Verspreiding van Afrikaans en Nederlands

Afrikaans is 'n dogtertaal van Nederlands[1][2][3] en anders as Vlaams en Surinaamse Nederlands, is dit 'n aparte taal, in stede van 'n dialek.

Aangesien 'n geskatte 90 tot 95% van Afrikaans se woordeskat van Nederlandse oorsprong is, is daar weinig leksikale verskille tussen die twee tale. Afrikaans het egter 'n aansienlik meer eenvoudige morfologie, grammatika en stel spelreëls. Daar is 'n graad van onderlinge verstaanbaarheid tussen die twee tale, veral in die geskrewe vorm.

Afrikaans het sekere leksikale en sintaktiese verlenings van ander tale soos Maleis, Khoisan-tale, Portugees, Ngunitale en tot 'n mindere mate, Frans bekom. Afrikaans is ook beduidend deur Suid-Afrikaanse Engels beïnvloed. Nietemin het Nederlandse sprekers met minder nie-kognate te doen wanneer hulle na Afrikaans luister. Wedersydse verstaanbaarheid is dus redelik asimmetries, aangesien dit makliker vir Nederlandstaliges is om Afrikaans te verstaan as anders om. Navorsing suggereer dat wedersydse verstaanbaarheid tussen Nederlands en Afrikaans beter is as tussen Nederlands en Wes-Fries,[4] of tussen Deens en Sweeds.

Ortografiese verskille

Die Nederlandse Taalmonument te Burgersdorp, Suid-Afrika.
Die Afrikaanse Taalmonument te Paarl, Suid-Afrika.

Ortografiese verskille tussen Nederlands en Afrikaans is meestal weens die fonetiese ontwikkelings en spelreëlvereenvoudigings van Afrikaans, en die meer konserwatiewe karakter van die moderne Nederlandse ortografie.

Spellingsverskille

Die spellingsverskille tussen Afrikaans en Nederlands is hoofsaaklik die gevolg van evolusies in die fonetiese spelling en die doelbewuste vereenvoudiging van spelreëls in Afrikaans. Daarenteen was die onlangse verandering in die moderne Nederlandse spelreëls meer konserwatief van aard.

Die eerste spellingsverskille ontstaan in 1905 met die invoering van die Vereenvoudigde Nederlandse Spelling in Suid-Afrika. Hierdie spelling is grotendeels op die voorstelle van die taalkundige R.A. Kollewijn gebaseer. Hy het in 1891 in sy artikel Onze lastige spelling, met verskeie voorgestelde spelreël-vereenvoudigings vorendag gekom.

In 1917 word die eerste grondbeginsels vir Afrikaans deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap, Lettere en Kuns vasgelê. Hierdie grondbeginsels is vasgestel om 'n leidraad te vorm vir die verdere ontwikkeling van 'n Afrikaanse spelwyse:

"Die Grondbeginsels van die Afrikaanse spelling word soos volg uiteengesit:
  1. Elke klank word deur 'n aparte letter voorgestel en geen onnodige letters word gebruik nie.
  2. Dieselfde woord, voor- of agtervoegsel word so ver moontlik dieselfde gespel.
  3. Die geskiedenis word net in ag geneem waar dit prakties moontlik is.
  4. Daar moet so weinig moontlik van die Vereenvoudigde Nederlandse Spelling afgewyk word.
  5. Die gebruiklikste uitspraak word as norm aanvaar."
    Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, 1917

Vereenvoudigings in die Afrikaanse spelwyse

Nederlandse woorde wat in <lijk> eindig, eindig in <lik> in Afrikaans, en nie <lyk> nie. Ter voorbeeld, "lelijk" in Nederlands word "lelik" in Afrikaans. In beide tale word hierdie agtervoegsel as [lək] uitgespreek, met 'n schwa.

Voor die groot Nederlandse spellinghervorming in die 1990's, was laasgenoemde spelling ook in Nederlands aanvaarbaar.

Foneties geïnduseerde spellingsverskille

Die uitspraak van Huis.
Die uitspraak van Muis.
Die uitspraak van IJs of Ys.
Die uitspraak van brengen of gebring.

Afrikaans maak gereeld gebruik van vereenvoudigde medeklinkers, terwyl in Nederlands nog die oorspronklike vorme aanwesig is.

Fonetiese verskille

Die uitspraak van Afrikaans stem die meeste ooreen met dialekte uit die Nederlandse provinsie Zuid-Holland, in besondere die dialek wat rondom die Zoetermeer gepraat word.[6]

Grammatikale verskille

Grammatikale verskille tussen Afrikaans en Nederlands vorm waarskynlik die grootste verskille tussen die twee tale.

Geslag

Afrikaans ken, in teenstelling tot Nederlands, geen grammatikale geslag nie. As gevolg daarvan het Afrikaans slegs een bepaalde lidwoord, "die", terwyl Nederlands twee bepaalde lidwoorde het ("de" vir manlike en vroulike woorde, en "het" vir onsydige woorde). Die manlike en die vroulike geslag word in die geskrewe Nederlands nie meer onderskei nie, maar die gesproke Vlaams ken nog altyd drie bepaalde lidwoorde: "den" vir manlike, "de" vir vroulike, en "het" vir onsydige woorde.

Werkwoorde

By Afrikaanse werkwoorde word dikwels dieselfde vorm gebruik vir die infinitief sowel as die teenwoordige tyd en werkwoorde word in Afrikaans nie verbuig nie. Van alle werkwoorde het slegs "wees" en "hê" 'n persoonsvorm in die teenwoordige tyd wat anders as die infinitief is, naamlik "is" en "het".[7]

Werkwoordverbuigings
Afrikaans Nederlands
ek is ik ben
jy/u is jij/u bent
hy/sy/dit is hij/zij/het is
ons/julle/hulle is wij/jullie/zij zijn
ek loop ik loop
jy/hy loop jij/hij loopt
ons/julle/hulle loop wij/jullie/zij lopen

Die verlede tyd

Afrikaans maak geen gebruik van die onvoltooide verlede tyd nie (behalwe vir 'n aantal uitsonderings) en gebruik hiervoor afhangende van die konteks, die teenwoordige tyd of die voltooide verlede tyd.

Die gevolg is dat Nederlandse literatuur moeiliker verstaanbaar vir Afrikaanse lesers is, aangesien hulle selde die Nederlandse onvoltooide verlede tyd (die sogenaamde imperfek) herken. En die imperfek is die tyd waarin die meeste Nederlandse literêre tekste geskryf word. In Afrikaans is die normale verteltyd die historiese presens, omdat die "het ge-" van die voltooide verlede tyd so lomp is.[8]

Die verlede tyd in Afrikaans en Nederlands
Afrikaans Nederlands
Verlede tyd Verlede tyd Onvoltooide verlede tyd
Ek / Jy /Hy het geslaap Ik heb / Jij hebt / Hij heeft geslapen Ik /Jij /Hij sliep
Ons / Julle / Hulle het geslaap Wij /Jullie / Zij hebben geslapen Wij /Jullie / Zij sliepen

Hier volg die uitsonderings van onvoltooide verlede tyd in Afrikaans, en in die tabel daaronder 'n paar verklarende voorbeelde:

  1. is word was
  2. wil word wou
  3. het word had
  4. sal word sou
  5. kan word kon
  6. moet word moes
  7. mag word mog
  8. dink word dag of dog
  9. weet word wis (aan die uitsterf; gelyk aan 'het geweet', byvoorbeeld "As jy wis hoeveel geld hy het, sou jy hom nie jammer kry nie") [7]
Afrikaans Nederlands
Onvoltooide Verlede tyd Verlede tyd Onvoltooide verlede tyd Verlede tyd
Ek / Jy /Hy wou Ek / Jy /Hy het gewil Ik / Jij / Hij wou / wilde Ik heb / Jij hebt / Hij heeft gewild
Ons / Julle / Hulle wou Ons / Julle / Hulle het gewil Wij /Jullie / Zij wouden / wilden Wij /Jullie / Zij hebben gewild

In die voltooide verlede tyd word in Afrikaans slegs 'het' (Nederlands: 'hebben') as hulpwerkwoord gebruik, behalwe in die geval van 'wees' (Nederlands: 'zijn'), waar die hulpwerkwoord 'is' gebruik word. In teenstelling word in Nederlands 'zijn', en sy verbuigings, meermale as hulpwerkwoord benut. Dit is die geval vir Nederlandse werkwoorde wat 'n proses (en nie 'n aksie nie) uitdruk, soos "het ijs smelt -> het ijs is gesmolten" en ook vir werkwoorde wat 'n gerigte beweging uitdruk: "ik loop naar huis -> ik ben naar huis gelopen" [7] Wees word in Afrikaans basies net vir die lydende vorm gebruik. Zijn as werkwoord het basies in Afrikaans uitgesterf, behalwe in "samesyn" (saamwees), soos in geselskap tussen vriende en die deelwoord "synde".

Verskille t.o.v hulpwerkwoorde
Afrikaans Nederlands
Hy het gedoen. Hij heeft gedaan.
Hy het gekom. Hij is gekomen.
Hy is gewees. Hij is geweest.

Die verlede tyd van die lydende vorm gebruik in Afrikaans "is" in plaas van "werd".

Voornaamwoorde

Afrikaans maak by die meervoudsvorme van die persoonlike voornaamwoord geen verskil tussen die onderwerp en voorwerp (in beide akkusatief en datief) nie.

Die Nederlandse refleksiewe (of wederkerende) voornaamwoord zich, wat volgens Afrikaanse spelreëls sig gespel word, kom bykans glad nie meer in Afrikaans voor nie. Dit word normaalweg vervang deur hom, haar, of jou.

Byvoorbeeld:

Voorbeeld in die poësie: Kerm / om die dood sig nie oor mens óf lig ontferm (Lucas Malan)

In Middelnederlands is sig egter eintlik net in die oostelike dialekte gebruik en het laat (in die 17e eeu) in die westelike gebiede van Holland deurgedring.

Dubbele negatief

Afrikaans maak gebruik van 'n dubbele negatief, wat nie in Nederlands gebruik word nie. Nederlandse Ik spreek geen Engels word byvoorbeeld Ek praat nie Engels nie of Ek praat geen Engels nie.

Vergelykbare konstruksies kan gevind word in Frans ("Je ne parle pas anglais"), maar ook in die Nederlandse dialek Wes-Vlaams ("Ek en praat geen Engels") en in andere dialekte in Suid-Nederland ("Ik praat geen Engels nie").

Ook tans nog word die dubbele negatief in Vlaamse dialekte gebruik byvoorbeeld in: "K'hem(ek het)dees ding nog nooit nie gezien." of "Is daar al iemand? Nieje, nog niemand nie" "Leid er hier ieverans een spons? Ik kan er nieverans geen vinden" (lê hier êrens 'n spons? Ek kan dit nêrens vind)

Byvoeglike naamwoorde

Net soos Nederlands verbuig Afrikaans byvoeglike naamwoorde in die attributiewe posisie (indien hulle 'n byvoeglike bepaling is). In beide tale gebeur dit nie in die predikatiewe posisie, oftewel by 'n dubbelverbonde bepaling nie. In teenstelling tot Nederlands is hierdie verbuiging in Afrikaans net afhanklik van die posisie en nie van ander parameters soos die grammatikale geslag nie. Aan die ander kant ken Afrikaans baie byvoeglike naamwoorde wat nooit verbuig word nie (′n swart skoen), terwyl in Nederlands byna alle byvoeglike naamwoorde verbuig kan word (een zwarte schoen).

Anderstalige invloede op Afrikaans

Afrikaans het 'n aantal leksikale en sintaktiese eenhede vanuit ander tale oorgeneem. Onder hierdie tale tel Maleis, die Khoisan-tale, Portugees,[9] die Nguni-tale[10] en in mindere mate het Frans. Afrikaans is ook sterk beïnvloed deur Suid-Afrikaanse Engels.[11]

Duits

Aan die Kaap het Duitse huursoldate gereeld gekom en gegaan, maar ook Duitse koloniste het 'n geringe stempel afgedruk op die Afrikaanse taal.

Duitse ontlenings via Nederlands

Die meeste Duitse woorde en uitdrukkings het reeds voor 1800 via Nederlands in die Afrikaanse taal beland:

Baie van bogenoemde was reeds deel van die woordeskat wat na die Kaap toe gebring is. Deur verdere kontak met Europese Nederlands in die 1800's het hierdie woorde en uitdrukkings so deel van Afrikaans geword dat dit nie meer as Germanismes geëien word nie.[12] Vanweë die nou verwantskap van Duits met Nederlands en Afrikaans word Germanismes in hierdie tale dikwels nie as vreemd aangevoel nie.

Duitse ontlenings aan die Kaap

Party woorde is wel direk aan die Kaap ontlee:[13]

Sommige woorde is moeilik om te bepaal of dit uit Duits of Nederlands ontleen is:

Frans

Direkte Franse ontlenings aan die Kaap deur kontak met die Franse Hugenote was bitter skraal, moontlik weens die VOC se streng taalbeleid. Daar is slegs 'n paar vrugtename wat gewis Kaapse ontlenings is :[15]

Dan is daar ook:[16]

Maleis

Tydens die vroeë vestiging van die Kaap-Maleiers in Kaapstad, wat nou Kleurlinge genoem word, word verskillende Maleise woorde tot Afrikaans toegevoeg. Onder hierde woorde is:[17][18][19]

Portugees

Sommige Afrikaanse woorde kom oorspronklik uit Portugees. Hul aanwesigheid is te danke aan die Portugese teenwoordigheid in Suider-Afrika. Hierdie woorde word dikwels in Suid-Afrika gebruik aangesien hulle ook in ander Suid-Afrikaanse tale aanwesig is.

Plant- en dierename soos malgas, tjokka en tarentaal stam ook uit die tydperk van Portugese seevaarders.[24][25]

Khoisan-tale

Die volgende bekende Afrikaanse woorde, het hul oorsprong vanaf die Khoisan-tale.

Daar is ook heelwat name vir plante en diere wat vanaf Khoisan-tale stam.[26]

Nguni-tale

Die volgende woorde dien as enkele voorbeelde van die vele Nguni-woorde wat in Afrikaans en dikwels ook in Suid-Afrikaanse Engels opgeneem is.

(Suid-Afrikaanse) Engels

In die omgangstaal sal vele Afrikaanse mense dikwels Engelse woorde of begrippe gebruik, alhoewel hierdie woorde nie in Standaardafrikaans opgeneem is nie, en ook gewoonlik hul Afrikaanse gelyke het.

Nietemin is daar ook heelwat woorde van Engelse afkoms wat uiteindelik in Standaardafrikaans opgeneem is. Enkele voorbeelde:

Die Engelse invloed kan ook dikwels gesien word in die gebruik van woorde in Afrikaans. Soos byvoorbeeld:

In Afrikaans het braaf in die betekenis dapper óf nooit bestaan nie (dis die waarskynlikste), óf heeltemal in die vergetelheid geraak totdat dit onder Engelse invloed na vore gekom het. In Engels is bogenoemde betekenisse vereng tot slegs dapper; terwyl dit in Afrikaans slegs die betekenis regskape tot onlangs behou het. Om dus in Afrikaans te praat van brawe (= dapper) man, sou, uit 'n eng oogpunt, beteken dat jy jou skuldig maak aan 'n Anglisisme, want die Afrikaans brawe man = regskape man (Eng. noble), en die Engelse brave man is in Afrikaans 'n dapper man.[28]

Vergelykings van verskeie woorde en frases in Nederlands en Afrikaans

Afrikaans Nederlands
Verstaan jy my? Versta je mij?
Ek verstaan dit Ik begrijp het
Minder algemeen: Ik versta het Vlaams: 'K verstaan'et
Wat is jou naam? Hoe heet jij?
Minder algemeen: Wat is jouw naam?
Wat maak jy? Wat ben je aan het doen?
Ek is lief vir jou (meer platonies)
Ek het jou lief (meer romanties)
Ik hou van je/jou.
Minder algemeen: Ik heb je lief.
Is jy honger? Heb je honger?
Dié boek is vir jou Dit boek is voor jou
Ek het al geëet Ik heb al gegeten
Stem jy saam? Ben je het daarmee eens?
Minder algemeen: Stem jij daarmee in?
Stem jy [daartoe] in? Ga je daarmee akkoord?
Oop vanaand Open vanavond
Hulle woon hier Ze wonen hier
Kan ons die middestad besoek? Kunnen we de binnenstad bezoeken?
piesang banaan
Minder algemeen: pisang
baadjie colbert, jasje, vest
Ek is halfpad daar Ik ben halverwege
Hierdie vrug smaak sleg Deze vrucht smaakt slecht
Het jy dit gesê? Heb jij dat gezegd? Vlaams: Het gij da' gezei?
Hy het op die lughawe aangekom Hij is op de luchthaven aangekomen
As dit reën, sal dié sambreel jou beskerm Als het regent, zal deze paraplu je beschermen
'n Lemoen is 'n oranjekleurige vrug Een sinaasappel is een oranjekleurige vrucht
'n Lemmetjie is 'n klein groen sitrusvrug Een limoen is een kleine groene citrusvrucht
Ons hou daarvan om te braai Wij houden ervan om te barbecueën

Vergelyking van voorbeeld teks

Onder is 'n vergelyking van die Afrikaanse woorde van Die Stem van Suid-Afrika (die voormalige Volkslied van Suid-Afrika) met die Nederlandse weergawe.

Afrikaans Nederlands
Uit die blou van onse hemel, Uit het blauw van onze hemel
Uit die diepte van ons see, Uit de diepte van onze zee,
Oor ons ewige gebergtes Over onze eeuwige gebergten,
Waar die kranse antwoord gee. Waar de rotsen antwoord geven.
Deur ons vêr verlate vlaktes Door onze ver verlaten vlakten
Met die kreun van ossewa. Met het gekreun van ossenwagens
Ruis die stem van ons geliefde, Ruist de stem van ons geliefde,
Van ons land Suid-Afrika. Van ons land Zuid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem, We zullen antwoorden op je roepen
Ons sal offer wat jy vra: We zullen offeren wat jij vraagt
Ons sal lewe, ons sal sterwe, We zullen leven, we zullen sterven
Ons vir jou, Suid-Afrika. Wij voor jou, Zuid-Afrika.

Sien ook

Bronne

Verwysings

  1. (en) Jansen, Carel; Schreuder, Robert; Neijt, Anneke (2007). "The influence of spelling conventions on perceived plurality in compounds. A comparison of Afrikaans and Dutch" (PDF). Written Language & Literacy 10:2. Radboud University Nijmegen. p. 5. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 29 April 2011. Besoek op 19 Mei 2010.
  2. Mennen, Ineke; Levelt, Clara; Gerrits, Ellen (2006). "Acquisition of Dutch phonology: an overview" (PDF). Speech Science Research Centre Working Paper WP10 (in Engels). Queen Margaret University College. p. 1. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Oktober 2017. Besoek op 19 Mei 2010.
  3. Booij, Geert (2003). "Constructional idioms and periphrasis: the progressive construction in Dutch" (PDF). Paradigms and Periphrasis (in Engels). Universiteit van Kentucky. p. 5. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2012. Besoek op 19 Mei 2010.
  4. (en) ten Thije, Jan D.; Zeevaert, Ludger (2007). Receptive Multilingualism: Linguistic analyses, language policies and didactic concepts. John Benjamins Publishing Company. p. 17. Besoek op 19 Mei 2010.
  5. van Reenen, Pieter; Huijs, Nanette (2000). "De harde en de zachte g, de spelling gh versus g voor voorklinker in het veertiende-eeuwse Middelnederlands" (PDF). Taal en Tongval, 52 (in Nederlands). pp. 159–181. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op 4 Mei 2011.
  6. Wilbert Heeringa, Febe de Wet (2007). "The origin of Afrikaans pronunciation: a comparison to west Germanic languages and Dutch dialects" (PDF) (in Engels). Rijksuniversiteit Groningen. pp. 445–467. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Desember 2012. Besoek op 19 Mei 2009.
  7. 7,0 7,1 7,2 (nl) (Woubrugge 1989) Colloquium Neerlandicum 10[dooie skakel]. Handelingen Tiende Colloquium Neerlandicum. Colloquium van docenten in de neerlandistiek aan buitenlandse universiteiten. Internationale Vereniging voor Neerlandistiek.
  8. (af) Valse vriende — die gevaarlike avontuur van vertaal uit Nederlands[dooie skakel] Geraadpleeg op 13 Desember 2011
  9. (en) Language Standardization and Language Change: The Dynamics of Cape Dutch. 2004. p. 22. Besoek op 10 November 2008. ((cite book)): |work= ignored (hulp); Ongeldige |ref=harv (hulp)
  10. (en) Niesler, Thomas; Louw, Philippa; Roux, Justus (2005). Phonetic analysis of Afrikaans, English, Xhosa and Zulu using South African speech databases (PDF). pp. 459–474. ((cite book)): |journal= ignored (hulp); Ongeldige |ref=harv (hulp)
  11. (en) Standaard Afrikaans op Lycos.com Geargiveer 20 November 2011 op Wayback Machine Geraadpleeg op 3 April 2010
  12. Raidt, E.H. 1976. Duitse ontlenings via Nederlands. Afrikaans en sy Europese Verlede. Kaapstad: Nasou Beperk.
  13. Raidt, E.H. 1976. Duitse ontlenings aan die Kaap. Afrikaans en sy Europese Verlede. Kaapstad: Nasou Beperk.
  14. Prinsloo, A. 2004. Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. Kaapstad: Pharos-uitgewers. pp. 366-367
  15. Raidt, E.H. 1976. Franse ontlenings aan die Kaap. Afrikaans en sy Europese Verlede. Kaapstad: Nasou Beperk.
  16. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2013. Besoek op 1 Junie 2015.
  17. (en) Toerisme-informasie omtrent Afrikaans Geargiveer 17 September 2011 op Wayback Machine Geraadpleeg op 3 April 2010
  18. (af) Taalberigte, taaloord.co.za Geraadpleeg op 14 Desember 2011
  19. Raidt, Edith h. 1989. Ontwikkeling van vroeë Afrikaans, uit Inleiding tot die Afrikaanse Taalkunde, tweede hersiene uitgawe, pp.96-112, TJR Botha (redakteur). Van Schaik.
  20. G. Olwagen, met verwysing na bevindings soos reeds in 1957 gemaak deur Eva-Margarete Jenny Siegling, in haar verhandeling Verwandtschaft zwischen Afrikaans und den niederdeutschen Dialekten Norddeutschlands (in Duits voorgelê ter vervulling van 'n deel van die vereistes vir die graad D. Litt. in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte Universiteit van Pretoria, Pretoria, 30 Januarie 1957). Siegling het o.m. op die volgende gewys: Afrikaans: Al baie op sy kerfstok hê. Plattdeutsch: All bannig up sin Kerfstock hebben. Dit lyk egter nie of die werk destyds enige groot taalkundige rimpels veroorsaak het met die bevindings oor "baie" nie. Of omdat dit in Duits was, is dit bes moontlik net nie raakgelees nie, wie sou weet! Verhandeling by: http://docplayer.org/42628000-Verwandtschaft-zwischen-afrikaans-und-den-niederdeutschen-dialekten-norddeutschlands-deur-eva-margarete-jenny-siegling.html G.Olwagen se bespreking op Netwerk24 en in Die Volksbladː https://www.netwerk24.com/Stemme/MyStem/kom-die-woord-baie-al-die-tyd-uit-duitsland-20171003
  21. Prinsloo. A. 2004. Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. Kaapstad: Pharos-uitgewers. pp. 258-259
  22. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2013. Besoek op 1 Junie 2015.
  23. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2013. Besoek op 1 Junie 2015.
  24. Raidt, Edith H. 1989. Ontwikkeling van vroeë Afrikaans, uit Inleiding tot die Afrikaanse Taalkunde, tweede hersiene uitgawe, pp 96 -126. TJR Botha (redakteur). Van Schaik.
  25. Raidt, E.H. 1976.Afrikaans en sy Europese Verlede. Kaapstad: Nasou Beperk.
  26. 26,0 26,1 (en) Theories about the origin of Afrikaans. 1952. Professor J.J. Smith. Witwatersrand University Press
  27. (en) Oxford dictionaries[dooie skakel] Geraadpleeg 4 Januarie 2012
  28. Van der Merwe, H.J.J.M. 1981. Die Korrekte Woord: Afrikaanse Taalkwessies Pretoria: J.L. van Schaik (Edms.) Bpk. bl. 54
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.