Pous Theodorus II
Pontifikaat begin November 897
Pontifikaat eindig Desember 897
Voorganger Romanus
Opvolger Johannes IX
Gebore 840
Konstantinopel
Sterf Desember 897
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Theodorus

Theodorus II was die 115de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie

Pous Theodorus II is in 840 gebore in Konstantinopel (Rome volgens BBKL en PTA), die seun van (Patriarg ?) Photius. Hy word priester gewy deur Pous Stefanus V. Sy broer Theotius was 'n biskop. In November 897 volg hy Pous Romanus op en regeer tot sy dood in Desember 897. Hy word opgevolg deur Pous Johannes IX. Die naam ‘Theodorus’ beteken 'gawe van God'.

Pontifikaat

Pous Theodorus II het slegs 20 dae regeer gedurende Desember 897. Hy het Pous Formosus gerehabiliteer en al die wydinge wat deur Formosus uitgevoer is weer geldig verklaar. Hy het die liggaam van Formosus wat in die Tiber-rivier gegooi is en by Porto weer uitgehaal is, laat herbegrawe in die Sint Pieterskerk.

Bibliografie

Eksterne skakels

Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
Catholic Encyclopedia (1913)/Pope Theodore II


Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Romanus
Pous (Pontifex Maximus)
897897
Opgevolg deur
Johannes IX