XIXe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 2002 (Engels: 2002 Winter Olympics), amptelik bekend as die XIXde Olimpiese Winterspele, is tussen 8 en 24 Februarie 2002 in Salt Lake City, Verenigde State, aangebied. Ander kandidaatstede was: Quebecstad (Kanada), Sion (Switserland) en Östersund (Swede).
Dit was die vierde Winterspele en agste Olimpiese Spele wat in die Verenigde State beslis is. Utah het daarmee die vyfde Amerikaanse deelstaat geword om 'n Olimpiese spele aan te bied. Die spele was veral deur die aanvalle op 11 September 2001 vyf maande gelede oorskadu, maar word oorwegend as 'n groot sukses beskou.
Die Paralimpiese Winterspele 2002 is tussen 7 en 16 Maart in Salt Lake City gehou.
Salt Lake City is op 16 Junie 1995 in Boedapest deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2002. Ander kandidate was: Östersund, Sion en Quebecstad.
Die stemmery het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2002[2] | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | |||||
Salt Lake City | Verenigde State | 54 | |||||
Östersund | Swede | 14 | |||||
Sion | Switserland | 14 | |||||
Quebecstad | Kanada | 7 |
7 Olimpiese sporte in 15 dissiplines is tydens die Spele aangebied.
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie toon wedstryde wat plaasgevind het, maar waaar geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | UG | Uitstallingsgala | SS | Sluitingseremonie |
Februarie | 8 Vr |
9 Sa |
10 So |
11 Ma |
12 Di |
13 Wo |
14 Do |
15 Vr |
16 Sa |
17 So |
18 Ma |
19 Di |
20 Wo |
21 Do |
22 Vr |
23 Sa |
24 So |
Wedstryde | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | SS | |||||||||||||||||
Alpeski | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 10 | ||||||||
Bobslee | ● | 1 | 1 | ● | 1 | 3 | |||||||||||||
Heg-en-steg-ski | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 2 | 1 | 1 | 1 | 12 | |||||||||
Kortbaanskaats | 1 | 2 | 2 | 3 | 8 | ||||||||||||||
Kunsskaats | ● | 1 | ● | 1 | ● | ● | 1 | ● | 1 | UG | 4 | ||||||||
Langbaanskaats | 1 | 1 | ● | 1 | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 10 | ||||||
Noorse kombinasie | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | 3 | ||||||||||||
Rodel | ● | 1 | ● | 1 | 1 | 3 | |||||||||||||
Skansspring | ● | 1 | ● | 1 | 1 | 3 | |||||||||||||
Skeleton | 2 | 2 | |||||||||||||||||
Sneeuplankry | 1 | 1 | ● | 2 | 4 | ||||||||||||||
Tweekamp | 2 | 2 | 2 | 1 | 1 | 8 | |||||||||||||
Vryski | 1 | 1 | 1 | 1 | 4 | ||||||||||||||
Ysbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||||||
Yshokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | ● | 1 | 2 | ||
Totaal | 0 | 4 | 5 | 6 | 4 | 6 | 4 | 5 | 6 | 4 | 4 | 5 | 7 | 5 | 4 | 7 | 2 | 78 | |
Kumulatief | 0 | 4 | 9 | 15 | 19 | 25 | 29 | 34 | 40 | 44 | 48 | 53 | 60 | 65 | 69 | 76 | 78 | ||
Februarie | 8 Vr |
9 Sa |
10 So |
11 Ma |
12 Di |
13 Wo |
14 Do |
15 Vr |
16 Sa |
17 So |
18 Ma |
19 Di |
20 Wo |
21 Do |
22 Vr |
23 Sa |
24 So |
Wedstryde |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrika het aan hierdie Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Noorweë (NOR) | 77 | 13 | 5 | 7 | 25 |
2 | Duitsland (GER) | 157 | 12 | 16 | 8 | 36 |
3 | Verenigde State (USA) | 202 | 10 | 13 | 11 | 34 |
4 | Kanada (CAN) | 150 | 7 | 3 | 7 | 17 |
5 | Rusland (RUS) | 151 | 5 | 4 | 4 | 13 |
6 | Frankryk (FRA) | 114 | 4 | 5 | 2 | 11 |
7 | Italië (ITA) | 112 | 4 | 4 | 5 | 13 |
8 | Finland (FIN) | 98 | 4 | 2 | 1 | 7 |
9 | Nederland (NED) | 27 | 3 | 5 | 0 | 8 |
10 | Oostenryk (AUT) | 90 | 3 | 4 | 10 | 17 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 2002. |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |