XIVe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Somerspele 2012 (Engels: 2012 Summer Paralympics) is tussen 29 Augustus en 9 September 2012 in Londen, Verenigde Koninkryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 4 302 atlete uit 164 nasies aan 503 items in 20 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die 14de Paralimpiese Somerspele wat aangebied is.
Die Spele is amptelik deur koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk geopen. Dit is die eerste Paralimpiese Spele wat deur die koningin geopen is. Die Spele van 1984, wat gesamentlik deur die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika aangebied is, is deur Prins Charles en Ronald Reagan geopen.
Die Olimpiese Somerspele 2012 is tussen 27 Julie en 12 Augustus in Londen gehou.
As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2012 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2012.[2] Londen is op 6 Julie 2005 in Singapoer deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2012. Ander kandidate was: Parys, New York, Madrid en Moskou. In die eerste ronde het Moskou uitgeval, in die tweede ronde New York, in die derde ronde Madrid, en uiteindelik ook Parys.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2012[3] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 | Rondte 4 | |
Londen | Verenigde Koninkryk | 22 | 27 | 39 | 54 | |
Parys | Frankryk | 21 | 25 | 33 | 50 | |
Madrid | Spanje | 20 | 32 | 31 | — | |
New York | Verenigde State | 19 | 16 | — | — | |
Moskou | Rusland | 15 | — | — | — |
20 verskillende sportsoorte is tydens die Paralimpiese Spele beoefen. Die sportsoorte is:
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is. Die amptelike program is reeds op 25 Augustus 2011 bekendgestel:[4]
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Augustus / September 2012 | 29 Wo |
30 Do |
31 Vr |
1 Sa |
2 So |
3 Ma |
4 Di |
5 Wo |
6 Do |
7 Vr |
8 Sa |
9 So |
Items |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
5-per-kant sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||
7-per-kant sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||
Atletiek | 11 | 17 | 20 | 17 | 21 | 20 | 21 | 16 | 23 | 4 | 170 | ||
Bankdruk | 2 | 3 | 3 | 3 | 3 | 3 | 3 | 20 | |||||
Boccia | ● | ● | 3 | ● | ● | ● | 4 | 7 | |||||
Boogskiet | ● | ● | ● | ● | 4 | 3 | 2 | 9 | |||||
Doelbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 2 | |||
Fietsry | 5 | 5 | 5 | 3 | 18 | 4 | 6 | 4 | 50 | ||||
Judo | 4 | 4 | 5 | 13 | |||||||||
Roei | ● | ● | 4 | 4 | |||||||||
Rolstoelbasketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||
Rolstoelrugby | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||||||
Rolstoelskerm | 4 | 4 | 2 | 1 | 1 | 12 | |||||||
Rolstoeltennis | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | 2 | 3 | 6 | ||||
Ruitersport | ● | ● | 2 | 3 | 2 | 4 | 11 | ||||||
Seil | ● | ● | ● | ● | ● | 3 | 3 | ||||||
Sitvlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||
Skyfskiet | 2 | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 2 | 12 | ||||
Swem | 15 | 15 | 15 | 14 | 14 | 15 | 15 | 15 | 15 | 15 | 148 | ||
Tafeltennis | ● | ● | ● | 11 | 10 | ● | ● | ● | 4 | 4 | 29 | ||
Totaal | 0 | 28 | 40 | 49 | 59 | 51 | 54 | 64 | 47 | 48 | 57 | 6 | 503 |
Kumulatief | 0 | 28 | 68 | 117 | 176 | 227 | 281 | 345 | 392 | 440 | 497 | 503 | |
Seremonies | OS | SS | |||||||||||
Augustus / September 2012 | 29 Wo |
30 Do |
31 Vr |
1 Sa |
2 So |
3 Ma |
4 Di |
5 Wo |
6 Do |
7 Vr |
8 Sa |
9 So |
Items |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
Tydens die vorige Paralimpiese Spele het Suid-Afrika 30 medaljes (21 goud, 3 silwer en 6 brons) ingepalm en in die sesde plek geëindig.
Oscar Pistorius het die Suid-Afrikaanse vlag tydens die openingseremonie ingedra.[5]
Suid-Afrika het 62 atlete na die Spele gestuur. Hulle eindig in die algehele agtiende plek met 29 medaljes. Hiervan is 8 goud-, 13 silwer en 9 bronsmedaljes.
|
|
Hier is die voorste tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het.
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Volksrepubliek China (CHN) | 284 | 95 | 71 | 65 | 231 |
2 | Rusland (RUS) | 181 | 36 | 38 | 28 | 102 |
3 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 294 | 34 | 43 | 43 | 120 |
4 | Oekraïne (UKR) | 150 | 32 | 24 | 28 | 84 |
5 | Australië (AUS) | 161 | 32 | 23 | 30 | 85 |
6 | Verenigde State (USA) | 223 | 31 | 29 | 38 | 98 |
7 | Brasilië (BRA) | 181 | 21 | 14 | 8 | 43 |
8 | Duitsland (GER) | 152 | 18 | 26 | 22 | 66 |
9 | Pole (POL) | 100 | 14 | 13 | 9 | 36 |
10 | Nederland (NED) | 91 | 10 | 10 | 19 | 39 |
18 | Suid-Afrika (RSA) | 62 | 8 | 12 | 9 | 29 |