Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
Spele van die XXXVe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 2032 (Engels: 2032 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXXVste Olimpiade, sal tussen 23 Julie en 8 Augustus 2032 in Brisbane, Australië, aangebied word. Dit sal die 35ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 wees. Dit sal ook die derde keer wees dat Australië die spele organiseer na hulle eerste spele in 1952 in Melbourne en 2000 in Sydney. Verder sal dit die vierde Olimpiese Somerspele in die Suidelike Halfrond wees, ná die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië.
Die opening- en sluitingseremonies sal in The Gabba-krieketveld in Brisbane plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland die eerste en die gasheer Australië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Paralimpiese Somerspele 2032 sal in Brisbane gehou word.
Van die stede wat hulleself beskikbaar gestel het om die Spele aan te bied sluit in (die lys is nie volledig nie):
Brisbane is op 21 Julie 2021 in Tokio deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2032. Dié stad was reeds voor die amptelike toekenning gunsteling om die Spele aan te bied.
Volgens die huidige beleid van die Internasionale Olimpiese Komitee bevat die Olimpiese Somerspele se program 28 kernsporte wat tydens al die Spele beoefen word, terwyl ander sporte met ondersteuning deur die IOK en die reëlingskomitee ingesluit kan word om die plaaslike belangstelling te verhoog.[17][18] Die aantal atlete word op 10 500 beperk.[19]
'n Aantal beheerliggame het planne aangekondig om sporte in die Olimpiese Somerspele 2032 se program te laat opneem:[20]
32 Olimpiese sporte sal tydens die Spele beoefen word. Tydens die Spele sal 329 medaljes oorhandig word.
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Gebied | Status |
---|---|---|---|---|
The Gabba | Atletiek (baan en veld), seremonies | 50 000 | Brisbanerivier | Klaar (opgeknap) |
Brisbane Convention & Exhibition Centre | 6 000 (Saal 1) 6 500 (Saal 2) 6 000 (Saal 4) |
Tafeltennis, Pluimbal, Skermsport, Taekwondo | Brisbanerivier | Klaar |
Suidoewer Piazza | 4 500 | 3x3 Basketball | Brisbanerivier | Klaar |
Suidoewer Cultural Forecourt | 4 000 | Boogskiet | Brisbaneriver | Klaar |
Langpark | 52 000 | Sokker (eindstryde), Sewesrugby | Brisbanerivier | Klaar |
Brisbane Showgrounds | 15 000 | Ruitersport | Herston | Klaar |
Victoriapark | 25 000 | Fietsry (BMX vryslag), Ruitersport (Driefasekompetisie) | Herston | Tydelik |
Ballymorestadion | 10 000 (Veld 1) 5 000 (Veld 2) | Veldhokkie | Herston | Klaar |
Brisbane Indoor Sports Centre | 12 000 | Basketball | Herston | Beplan (nuut) |
Sleemansenter | 10 000 (Chandler Theatre) 5000 (Anna Meares Velodrome) 4 300 (Brisbane Aquatics Centre) 2 000 (Brisbane International Shooting Centre) |
Gimnastiek Fietsry (Baan en BMX wedvaart) Watersport (Sierduik, Gesinchroniseerde swem, Waterpologroepwedstryde) Skyfskiet |
Chandler | Klaar (opgeknap) |
Brisbane Entertainment Centre | 11 000 | Handbal | Noord-Brisbane | Klaar |
Moreton Bay Indoor Sports Centre | 7 000 | Boks | Noord-Brisbane | Klaar |
Manly Boat Harbour | 10 000 | Seilvaart | Oos-Brisbane | Tydelik |
Redland Whitewater Centre | 8 000 | Kanovaart (Slalom) | Oos-Brisbane | Beplan (nuut) |
Queensland Tennis Centre | 5 500 | Tennis | Suid-Brisbane | Klaar |
Wyaralong Flatwater Centre | 14 000 | Roei, Kanovaart (Snel) | Suid-Brisbane | Klaar (opgeknap) |
Ipswichstadion | 10 000 | Moderne vyfkamp | Suid-Brisbane | Klaar |
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Gebied | Status |
---|---|---|---|---|
Gold Coast Convention & Exhibition Centre | 6 000 (Arena) 5 000 (Saal 3) |
Gewigoptel, Vlugbal (groepwedstryde) | Broadbeach | Klaar |
Broadbeachparkstadion | 12 000 | Strandvlugbal | Broadbeach | Tydelik |
Gold Coast Sports and Leisure Centre | 12 000 | Judo, Stoei | Carrara | Klaar |
Royal Pines Resort | 15 000 | Gholf | Carrara | Klaar |
Southport Broadwater Parklands | 5 000 | Driekamp, Watersport (Maratonswem) | Southport | Tydelik |
Coomera Indoor Sports Centre | 11 000 | Vlugbal | Noord-Goudkusstad | Klaar |
Robinastadion | 27 400 | Sokker (groepwedstryde) | Suid-Goudkusstad | Klaar |
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Gebied | Status |
---|---|---|---|---|
Sonskynkusstadion | 20 000 | Sokker (groepwedstryde) | Kawana | Klaar (opgeknap) |
Sunshine Coast Indoor Sports Centre | 6 000 | Basketbal (groepwedstryde) | Kawana | Beplan (nuut) |
Alexandra Headland | 5 000 | Fietsry (Pad) Atletiek (maraton en resiesloop) Seilvaart (vlieërseil) |
Sonskynkus | Tydelik |
Sunshine Coast Mountain Bike Centre | 10 000 | Fietsry (Bergfietsry) | Sonskynkus | Klaar (opgeknap) |
Van die stadions is tydens die Olimpiese Somerspele 1956 of die Olimpiese Somerspele 2000 ingespan.
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Gebied | Status |
---|---|---|---|---|
Townsville | Noord-Queensland-stadion | 25 000 | Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde) | Klaar |
Cairns | Barlowpark | 20 000 | Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde) | Klaar (opgeknap) |
Toowoomba | Toowoomba Sportveld | 15 000 | Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde) | Klaar (opgeknap) |
Sydney | Sydney Voetbalstadion | 42 500 | Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde) | Klaar (opgeknap in 2022) |
Melbourne | Melbourne Reghoekige Stadion | 30 050 | Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde) | Klaar |
((cite web))
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
((cite news))
: AS1-onderhoud: url-status (link)
Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 2032. |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |