XVIe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 1992 (Frans: Les XVIes Jeux olympiques d'hiver), amptelik bekend as die XVIde Olimpiese Winterspele, is tussen 8 en 23 Februarie 1992 in Albertville, Frankryk, aangebied. Ander kandidaatstede was: Anchorage (Verenigde State), Berchtesgaden (Duitsland), Cortina d'Ampezzo (Italië), Lillehammer (Noorweë), Falun (Swede) en Sofia (Bulgarye).
Die Olimpiese Somerspele 1992 is in Barcelona, Spanje, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1992 is tussen 25 Maart en 1 April in Tignes, Frankryk, gehou.
Albertville is op 17 Oktober 1986 in Lausanne deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1992. Ander kandidate was: Sofia, Falun, Lillehammer, Cortina d'Ampezzo, Anchorage en Berchtesgaden. Lillehammer sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Winterspele 1994 word.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1992[2] | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 | Rondte 4 | Rondte 5 (finale stemming) |
Rondte 6 |
Albertville | Frankryk | 19 | 26 | 29 | 42 | — | 51 |
Sofia | Bulgarye | 25 | 25 | 28 | 24 | — | 25 |
Falun | Swede | 10 | 11 | 11 | 11 | 41 | 9 |
Lillehammer | Noorweë | 10 | 11 | 9 | 11 | 40 | — |
Cortina d'Ampezzo | Italië | 7 | 6 | 7 | — | — | — |
Anchorage | Verenigde State | 7 | 5 | — | — | — | — |
Berchtesgaden | Wes-Duitsland | 6 | — | — | — | — | — |
6 Olimpiese sporte in 12 dissiplines is tydens die Spele beoefen.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Hier is die top 20 lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Duitsland (GER) | 111 | 10 | 10 | 6 | 26 |
2 | Verenigde span (EUN) | 129 | 9 | 6 | 8 | 23 |
3 | Noorweë (NOR) | 80 | 9 | 6 | 5 | 20 |
4 | Oostenryk (AUT) | 58 | 6 | 7 | 8 | 21 |
5 | Verenigde State (USA) | 147 | 5 | 4 | 2 | 11 |
6 | Italië (ITA) | 107 | 4 | 6 | 4 | 14 |
7 | Frankryk (FRA) | 109 | 3 | 5 | 1 | 9 |
8 | Finland (FIN) | 62 | 3 | 1 | 3 | 7 |
9 | Kanada (CAN) | 109 | 2 | 3 | 2 | 7 |
10 | Suid-Korea (KOR) | 23 | 2 | 1 | 1 | 4 |
11 | Japan (JPN) | 60 | 1 | 2 | 4 | 7 |
12 | Nederland (NED) | 19 | 1 | 1 | 2 | 4 |
13 | Swede (SWE) | 73 | 1 | 0 | 3 | 4 |
14 | Switserland (SUI) | 74 | 1 | 0 | 2 | 3 |
15 | Volksrepubliek China (CHN) | 32 | 0 | 3 | 0 | 3 |
16 | Luxemburg (LUX) | 1 | 0 | 2 | 0 | 2 |
17 | Nieu-Seeland (NZL) | 6 | 0 | 1 | 0 | 1 |
18 | Tsjeggo-Slowakye (TCH) | 74 | 0 | 0 | 3 | 3 |
19 | Noord-Korea (PRK) | 20 | 0 | 0 | 1 | 1 |
Spanje (ESP) | 17 | 0 | 0 | 1 | 1 | |
Totaal (20 NOKs) | 1 311 | 57 | 58 | 56 | 171 |
((cite book))
: |work=
ignored (hulp)Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 1992. |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |