is elektriese en elektroniese uitrusting, tekstiele, metale, skeepsbou en motorfietse.

Geskiedenis

Taipei was oorspronklik die tuiste van die Ketagalan. Eers met die begin van die Ming-dinastie (1368-1644) het die immigrasie van Han-Chinese 'n aanvang geneem. In die 17de eeu het die gebied onder Spaanse en Nederlandse heerskappy gekom, tog is die Europeërs deur die Chinese veroweraar Koxinga (Zheng Chenggong) weer verdryf. Die gebied van Taipei het tydens die grootskaalse Chinese kolonisasie 'n ongerepte wildernis gebly, aangesien die setlaars van die vasteland hulle veral in die stad Tainan gevestig het.

In 1949, toe die regering van die Republiek China sy setel na Taiwan verskuif het, was Taipei nog 'n onbenullige klein stad. Vanaf die sestigerjare het dit egter tot een van die belangrikste metropole in Asië ontwikkel. Desondanks die ekonomiese groei is die Chinese karakter van die stad bewaar en lok vandag selfs toeriste uit Hongkong en Singapoer, waar die ou Chinese stadskerne grotendeels verdwyn het.

Geografie en klimaat

Taipei lê teen die Tamsoeirivier, in 'n kusvlakte van die subtropiese Noord-Taiwan. Die eiland het net twee seisoene, 'n hete tussen Mei en Oktober en 'n koue van Desember tot Maart. Die taifoenseisoen duur van Julie tot Oktober.

Besienswaardighede