Germaanse tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
wêreldwyd |
Genetiese klassifikasie: |
Indo-Europees Germaanse tale |
Onderafdelings: | |
Wêreldkaart van lande waar 'n Germaanse taal die primêre of amptelike taal is: Lande waar 'n Germaanse taal die eerste taal van die meerderheid van die bevolking is Lande of gebiede waar 'n Germaanse taal 'n amptelike taal is maar nie 'n meerderheidstaal nie Lande of gebiede waar 'n Germaanse taal nie-amptelik maar erken is óf in sommige gebiede gebruik word óf deur 'n plaaslike minderheid gepraat word |
Indo-Europese tale |
---|
Indo-Europese tale |
Albanees | Anatolies Armeens | Balties | Kelties Germaans | Grieks | Indo-Irannees Italies | Slawies | Togaars |
Proto-Indo-Europees |
Taal | Vereniging | Geloof Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans |
Indo-Europese studies |
Die Germaanse tale is 'n groep verwante tale wat 'n tak van die Indo-Europese (IE) taalfamilie vorm. Die gemene voorouer van al die tale waaruit die tak bestaan is Proto-Germaans wat in ongeveer die laat- middel-1ste millennium v.C. in ystertydperk Noord-Europa gepraat is. Proto-Germaans, saam met al die nasate daarvan, word gekenmerk deur 'n aantal unieke taalkundige eienskappe waaronder die bekendste die Tweede Germaanse klankverskuiwing wat deur Grimm se Wet beskryf word. Vroeë Germaanse variëteite word vir die eerste keer in die geskiedenis opgeteken toe die Germaanse volke hulle vanaf die 2de eeu in noordelike Europa naby die grens van die Romeinse Ryk gevestig het.
Die grootste Germaanse tale is Engels en Duits, met onderskeidelik ongeveer 400 en 100 miljoen eerstetaalsprekers. Die groep bestaan uit ander belangrike tale soos Nederlands met 23 miljoen en Afrikaans wat by Nederlands hoort met 16 miljoen sprekers; en die Skandinawiese tale insluitend Deens, Noors en Sweeds met 'n gesamentlike totaal van omtrent 20 miljoen sprekers. Die SIL Ethnologue lys 53 verskillende Germaanse tale en dialekte.
Die vroegste getuienis van Germaans is afkomstig van name wat in die 1ste eeu deur Tacitus opgeneem is, en in 'n enkele geval in die 2de eeu v.C., op die Negauhelm. Rofweg van ongeveer die 2de eeu het sprekers van die vroeë Germaanse variëteite die Elder Futhark, 'n vroeë vorm van die runiese alfabet, ontwikkel. Vroeë runiese inskripsies is ook meestal beperk tot persoonlike name en is moeilike om te ontsyfer. Die Gotiese taal is geskryf met die Gotiese alfabet wat deur Biskop Ulfilas vir sy vertaling van die Bybel in die 4de eeu ontwikkel is. Later het Christen priesters en monnike, wat benewens hulle eie Germaanse tale Latyn kon praat en skryf, begin om die Germaanse tale met effens aangepaste Latynse letters te skryf. Die runiese alfabets het egter deur die hele Wiking-tydperk, in algemene gebruik in Skandinawië gebly.
Benewens die standaard Latynse alfabet, het verskillende Germaanse tale 'n verskeidenheid van aksenttekens en ekstra letters gebruik, insluitend umlauts, die ß (Eszett), IJ, Ø, Æ, Å, Ð, Ȝ, en Þ en Ƿ, afkomstige uit die runiese letters. Historiese gedrukte Duits is gereeld in Gotiese skrif lettertipes gedruk (b.v. fraktur of schwabacher).
Daar word gemeen dat alle Germaanse tale afstam van 'n hipotetiese Proto-Germaanse taal, verenig daardeur dat hulle almal die Eerste Germaanse klankverskuiwing beskryf deur Grimm en Verner se wette. Dit het waarskynlik tydens die Voor-Romeinse Ystertydperk van Noordelike Europa van omtrent 500 v.C. plaasgevind, maar ander algemene innovasies wat Germaans van Proto-Indo Europees skei dui op 'n gemene geskiedenis van voor-Proto-Germaanse sprekers deur die hele Nordiese Bronstydperk.
Van die vroegste attestasie van die Germaanse variëteite is dit in drie groepe verdeel: Wes-, Oos- en Noord-Germaans. Die presiese verwantskap tussen die groepe is moeilik bepaalbaar uit die gebrekkige getuienis van runiese inskripsies, en hulle het onderling verstaanbaar gebly deur die hele Migrasie-tydperk wat meebring dat dit moeilik is om die individuele variëteite te klassifiseer.
Die 6de eeuse Langobardies kan byvoorbeeld oorspronklik 'n Noord- of Oos-Germaanse variëteit gewees het wat in Wes-Germaans as opgeneem is toe die Lombarde hulle by die Elbe gevestig het. Die Westelike groep sou in die laat Jastorf kultuur gevorm het. Die Oostelike groep mag afgelei wees van die 1ste eeuse variëteit van Gotland, waarna dit suidelike Swede as die oorspronklike ligging van die Noordelike groep verlaat het. Die vroegste koherente Germaanse teks wat behoue gebly is die 4de eeuse Gotiese vertaling van die Nuwe Testament deur Ulfilas. Vroeë getuienis van Wes-Germaans is in Oud-Hoogduits en Oud-Engels van omtrent die 9de eeu en Oud-Nederlands van omtrent die 6de eeu. Noord-Germaans is slegs geattesteer in verspreide runiese inskripsies as Proto-Noors, totdat dit in Oud-Noors ontwikkel het in omtrent 800.
Langer runiese inskripsies bly behoue uit die 8ste en eeue (Eggjumsteen, Röksteen), langer tekste in die Latynse alfabet uit die 12de eeu (Íslendingabók), en skaldiese digkuns beskou as so vroeg as uit die 9de eeu.
Teen omtrent die 10de eeu het die variëteite genoeg gedivergeer om onderlinge verstaanbaarheid moeilik te maak. Die taalkontak van die Wiking-setlaars van die Danelaw met die Anglo-Sakse het spore in die Engelse taal gelaat, en daar word vermoed dat dit bygedra het tot die ineenstorting van Oud-Engelse grammatika wat gelei het tot die Middel-Engels van die 12de eeu.
Die Oos-Germaanse tale is teen die einde van die Migrasietydperk gemarginaliseer. Die Boergondiërs, Gote en Vandale is taalkundig geassimileer in hulle onderskeie bure teen omtrent die 7de eeu, met slegs Krim-Goties wat tot die 18de eeu bly voortbestaan het.
Gedurende die vroeë Middeleeue is die Wes-Germaanse tale geskei deur die insulêre ontwikkelings van Middel-Engels aan die een kant en deur die Hoogduitse klankverskuiwing op die Europese kontinent aan die ander kant wat gelei het tot die ontstaan van Opperduits en Nedersaksies, met verskillende intermediêre Middelduitse variëteite. Teen die vroeë moderne tyd het aansienlike verskille ontwikkel wat wissel van Hoogste-Alemannies in die Suide tot Noordelike Nedersaksies in die Noorde, en alhoewel beide ekstreme as Duits beskou word, is hulle beswaarlik onderling verstaanbaar. Die mees suidelike variëteite het die tweede klank verskuiwing voltooi terwyl die noordelike varieëteite ongeaffekteer deur die klankverskuiwing gebly het.
Die Noord-Germaanse tale het daar teenoor meer verenig gebly met 'n hoë mate van onderlinge verstaanbaarheid self in die moderne tyd tussen die groter tale soos Deens, Noors en Sweeds.
Die Germaanse tale is 'n subgroep van die Indo-Europese tale. Die Germaanse tale word van ander Indo-Europese tale onderskei deur sekere verskynsels, wat almal deel uitmaak van 'n ingrypende veranderingsproses, waardeur uiteindelik die vroeë Germaans ontstaan het. Die belangrikste kenmerke is
Daar word wel vermoed dat die wat afwykende posisie van Germaans binne die Indo-Europese tale verband hou met die feit dat die sprekers van die tak van IE in kontak gekom het met 'n bevolking wat 'n nie-Indo-Europese taal gepraat het, dit is die Germaanse substraathipotese. Daar is in Germaans 'n redelike groot aantal woorde wat nie geredelik van Indo-Europese wortels afgelei kan word nie. (Skattings wissel van 10%-30% van die woordeskat). Sommige taalkundiges sien daarin die oorblyfsels van 'n vroeëre pre-Indo-Europese taal van Noordwes-Europa. 'n Vergelykbare proses van wisselwerking tussen die vroegste vorme van Grieks en 'n pre-Griekse bevolking is egter histories beter gedokumenteer. Ook Grieks het die helfte van sy naamvalle verloor.
Germaanse tale het meer as die meeste ander tale die ablaut behou by vorms van die verlede tyd van die werkwoord, die sogenaamde sterk werkwoorde (Nederlands: zwem -> zwom). Daarnaas het daar vorme van die verlede tyd van werkwoorde ontstaan met 'n dentaalsuffiks (met -d of -t).
Engels | Skots | Wes-Fries | Afrikaans | Nederlands | Nedersaksies (Nederduits) |
Groningse Nedersaksies | Duits | Goties | Yslands | Faroëes | Sweeds | Deens | Noors (Bokmål) | Noors (Nynorsk) |
Limburgs |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Apple | Aiple | Apel | Appel | Appel | Appel | Abbel | Apfel | Aplus | Epli | Epl(i)[1] | Äpple | Æble | Eple | Eple | Appel |
Board | Buird | Board | Boord | Boord | Boord | Bred | Brett / Bord[2] | Baúrd | Borð | Borð | Bord | Bord | Bord | Bord | Bórdj |
Beech | Beech | Boeke/ Boekebeam | Beuk | Beuk | Böke | Beukenboom | Buche | Bōka[3]/-bagms | Bók | Bók | Bok | Bøg | Bøk | Bok/Bøk | Beuk |
Book | Beuk | Boek | Boek | Boek | Book | Bouk | Buch | Bōka | Bók | Bók | Bok | Bog | Bok | Bok | Book |
Breast | Breest | Boarst | Bors | Borst | Bost | Bôrst | Brust | Brusts | Brjóst | Bróst | Bröst | Bryst | Bryst | Bryst | Bórs |
Brown | Broun | Brún | Bruin | Bruin | Bruun | Broen | Braun | Bruns | Brúnn | Brúnur | Brun | Brun | Brun | Brun | Broen |
Day | Day | Dei | Dag | Dag | Dag | Dag | Tag | Dags | Dagur | Dagur | Dag | Dag | Dag | Dag | Daag |
Dead | Deid | Dea | Dood | Dood | Dood | Dood | Tod | Dauþs | Dauður | Deyður | Död | Død | Død | Daud | Doeaje[4] |
Die (Starve) | Dee | Stjerre | Sterf | Doden (Sterven) | Döen/ Starven | Straarven | Sterben | Diwan | Deyja | Doyggja | Dö | Dø | Dø | Døy | Stèrve |
Enough | Eneuch | Genôch | Genoeg | Genoeg | Noog | Genog | Genug | Ganōhs | Nóg | Nóg/Nógmikið | Nog | Nok | Nok | Nok | Genóg |
Finger | Finger | Finger | Vinger | Vinger | Finger | Vinger | Finger | Figgrs | Fingur | Fingur | Finger | Finger | Finger | Finger | Vinger |
Give | Gie | Jaan | Gee | Geven | Geven | Geven | Geben | Giban | Gefa | Geva | Ge/Giva | Give | Gi | Gje(va) | Gaeve |
Glass | Gless | Glês | Glas | Glas | Glas | Glas | Glas | Gler | Glas | Glas | Glas | Glass | Glas | Glaas | |
Gold | Gowd | Goud | Goud | Goud | Gold | Gold | Gold | Gulþ | Gull | Gull | Guld/Gull | Guld | Gull | Gull | Góldj |
Good | Guid | Gód | Goed | Goed | Guot | Goud | Gut | Gōþ(is) | Góð | God | God | God | God | God | Good |
Hand | Haund | Hân | Hand | Hand | Hand | Haand | Hand | Handus | Hönd | Hond | Hand | Hånd | Hånd | Hand | Handj |
Head | Heid | Holle | Hoof[5]/ Kop[6] | Hoofd | Kopp[6] | Heufd/ Kop | Haupt/ Kopf[6] | Háubiþ | Höfuð | Høvd/ Høvur | Huvud | Hoved | Hode | Hovud | Huudj[7] |
High | Heich | Heech | Hoog | Hoog | Hoog | Hoog/Höch | Hoch | Háuh | Hár | Høg/ur | Hög | Høj | Høy/høg | Høg | Hoeag |
Home | Hame | Hiem | Heim[8]/ Tuis[9] | Heim />/Thuis[9] | Heim | Thoes | Heim | Háimōþ | Heim | Heim | Hem | Hjem | Hjem/heim | Heim | Heim |
Hook/Crook | Heuk | Hoek | Haak | Haak | Haak | Hoak | Haken | Kram/ppa | Krókur | Krókur/Ongul | Hake/Krok | Hage/Krog | Hake/Krok | Hake/Krok[10] | Haok |
House | Hoose | Hûs | Huis | Huis | Huus | Hoes | Haus | Hūs | Hús | Hús | Hus | Hus | Hus | Hus | Hoes |
Many | Mony | Mannich/Mennich | Menige | Menig | Mennig | Ìnde | Viele | Manags | Margir | Mangir/Nógvir | Många | Mange | Mange | Mange | Mäönech[11] |
Moon | Muin | Moanne | Maan | Maan | Maan | Moan | Mond | Mēna | Máni/Tungl | Máni/Tungl | Måne | Måne | Måne | Måne | Maon |
Night | Nicht | Nacht | Nag | Nacht | Natt/ Nacht | Nacht | Nacht | Nótt | Nótt | Natt | Natt | Nat | Natt | Natt | Nach |
No (Nay) | Nae | Nee | Nee | Nee(n) | Nee | Nee/Nai | Nee/Nein/Nö | Nē | Nei | Nei | Nej/Nä | Nej | Nei | Nei | Nae/Nein |
Old (maar: elder, eldritch) | Auld | Âld | Oud | Gammel [12]/Oud | Oll | Old/Olleg | Alt | Sineigs | Gamall (maar: eldri, elstur) | Gamal (maar: eldri, elstur) | Gammal (maar: äldre, äldst) | Gammel (maar: ældre, ældst) | Gammel (maar: eldre, eldst) | Gam(m)al (maar: eldre, eldst) | Aad (oud) Gammel (vrot) |
One | Ane | Ien | Een | Een | Een | Aine | Eins | Áins | Einn | Ein | En | En | En | Ein | Ein |
Ounce | Unce | Ûns | Ons | Onze | Ons | Onze | Unze | Unkja | Únsa | Únsa | Uns | Unse | Unse | Unse | Óns |
Snow | Snaw | Snie | Sneeu | Sneeuw | Snee | Snij/Snèj | Schnee | Snáiws | Snjór | Kavi/Snjógvur | Snö | Sne | Snø | Snø | Snieë |
Stone | Stane | Stien | Steen | Steen | Steen | Stain | Stein | Stáins | Steinn | Steinur | Sten | Sten | Stein | Stein | Stein |
That | That | Dat | Daardie/Dit | Dat | Dat/Dit | Dat/Dij | Das/Dies | Þata | Það | Tað | Det | Det | Det | Det | Det |
Two/Twain | Twa | Twa | Twee | Twee | Twee | Twij/Twèje | Zwei/Zwo | Twái | Tveir/Tvær/Tvö | Tveir/Tvey/Tvær/Tvá | Två | To | To | To[13] | Twieë |
Who | Wha | Wa | Wie | Wie | Wokeen | Wel | Wer | Ƕas/Hwas | Hver | Hvør | Vem | Hvem | Hvem | Kven | Wae |
Worm | Wirm | Wjirm | Wurm | Worm/Wurm | Worm | Wörm | Wurm | Maþa | Maðkur/Ormur | Maðkur/Ormur | Mask/Orm [14] | Orm | Makk/Mark/Orm | Makk/Mark/Orm [14] | Wórm |
Engels | Skots | Wes-Fries | Afrikaans | Nederlands | Nedersaksies (Nederduits) |
Groningse Nedersaksies | Duits | Goties | Yslands | Faroëes | Sweeds | Deens | Noors (Bokmål) | Noors (Nynorsk) |
Limburgs |
Let wel dat die verdeling tussen Germaanse subfamilies selde presies gedefinieer is; meeste vorm kontinue hellings, met aangrensende variëteite wat ondeling verstaanbaar is en die wat verder van mekaar geskei is nie.
Die taalgrense tussen Noord- en Wes-Germaans word vandag deur die Duits-Deense-grens aangedui en het vroeër ietwat verder suid aan die Eider gelê. Tussen die twee groot taalgroepe is daar vloeibare oorgange deur dialekte.
Algemene Opmerking: Die tabel vertoon die opeenvolging van die beduidende historiese stadiums van elke taal (vertikaal), en hulle benaderde groeperings in subfamilies (horisontaal). Horisontale opeenvolgings in elke groep dui nie op die graad van ooreenkoms nie.
Ystertydperk 500 v.C.–n.C. 200 |
Proto-Germaans | |||||||||||||||
Oos-Germaans | Wes-Germaans | Noord-Germaans | ||||||||||||||
Suid-Germaans | Anglo-Fries | |||||||||||||||
Migrasie tydperk n.C. 200–700 |
Goties, | Langobardies1 | Oud-Frankies | Oud-Saksies | Oud-Fries | Oud-Engels | Proto-Noors | |||||||||
Vandaals, Boergondies, | Oud-Hoogduits | |||||||||||||||
Vroeë Middeleeue 700–1100 |
Oud-Nederfrankies | Runies Oud-Wes-Noors | Runies Oud-Oos-Noors | |||||||||||||
Middeleeue 1100–1350 |
Middel-Hoogduits | Middel-Nederlands | Middel-Saksies | Middel-Engels | Oud-Yslands | Oud-Noors | Vroeë Oud-Deens | Vroeë Oud-Sweeds | Vroeë Oud-Gutnish | |||||||
Laat Middeleeue2 1350–1500 |
Middel-Engels | Vroeë Skots | Laat Oud-Yslands | Oud Faroëes | Oud Norn | Middel-Noors | Laat Oud-Deens | Laat Oud-Sweeds | Laat Oud-Gutnish | |||||||
Vroeë Moderne Tydperk 1500–1700 |
Krim-Gothies | Vroeë Moderne Hoogduits | Nederfrankiese variëteite, insluitend Nederlands en Afrikaans | Middel-Fries | Vroeë Moderne Engels | Middel Skots | Yslands | Faroëes | Norn | Noors | Deens | Sweeds | Gutnish | |||
Moderne Tydperk 1700 tot hede |
almal uigestorwe | Hoogduitse variëteite | Nedersaksiese variëteite | Fries variëteite | Engelse variëteite | Skots/ Skotse Engelse variëteite | uitgestorwe3 | uitgestorwe3 |
Nota 1: Daar is konflikterende menings oor die klassifikasie van Lombardies. In teenstelling met die geïsoleerde posisie in die bostaande tabel is dit ook al geklassifiseer as naby verwant aan of Opperduits of Oud-Saksies. Kyk Lombardies vir meer inligting.
Nota 2: Laat Middeleeue verwys na die na-Swart Dood tydperk. Die gebeurtenis is veral belangrik vir die taal situasie in Noorweë.
Nota 3: Die sprekers van Norn is geassimileer om Skots te praat en Gutnish is so te sê 'n dialek van Sweeds.
Onder word slegs die belangrikste kontemporêre variëteite weergegee om die grootte van die boom te beperk; individuele artikels verskaf meer detail. Baie Nedersaksies variëteite word byvoorbeeld bespreek in Nedersaksies benewens Noordelike Nederskasies en Plautdietsch wat hier gelys word.
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Germaanse tale | ||
---|---|---|
Noord-Germaanse tale: | ||
Deens | Faroëes | Noors (Bokmål, Nynorsk) | Sweeds | Yslands | ||
Wes-Germaanse tale: | ||
Afrikaans | Duits | Engels | Fries (Noord-Fries, Oos-Fries/Saterfries, Wes-Fries) | Jiddisj | Limburgs | Luxemburgs | Nederduits | Nederlands (Oos-Vlaams, Wes-Vlaams) | Nedersaksies (Wes-Veluws) | Skots | ||
Oos-Germaanse tale: | ||
Boergondies (†) | Goties (†) | Vandaals (†) |