Susanne Beyers
Geboorte 11 Desember 1954 (1954-12-11) (69 jaar oud)
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Aktrise, skrywer
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Susanne Beyers (gebore 11 Desember 1954) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer. Sy is primêr 'n verhoogaktrise, maar is eerder bekend vir die Afrikaanse TV-reekse waarin sy speel. Beyers het 'n B.Drama-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf.[1] Op die verhoog was sy te sien in stukke soos Die uurwerk kantel, in Leon Kruger se Ou blare en Seks in die suburbs. Haar TV-optredes sluit in enkeldramas soos Bartho Smit se Die man met die lyk om sy nek (regie: Danie Odendaal), asook reekse soos Chris Barnard se Onder draai die duiwel rond (regie: Katinka Heyns) en Arende (regie: Dirk de Villiers).[2] Sy het ook in verskeie vollengte flieks opgetree.

Filmografie

Rolprente

TV-optredes

Verhoogstukke

Van haar verhoogstukke sluit in:

Verwysings

  1. Profiel op TVSA, besoek op 18 November 2012
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels