Pous Konon
Pontifikaat begin 21 Oktober 686
Pontifikaat eindig 21 September 687
Voorganger Johannes V
Opvolger Sergius I
Gebore 630
Sisilië, Italië
Sterf 21 September 687
Rome, Italië

Konon was die 83ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie

Pous Konon is gebore as die seun van 'n offisier in die Trasiese regiment. Hy is opgevoed in Sisilië en tot priester gewy in Rome. Op 21 Oktober 686 volg hy Pous Johannes V op as kompromis-kandidaat en regeer tot sy dood op 21 September 687. Hy word opgevolg deur Pous Sergius I.

Pontifikaat

Voor sy verkiesing was daar tweespalt in Rome tussen die klerus en die militêre owerhede. Die militêre owerhede het ouderling Theodorus II tot pous verkies. Weens sy ouderdom, sy eerbiedwaardige voorkoms en sy eenvoudige karakter, is hy as kompromis-kandidaat deur beide faksies aanvaar en tot pous verkies. Hy is op 21 Oktober 686 in die amp bevestig na goedkeuring deur die eksarg van Ravenna verleen is.

Hy het die Ierse sendelinge, Sint Kilian en sy geselle ontvang en Kilian as biskop gewy en hom saam met sy geselle opdrag gegee om die Evangelie te verkondig in Frankonië. (Vita S. Kiliani, in Canisius, Lect. Antiquæ, III).

Hy was in die guns by keiser Justinianus II die hom in kennis gestel het dat die Handelinge van die Sesde Ekumeniese Konsilie teruggevind is en dat hy (die keiser) hom daartoe verbind. Justinianus het ook die belastingplig op verskeie pouslike gebiede verlig.

Die pous het nie belanggestel in wêreldlike sake nie en was baie siek, iets wat waarskynlik aan sy hoë ouderdom te wyte was. Dit het waarskynlik ook gelei tot die boere-opstand in Sisilië. Die pous het 'n diaken met die naam Konstantyn van die gemeente in Sirakuse, aangestel as opsiener van die pouslike besittings in Sisilië. Die hoë klerus van Sisilië was egter van mening dat die amp die Rektor van Sisilië toekom en wou nie Konstantyn aanvaar nie. Konstantyn het die boere uitgebuit en die boere het in opstand gekom. Die goewerneur van Sisilië het die Rektor gearresteer en uit Sisilië verban, wat 'n groot probleem vir die pous geskep het.

Daar word beweer dat hy vergiftig is.[1]

Bibliografie

Verwysings

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2004. Besoek op 18 Februarie 2004.

Eksterne skakels


Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Johannes V
Pous (Pontifex Maximus)
686687
Opgevolg deur
Sergius I