26 Desember is die 360ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (361ste in skrikkeljare). Daar volg nog 5 dae in die res van die jaar.
- 212 – Caracalla vermoor sy broer Gera en word keiser van Rome.
- 795 – Pous Leo III volg Pous Adrianus I op.
- 1527 – Giovanni Angelo Medici (later Pous Pius IV) vestig hom in Rome.
- 1790 – Lodewyk XVI van Frankryk gee sy toestemming aan die Siviele Grondwet van die Geloofstand gedurende die Franse Rewolusie.
- 1898 – Pierre en Marie Curie kondig die ontdekking van 'n nuwe element aan, wat later radium genoem word.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Noord-Kaap (Noorweë) vind plaas en die Scharnhorst word gekelder.
- 1966 – Die eerste Kwanzaa word gevier deur Maulana Karenga, 'n professor by die California State University, Long Beach.
- 1986 – Die eerste lang-lopende Amerikaanse TV-sepie, Search for Tomorrow, se laaste episode vertoon ná 35 jaar op die lug.
- 2004 – 'n Aardbewing van 9.0 langs die weskus van Indonesië ontketen 'n verwoestende tsoenami met meer as 310 000 sterftes in Indonesië, Thailand, Maleisië, Bangladesj, Indië, Sri Lanka, die Maledive en Somalië.
- 1194 – Keiser Frederik II, Duitse koning en keiser van die Heilige Romeinse Ryk († 1250).
- 1537 – Albrecht van Nassau-Weilburg, graaf van Nassau-Weilburg († 1593).
- 1682 – Calico Jack, Engelse seerower wat in die vroeë 18de eeu in die Bahamas en Kuba werksaam was († 1720)
- 1770 – Pierre Cambronne, Franse generaal onder Napoleon Bonaparte († 1842).
- 1771 – Julie Clary, Franse vrou van Jozef Bonaparte († 1845).
- 1777 – Lodewijk II van Hessen-Darmstadt, Duitse groothertog († 1848).
- 1791 – Charles Babbage, Engelse wiskundige, filosoof, uitvinder en meganiese ingenieur († 1871).
- 1803 – Friedrich Reinhold Kreutzwald, Duits-Baltiese digter († 1882).
- 1826 – Martinus Nijhoff, Nederlandse uitgewer († 1894).
- 1890 - Jozef Cantré, Belgiese beeldhouer († 1957).
- 1893 – Mao Zedong, Kommunistiese Chinese politikus en partyleier († 1976).
- 1897 – Willy Corsari, Nederlandse skryfster van jeuglektuur, romans, speurverhale, kortverhale en toneelstukke († 1998)
- 1903 – Elisha Cook Jr., Amerikaanse akteur († 1995).
- 1934 – Matt Zimmerman, Kanadese akteur († 2022).
- 1939 – Phil Spector, Amerikaanse musiekprodusent († 2021).
- 1940 – Marzanne Leroux-Van der Boon, Afrikaanse skrywer († 2022).
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 December. |