Hierdie bladsy dien as 'n argief van ou besprekings. Moenie die inhoud van hierdie bladsy wysig nie. Indien u 'n nuwe bespreking wil begin, of by een van die oues hieronder wil aansluit, doen asseblief so voort op die huidige besprekingsblad.
Ensiklopedie van Suidelike Afrika
Gemeenskap, die boek se naam op die buite blad is ENSIKLOPEDIE VAN SUIDELIKE AFRIKA alles hoofletters. Wat is die taalreëls indien mens daarna verwys? Groete! Oesjaar (kontak) 10:40, 2 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
@K175: Jy het sopas ((Cite web)) na ((Siteer web)) geskuif. Ons het jou nie toestemming gegee om dit te doen nie. Ek dink persoonlik jy raak nou so irriterend met jou aanhoudende veranderinge aan sjablone dat jy geblokkeer sal moet word deur die gemeenskap wat die wikipedia se belange behartig! --Aliwal201213:04, 2 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
@Aliwal2012: ek het die titel van die sjabloon vertaal - ek glo nie dis 'n probleem nie? Of verwys jy na ((Webaanhaling)) wat ek verander het in 'n aanstuur na ((Siteer web)) Lg. wysiging is aangebring omdat ((Webaanhaling)) presies dieselfde werk doen as ((Siteer web)), behalwe vir die feit dat ((Siteer web)) se logika in 'n sentral module vervat word, naamlik Module:Citation/CS1, wat deur al die ander sitasiesjablone gebruik word. Dit maak myns insiens nie sin om die logika in elke sjabloon te dupliseer as hulle 'n enkele module kan deel nie. Jy kan nog steeds ((Cite web)) in jou artikels gebruik. Dit sal net nou die module gebruik in plaas van die handgemaakte logika wat in die sjabloon was. – K175 (skil 'n appeltjie) 13:48, 2 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek dink maar ons sal moet dringend 'n beleid soos op die Duitse Wikipedia instel. Dis nou tyd dat ander gebruikers die hoofouteur se uitleg respekteer en nie verander nie. Wikipedia is mos 'n gemeenskapsprojek. Vir sjablone wat in derduisende artikels gebruik word, moet 'n konsensus bereik word en vooraf met die gemeenskap gepraat word. Ons het net hierbo gevra om ((cite book)) nie te verander nie, maar nou is ((cite web)) verander. Groete. -- SpesBona22:11, 2 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek is glad nie tevrede met K175 se aksies nie! Hoekom dit enigsins verander as dit reg werk? Soos Burgert sê, skryf eerder nuwe artikels en los die sjablone soos dit is. Ek verstaan in elk geval nie jou vae redes hoekom goed kort-kort verander moet word nie! --Aliwal201210:18, 3 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
So maklik soos dit: Never change a running system. Hier kla nou vyf gebruikers, maar niks gebeur nie. @K175: – Herstel asseblief ((cite web)) en los vir die toekoms alle sjablone, wat in baie artikels gebruik word en al sedert jare werk, soos hulle nou is. As jy 'n ander sjabloon wil gebruik, is jy meer as welkom om een vir jou te skep. Maar los die gewone sjablone vir die res van die gemeenskap. Hierdie is 'n meerderheidsbesluit. Respekteer dit asseblief. Groete. -- SpesBona22:14, 3 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
En dit sal nog makliker wees as ons niks vertaal en net alles in Engels of wat ook al hou! :P Maar om die werklike probleem aan te spreek: @K175 ek het nie 'n probleem met jou veranderings nie, maar as jy groot veranderings maak aan sjablone wat op honderde of duisende bladsye gebruik word, dan moet jy eers tenminste vir almal laat weet voor die tyd! Dan kan ons dit bespreek en dan weet almal hoekom daar 'n verandering is. - Rooiratel (kontak) 09:54, 5 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Soos hier besluit is die sjablone terug op hul plek. Boonop stem ek saam met Martinvl, die Engelse Wikipedia het derduisende sjablone in hul artikels wat die vertalings van artikels net belemmer. Ek verkies 'n suiwer bronteks bo 'n ingewikkelde ding wat net slim lyk, maar baie ingewikkeld is. Ek verkies die Duitse beleid van 'n maklike teks vir nuwe gebruikers bo die Engelse s'n. Groete. -- SpesBona22:05, 24 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Uit die Nederlandse Wikipedia: "In de periode van de Republiek werden oorlogsschepen soms aangeduid met: 's Lands Schip of 's Lands Schip van Oorlog, hoewel daar waarschijnlijk geen officiële regels voor bestonden." Dis seker maar net 'n fregat. ~ Burgert(kontak)20:52, 4 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, vandag is my 12de verjaarsdag hier op ons Wikipedia! 6100+ artikels en 134 579 wysigings later! Dankie vir julle ondersteuning! Groete! