Maak vrede in Gaza, nie oorlog nie!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Argief
2004-06 2007 2008
2009 2010 2011
2012 2013 2014
2015 2016 2017
2018 2019 2020
2021 2022 2023
2024
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Besoekstatistiek[wysig bron]

Gemeenskap, hier is die nuutste besoekerstatistiek: Maandelikse besoeke Meer as 'n miljoen besoeke vir Februarie is nie te versmaai nie! Dit is net oor die 34 000 besoeke elke dag. Groete! Oesjaar (kontak) 05:27, 1 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

As julle wil, help asseblief met die vertaling van wikistats in Afrikaans. Ons kort ook proeflesing van die vertalings wat reeds gemaak is. Ek sien wikistats het bv. 'n Viëtnamese vertaling. Viëtnamees staan op die oomblik op 76% vertaald, en 85% geproeflees. Afrikaans is nou by 77% vertaald, en 0% geproeflees. Ek dink as ons die proefleespersentasie bo 50% of 75% kan kry, sal 'n Afrikaanse weergawe van wikistats mag verskyn. Ek kan dit nie alleen doen nie, 'n proeflesing tel nie as jy ook die oorspronklike vertaling gedoen het nie. - Rooiratel (kontak) 09:23, 1 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Rooiratel, ek het so bietjie gaan loer hier en 'n paar dinge vertaal en geproeflees. Maar van die dinge is moeilik indien jy nie 100% weet in watter verband dit gebruik word nie! Ek dink ons moet Gebruiker:Woordgenoot ook hier betrokke kry. Groete! Oesjaar (kontak) 14:27, 6 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Klink soos iets wat ons aandag moet geniet. Ek help graag waar ek kan. Groete Woordgenoot (kontak) 19:51, 10 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Oekraïense kulturele diplomasiemaand 2024: Ons is terug![wysig bron]

Dagsê, geagte Wikipediane!

Wikimedia Ukraine, in samewerking met die Ministerie van Buitelandse Sake van Oekraïne en die Oekraïense Instituut, is die vierde skryfuitdaging van die "Oekraïense kulturele diplomasiemaand" bekendgestel. Dit duur van 1 tot 31 Maart 2024. Die veldtog word opgedra aan bekende Oekraïense kunstenaars in rolprente, musiek, letterkunde, argitektuur, ontwerp en kulturele verskynsels van Oekraïne wat nou deel vorm van wêrelderfenis. Ons aanvaar bydraes in enige taal! Die mees aktiewe deelnemers sal pryse ontvang.

Ons nooi jou uit om deel te neem en ons te help om die dekking van die Oekraïense kultuur op Wikipedia in jou taal te verbeter! Ons beplan ook om 'n bannier op te rig wat gebruikers in kennis stel van die moontlikheid om aan so 'n uitdaging deel te neem! ValentynNefedov (WMUA) (talk)

Verslag van die U4C-handvesbekragtiging en U4C-oproep om kandidate nou beskikbaar[wysig bron]

Dagsê almal,

Ek skryf vandag vir julle met twee belangrike stukke inligting. Eerstens is die verslag van kommentaar op die Universele Gedragskoördineringskomitee se (U4C)-handvesbekragtiging nou beskikbaar. Tweedens is die oproep om kandidate vir die U4C nou oop tot 1 April 2024.

Die Universele Gedragskodekoördineringskomitee (U4C) is 'n wêreldgroep wat aan 'n billike en konsekwente implementering van die UCoC toegewy is. Gemeenskapslede word genooi om hul aansoeke vir die U4C in te dien. Vir meer inligting en die verantwoordelikhede van die U4C, stel ons voor dat julle die U4C-handves hersien.

Volgens die handves is daar 16 setels op die U4C: agt gemeenskap-in-die-breë-setels en agt streeksetels om te verseker dat die U4C die diversiteit van die beweging verteenwoordig. Lees meer en dien jou aansoek in op Meta-wiki.

Namens die UCoC-projekspan,

RamzyM (WMF) 16:25, 5 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

cite book, cite journal, cite news, cite web ...[wysig bron]

Hierdie sjablone het deesdae almal 'n Engelse opskriffie wat vertaal moet word as iemand weet hoe. As ek ((cite book ... gebruik, wys dit nou "cite book" ipv boekverwysing ..., "cite journal" moet miskien wees vaktydskrifverwysing, ens. By die reghoekige toep wat klankgrepe speel is daar ook "play" / "pause" wat aandag kort. JMK (kontak) 11:05, 6 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

@Rooiratel: en @Pynappel:, kan julle dalk 'n bietjie hier loer? Groete! Oesjaar (kontak) 11:16, 6 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Ag ja! Laat ons dit nog moeiliker gaan maak om al daai verwysings oor te neem by 'n vertaling... Dit gaan nuwe gebruikers nog beter afskrik! Gebruikersonvriendelikheid is die hoogste doel!Jcwf (kontak) 01:10, 7 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Ag prof Jaap, jy praat nou kak!  Aliwal2012 17:28, 10 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Dis Burgert Behr se verjaarsdag[wysig bron]

Geluk met jou verjaarsdag en dankie vir al jou harde werk, raad en geduld! Geniet jou dag! Groete! Oesjaar (kontak) 06:54, 7 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Geluk Burgert van my ook. Tussen Oesjaar, Burgert en Aliwal2012 se kort draadwerk kan ons 'n veldbrand veroorsaak! Rook jy nog? Nogmaals voorspoed maat.  Aliwal2012 08:35, 7 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Dankie, almal. ~ Burgert (kontak) 09:53, 7 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

F1 raamwerk 2024[wysig bron]

ter algemene insae oorgedra

Hoi Aliwal2012, ik heb net weer het raamwerk van de volgende Grand Prix (Saoedi-Arabië) verbeterd met kolommen op veel plekken weer gecentreerd en met vetgedrukte eerste kolommen bij de standen onderaan. Ook K1 107% ipv alleen 107%. Misschien kun je dit verbeterde raamwerk in je kladblok zetten voor als je de 2024 Australiese Grand Prix pagina gaat beginnen? Met vriendelijke groet, Balenda (kontak) 16:33, 7 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Okay Balenda -- Aliwal2012 12:19, 8 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Traveling-wave tube[wysig bron]

Gemeenskap, het iemand 'n woordeboek wat die monster kan vertaal? Groete! Oesjaar (kontak) 19:42, 8 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Dit kan dalk 'n Lopende golfbuis wees... Ag, hoekom het ek nie daardie dag in die klas opgelet nie... Groete! Oesjaar (kontak) 20:01, 8 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Ja, nl:lopende-golfbuis werk goed. Groete. 197.245.55.209 18:26, 10 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Loopgolfbuis, volgens die Fisikawoordeboek. ~ Burgert (kontak) 18:37, 10 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
My tegniese woordeboek gee ook "loopgolfbuis" - Rooiratel (kontak) 08:17, 11 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Terme vir bofbal[wysig bron]

Gemeenskap, die Amerikaners praat van second baseman in bofbal, wat sal dit in ons taal wees? Nooit gedog ek sal betrokke raak by die sport nie. Groete! Oesjaar (kontak) 13:36, 10 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Ook, wat noem jy iemand wat kolf (die bal slaan) in bofbal? Groete! Oesjaar (kontak) 13:38, 10 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Die tweede veldwerker en kolwer/bofbalspeler? Groete. Frank (kontak) 17:11, 10 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
In bofbal is daar vier bowwe. Die eerste, tweede en derde bowwe word deur spesifieke spelers verdedig – in Engels is hul name "first baseman", "second baseman" en "third baseman" (Sien en:Baseball positions). In Afrikaans stel ek dus voor "eerste bofman", "tweede bofman" en "derde bofman". Ek sou die woord "kolwer" vir "batter" geruik - dieselde as in krieket. Martinvl (kontak) 19:05, 10 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Ondersteun terme -- Aliwal2012 19:24, 10 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
In die goeie ou dae, toe Anoniem nog artikels soos bofbal geskryf het, het hy die term "slagman" gebruik. Aangesien die vier bases bowwe genoem word, is dit dalk die vier bofmanne. Groete. --  SpesBona 22:05, 11 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Telstar 1[wysig bron]

Gemeenskap, hierdie artikel is klaar. Kan 'n kundige my asb. help met die verwysings? Groete! Oesjaar (kontak) 05:25, 11 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Ek sal die verwysings reg maak. - Rooiratel (kontak) 08:18, 11 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Uitgevoer Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 08:28, 11 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Rooiratel dankie! Die goed maak my mal! Groete! Oesjaar (kontak) 09:02, 11 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Proeflees en taalverbetering uitgevoer. Groete -- Aliwal2012 06:42, 13 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Maleisië[wysig bron]

Kan iemand asb. die laaste wysiging op Maleisië bekyk? Dit lyk OK, maar ek is nie seker oor die inhoud wat die vervang het nie. Dit lyk as of dit eerder aan die onderkant aangeheg moes gewees het - Rooiratel (kontak) 09:58, 11 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Aflatoksien[wysig bron]

Aflatoksien is in die nuus, ons kort 'n artikel... Enige vrywilligers? Groete! Oesjaar (kontak) 12:48, 11 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Ons kort ook 'n artikel oor Alkali, 'n basiese begrip in chemie. JMK (kontak) 05:58, 13 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Wikimedia Foundation Board of Trustees 2024 Selection[wysig bron]

You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.

Dear all,

This year, the term of 4 (four) Community- and Affiliate-selected Trustees on the Wikimedia Foundation Board of Trustees will come to an end [1]. The Board invites the whole movement to participate in this year’s selection process and vote to fill those seats.

The Elections Committee will oversee this process with support from Foundation staff [2]. The Board Governance Committee created a Board Selection Working Group from Trustees who cannot be candidates in the 2024 community- and affiliate-selected trustee selection process composed of Dariusz Jemielniak, Nataliia Tymkiv, Esra'a Al Shafei, Kathy Collins, and Shani Evenstein Sigalov [3]. The group is tasked with providing Board oversight for the 2024 trustee selection process, and for keeping the Board informed. More details on the roles of the Elections Committee, Board, and staff are here [4].

Here are the key planned dates:

Learn more about the 2024 selection process - including the detailed timeline, the candidacy process, the campaign rules, and the voter eligibility criteria - on this Meta-wiki page, and make your plan.

Election Volunteers

Another way to be involved with the 2024 selection process is to be an Election Volunteer. Election Volunteers are a bridge between the Elections Committee and their respective community. They help ensure their community is represented and mobilize them to vote. Learn more about the program and how to join on this Meta-wiki page.

Best regards,

Dariusz Jemielniak (Governance Committee Chair, Board Selection Working Group)

[1] https://meta.wikimedia.org/wiki/Special:MyLanguage/Wikimedia_Foundation_elections/2021/Results#Elected

[2] https://foundation.wikimedia.org/wiki/Committee:Elections_Committee_Charter

[3] https://foundation.wikimedia.org/wiki/Minutes:2023-08-15#Governance_Committee

[4] https://meta.wikimedia.org/wiki/Wikimedia_Foundation_elections_committee/Roles

[5] Even though the ideal number is 12 candidates for 4 open seats, the shortlisting process will be triggered if there are more than 15 candidates because the 1-3 candidates that are removed might feel ostracized and it would be a lot of work for affiliates to carry out the shortlisting process to only eliminate 1-3 candidates from the candidate list.

MPossoupe_(WMF)19:56, 12 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Global ban proposal for Slowking4[wysig bron]

Hello. This is to notify the community that there is an ongoing global ban proposal for User:Slowking4 who has been active on this wiki. You are invited to participate at m:Requests for comment/Global ban for Slowking4 (2). Thank you. Seawolf35 (kontak) 22:22, 14 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Thanks for letting us know @Seawolf35. I checked their edits on our wiki, and all of them were just adding missing images to infoboxes in a non-disruptive way. - Rooiratel (kontak) 09:45, 15 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
@Rooiratel Thanks, global policy requires that even wikis where they have just 1 edit are notified. Seawolf35 (kontak) 12:37, 15 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Jou wiki sal binnekort oorskakel na die lees-alleen modus.[wysig bron]

Trizek (WMF), 00:00, 15 Maart 2024 (UTC)[antwoord]