Spele van die XXIXe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 2008 (Chinees: 第二十九届夏季奥林匹克运动会; pinyin: Dì Èrshíjiǔ Jiè Xiàjì Àolínpǐkè Yùndònghuì), amptelik bekend as die Spele van die XXIXste Olimpiade, is tussen 8 en 24 Augustus 2008 in Beijing, China, aangebied. Tydens die geleentheid het 10 942 atlete uit 204 nasies aan 302 items in 28 verskillende sportsoorte deelgeneem.
Dit was naas die Spele van 1964 in Tokio en die Spele van 1988 in Seoel die derde Olimpiese Somerspele wat in Asië beslis is. Tokio sal later nog die Spele van 2020 aanbied en Beijing die Winterspele van 2022. Naas Beijing was Istanboel, Osaka, Parys en Toronto kandidate vir die organisasie van die 2008-Somerspele gewees.
Die opening- en sluitingseremonies het in die Nasionale Stadion van Beijing, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Volksrepubliek China die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Mandaryns is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Natalie du Toit, swemmer en gouemedaljewenner tydens die Paralimpiese Somerspele 2004, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[4]
Die Paralimpiese Somerspele 2008 is tussen 6 en 17 September in Beijing gehou.
Beijing is op 13 Julie 2001 in Moskou deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2008. Dié stad is bo die ander kandidate op die kortlys, naamlik Istanboel (Turkye), Osaka (Japan), Parys (Frankryk) en Toronto (Kanada) gekies. Stede soos Bangkok, Havana, Kaïro, Kuala Lumpur en Sevilla was ook voorgestel, maar het nie die kortlys gemaak nie.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2008[5] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | |||
Beijing | Volksrepubliek China | 44 | 56 | |||
Toronto | Kanada | 20 | 22 | |||
Parys | Frankryk | 15 | 18 | |||
Istanboel | Turkye | 17 | 9 | |||
Osaka | Japan | 6 | — |
Die toekenning van die Spele aan die Volksrepubliek China was in sommige kringe omstrede weens die land se ondemokratiese regering en swak menseregterekord. Amnestie Internasionaal het in April 2007 gemeld dat die situasie met die aanloop na die Spele vir terdoodveroordeeldes en buitelandse joernaliste verbeter het, terwyl die onderdrukking van plaaslike joernaliste en politieke aktiviste besig was om toe te neem. Die getal mense onder huisarres en inhegtenisnames sonder regsproses het volgens Amnestie Internasionaal ook toegeneem.[6]
Uit 'n ondersoek van Play Fair 2008,[7] 'n organisasie van vakbonde en aksiegroepe, blyk dit dat daar ook probleme was met die vervaardiging van goedere soos pette, tasse en penne wat vir die geleentheid gemaak word. Kinderarbeid word op groot skaal in Chinese fabrieke aangewend en mense word nie die helfte van die minimumloon betaal nie. Die Organisasiekomitee van die Spele het aangekondig dat hierdie bedrywighede ondersoek sal word.[8]
Van die atlete was besorg dat die lugbesoedeling wat oor die stad hang hulle prestasies nadelig kon beïnvloed. Die Beijing munisipale regering het ingestem om die besoedelingsprobleem aan te spreek en verskeie fabrieke in die omgewing is gesluit.
Die opening- en afsluitingseremonie is in die nuwe Nasionale Stadion van Beijing gehou, waar byna 100 000 toeskouers geakkommodeer kan word. Die stadion vertoon uiterlik soos 'n voëlnes en word in die volksmond dan ook as sodanig aangedui. Die stadion is deur die argitekfirma Herzog & de Meuron ontwerp.
Die aflos met die Olimpiese fakkel is vanaf Athene, deur die Himalaja, na Beijing geneem. Die fakkel is ook deur 'n groep van 80 spesiaal opgeleide bergklimmers na die spits van Berg Everest gedra. Die voormalige Chinese gimnas, Li Ning, het die eer te beurt geval om die Olimpiese vlam aan te steek.
Die Olimpiese vlam is op 24 Augustus 2008 uitgedoof tydens die afsluitingseremonie. Guo Jinlong, die burgemeester van Beijing, het die Olimpiese vlag aan die burgemeester van Londen, Boris Johnson oorhandig, waar die 2012-spele aangebied gaan word.
