Anatomie van die manlike geslagsorgane:
1. Blaas, 2. Skaambeen, 3. Penis, 4. Swelliggaam, 5. Eikel, 6. Voorhuid, 7. Urinebuis, 8. Dikderm, 9. Rektum, 10. Saadblasie, 11. Saadleier, 12. Prostaat, 13. Cowper se klier, 14. Anus, 15. Saadleier, 16. Bytestis, 17. Testis, 18. Skrotum

Die penis of fallus is die uitwendige manlike geslagsorgaan wat by soogdiere ook gebruik word vir urinering. Dit is verwant aan die vroulike klitoris, aangesien dit vanuit dieselfde embriologiese struktuur ontwikkel. Die penis kan 'n ereksie kry en dan gebruik word vir seksuele omgang of masturbasie.

Die menslike penis

'n Menslike penis, in 'n slap (links) en erekte toestand.

Die menslike penis verskil van sommige ander soogdierspesies s'n deurdat dit nie 'n ereksiebeen het nie. Om die verharde, regop toestand te verkry en te behou, verhoog die bloedvloei na die penis en word ekstra bloed daar gestoor. Dit kan ook nie binne-in die buikholte ingetrek word nie en is groter as ander soogdiere s'n in verhouding tot die liggaamsmassa.

Struktuur

Die menslike penis bestaan uit drie kolomme verhardbare weefsel:

Die corpus spongiosum lê aan die onderkant (ook bekend as die ventrale kant) van die penis en die twee corpora cavernosa langs mekaar aan die bokant (dorsale kant).

Die eindpunt van die corpus spongiosum is keëlvormig vergroot. Hierdie vergroting vorm die eikel (Engels: glans) van die penis. Die voorhuid is onder aan die eikel geheg. Dit is 'n los vel wat in volwassenes teruggetrek kan word om die eikel te ontbloot. Die riffie aan die onderkant van die penis, waar die voorhuid aan die eikel vasheg, word die frenum (of frenulum) genoem.

Die uretra, wat die laaste gedeelte van die urienweë is, loop dwarsdeur die corpus spongiosum en die opening daarvan is bekend as die meatus. Die meatus is geleë op die bopunt van die eikel. Dit dien as 'n deurgang vir sowel urine as die ejakulasie van semen. Spermatosoa word geproduseer in die testes en gestoor in die aangehegte epididimis. Tydens ejakulasie word sperma opgestoot deur die vas deferens (twee buise wat oor en agter die blaas langs loop). Vloeistof word deur die seminale holtes bygevoeg en die vas deferens word dan die ejakulatoriese buise wat in die prostaatklier by die uretra aansluit. Die prostaat sowel as die bulboeretrale kliere voeg verdere uitskeidings by en die semen word met die penis opgestoot, by die meatus uit.

Die soomrif is die sigbare rif tussen die laterale helftes aan die onderkant van die penis. Dit loop vanaf die opening van die uretra dwarsoor die skrotum na die perineum (die area tussen die skrotum en die anus).

Ooreenkoms met die vroulike geslagsdele

Die eikel van die penis stem ooreen met die klitorale eikel; die corpora cavernosa met die klitoris; die corpus spongiosum met die vestibulêre bolletjies onder die labia minora; die skrotum met die labia minora en labia majora; en die voorhuid met die klitorale kappie. Die soomriffie bestaan nie by vroue nie, aangesien die twee helftes nie aan mekaar gekoppel is nie.

Normale variasies

'n Voorhuid in die normale posisie.

Enkele siektetoestande van die penis

Psigiatriese versteurings rondom die penis

Modifisering van die manlike geslagsdele

'n Penis met 'n tatoeëermerk.

Penisgrootte

Die meeste mans is in 'n mindere of meerdere mate sensitief oor die grootte van hulle penis. Daar is dus 'n mark vir penisvergroting omdat sommige mans so ongemaklik oor hulle "klein" penisse voel dat hulle 'n vergrotingsmetode wil gebruik. Studies toon egter aan dat sulke mans 'n normale grootte penis het.

Daar is ook die mite dat sekere etniese groepe groter penisse as ander het. Die mees algemene opvatting is dat die "kampioen"-groep dié van Afrika-oorsprong is.

Nie-menslike penisse

Sien ook

Eksterne skakels