28 Olimpiese sportsoorte in 302 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 301 goue medaljes oorhandig.
31 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2008 gebruik:
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Beijing Nasionale Swembad | Swem, Sierduik en Gesinchroniseerde swem | 17 000 |
Beijing Nasionale Binnenshuise stadion | Gimnastiek (artistiek, trampolien), Handbal (eindstryd) | 19 000 |
Beijing Nasionale Stadion | seremonies (opening/sluiting), Atletiek, Sokker (eindstryd) | 91 000 |
Olimpiese Groen Tennissentrum | Tennis | 32 400 |
Olimpiese Groen Boogskietveld | Boogskiet | 5 000 |
Olimpiese Groen Vergaderingsentrum | Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport) | 5 695 |
Olimpiese Groen Hokkieveld | Veldhokkie | 17 000 |
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Beijing Wetenskap en Tegnologie Universiteitsgimnasium | Judo, Taekwondo | 8 024 |
Beijing Universiteit van Tegnologie Gimnasium | Pluimbal, Gimnastiek (ritmies) | 7 500 |
China Landbou-universiteit Gimnasium | Stoei | 8 000 |
Beijing Universiteitsgimnasium | Tafeltennis | 8 000 |
Beihang Universiteitsgimnasium | Gewigoptel | 5 400 |
Beijing Instituut vir Tegnologie Gimnasium | Vlugbal | 5 000 |
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Beijing Nasionale Akwatiese Sentrum | Swem, Sierduik en Gesinchroniseerde swem | 17 000 |
Beijing Nasionale Binnenshuise stadion | Gimnastiek (artisties, trampolien), Handbal (eindstryd) | 19 000 |
Beijing Nasionale Stadion | Atletiek, Sokker (eindstryd) | 91 000 |
Beijing Wetenskap en Tegnologie Universiteitsgimnasium | Judo, Taekwondo | 8 024 |
Beijing Skietbaansaal | Skyfskiet (pistool, geweer) | 9 000 |
Beijing Universiteit van Tegnologie Gimnasium | Pluimbal, Gimnastiek (ritmies) | 7 500 |
China Landbou Universiteitsgimnasium | Stoei | 8 000 |
Laoshan Velodrome | Fietsry (baan) | 6 000 |
Olimpiese Groen Tennissentrum | Tennis | 17 400 |
Beijing Universiteitsgimnasium | Tafeltennis | 8 000 |
Shunyi Olimpiese Roei-Kanovaart Park | Roei, Kanovaart en Swem (maraton) | 37 000 |
Wukesong Binnenshuise stadion | Basketbal | 18 000 |
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Beihang Universiteitsgimnasium | Gewigoptel | 5 400 |
Beijing Instituut vir Tegnologie Gimnasium | Vlugbal | 5 000 |
Beijing Skietbaan Kleiteikengebied | Skyfskiet (haelgeweer) | 5 000 |
Hoofstadse Binnenshuise stadion | Vlugbaö (eindstryd) | 18 000 |
Fengtai Sagtebalveld | Sagtebal | 13 000 |
Laoshan Bergfietsbaan | Fietsry (bergfiets) | 2 000 |
Olimpiese Sportsentrum | Sokker, Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) | 36 228 |
Olimpiese Sportsentrum Gimnasium | Handbal | 7 000 |
Werkers Binnenshuise Arena | Boks | 13 000 |
Werkersstadion | Sokker | 70 161 |
Ying Tung natatorium | Waterpolo, Moderne vyfkamp (swem) | 4 852 |
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Strandvlugbalgrond | Vlugbal (strand) | 12 000 |
BMX-veld | Fietsry (BMX) | 4 000 |
Olimpiese Groen Boogskietbaan | Boogskiet | 5 000 |
Olimpiese Groen Vergaderingsentrum | Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport) | 5 695 |
Olimpiese Groen Hokkieveld | Veldhokkie | 17 000 |
Driekampplek | Driekamp | 10 000 |
Stedelike Fietsrypadkursus | Fietsry (padwedloop) | Nie gelys nie |
Wukesong Bofbalveld | Bofbal | 18 000 |
Stadion | Ligging | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Hongkong Perdryplekke | Hongkong | Ruitersport | 18 000 |
Qingdao Internasionale Seiljagwedvaartsentrum | Qingdao | Seilvaart | Nie gelys nie |
Qinhuangdao Olimpiese Sportsentrumstadion | Qinhuangdao | Sokker | 33 572 |
Sjanghaistadion | Sjanghai | Sokker | 80 000 |
Shenyang Olimpiese Sportsentrumstadion | Shenyang | Sokker | 60 000 |
Tianjin Olimpiese Sportsentrumstadion | Tianjin | Sokker | 60 000 |
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.[9]
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | UG | Uitstallingsgala | SS | Sluitingseremonie |
Augustus 2008 | 6 Wo |
7 Do |
8 Vr |
9 Sa |
10 So |
11 Ma |
12 Di |
13 Wo |
14 Do |
15 Vr |
16 Sa |
17 So |
18 Ma |
19 Di |
20 Wo |
21 Do |
22 Vr |
23 Sa |
24 So |
Items |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | SS | ||||||||||||||||||
Atletiek | 2 | 4 | 6 | 6 | 5 | 3 | 6 | 7 | 7 | 1 | 47 | |||||||||
Basketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||
Bofbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||||||
Boks | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 4 | 6 | 11 | ||||
Boogskiet | ● | 1 | 1 | ● | ● | 1 | 1 | 4 | ||||||||||||
Driekamp | 1 | 1 | 2 | |||||||||||||||||
Fietsry | 1 | 1 | 2 | 1 | 3 | 1 | 2 | 3 | ● | 2 | 2 | 18 | ||||||||
Gesinchroniseerde swem | ● | ● | 1 | ● | 1 | 2 | ||||||||||||||
Gewigoptel | 1 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 15 | |||||||||
Gimnastiek | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | 4 | 4 | 4 | UG | ● | ● | 1 | 1 | 18 | ||||
Handbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||
Judo | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 14 | ||||||||||||
Kanovaart | ● | 2 | ● | ● | 2 | ● | ● | ● | ● | 6 | 6 | 16 | ||||||||
Moderne vyfkamp | 1 | 1 | 2 | |||||||||||||||||
Pluimbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 2 | 2 | 5 | ||||||||||
Roei | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 7 | 7 | 14 | |||||||||||
Ruitersport | ● | ● | ● | 2 | ● | 1 | ● | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 6 | |||||||
Sagtebal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||||||
Seilvaart | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 3 | 2 | 2 | 2 | 2 | 11 | |||||||
Sierduik | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | 8 | ||||||
Skermsport | 1 | 1 | 1 | 1 | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 10 | ||||||||||
Skyfskiet | 2 | 2 | 2 | 2 | 1 | 2 | 1 | 2 | 1 | 15 | ||||||||||
Sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | 1 | 2 | ||||||
Stoei | 2 | 2 | 3 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 18 | |||||||||||
Swem | ● | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | 1 | 1 | 34 | ||||||||
Taekwondo | 2 | 2 | 2 | 2 | 8 | |||||||||||||||
Tafeltennis | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ● | ● | ● | 1 | 1 | 4 | ||||||||
Tennis | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 3 | 4 | |||||||||||
Veldhokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||||
Vlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | 4 | |||
Waterpolo | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | 1 | 2 | |||||
Totaal | 0 | 0 | 0 | 7 | 14 | 13 | 19 | 17 | 15 | 18 | 27 | 37 | 18 | 20 | 11 | 21 | 21 | 32 | 12 | 302 |
Kumulatief | 0 | 0 | 0 | 7 | 21 | 34 | 53 | 70 | 85 | 103 | 130 | 167 | 185 | 205 | 216 | 237 | 258 | 290 | 302 | |
Augustus 2008 | 6 Wo |
7 Do |
8 Vr |
9 Sa |
10 So |
11 Ma |
12 Di |
13 Wo |
14 Do |
15 Vr |
16 Sa |
17 So |
18 Ma |
19 Di |
20 Wo |
21 Do |
22 Vr |
23 Sa |
24 So |
Items |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Die Suid-Afrikaanse swemmer Natalie du Toit, die wenner van vyf goue medaljes by die Paralimpiese Somerspele 2004, het gekwalifiseer om aan die Spele deel te neem. Daarby word sy die eerste geamputeerde atleet wat vir die Olimpiese Spele kwalifiseer sedert Olivér Halassy in 1936.[10][11]
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is eers deur die Internasionale Atletiekfederasie verbied om aan die Olimpiese Spele deel te neem nadat 'n Duitse universiteit bevind het dat sy bioniese kunsbene hom 'n voordeel bo gewone atlete gee.[12] Die verbod is later opgehef, maar hy kon nie vir deelname kwalifiseer nie.
Suid-Afrika kon slegs 'n enkele silwer medalje tydens die Spele inpalm (Godfrey Khotso Mokoena vir verspring).
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Volksrepubliek China (CHN) | 639 | 51 | 21 | 28 | 100 |
2 | Verenigde State (USA) | 596 | 36 | 38 | 36 | 110 |
3 | Rusland (RUS) | 467 | 22 | 21 | 29 | 72 |
4 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 311 | 19 | 13 | 15 | 47 |
5 | Duitsland (GER) | 463 | 16 | 10 | 15 | 41 |
6 | Australië (AUS) | 433 | 14 | 15 | 17 | 46 |
7 | Suid-Korea (KOR) | 267 | 13 | 10 | 8 | 31 |
8 | Japan (JPN) | 351 | 9 | 6 | 10 | 25 |
9 | Italië (ITA) | 344 | 8 | 9 | 10 | 27 |
10 | Frankryk (FRA) | 323 | 7 | 16 | 18 | 41 |
71 | Suid-Afrika (RSA) | 136 | 0 | 1 | 0 | 1 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 2008. |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |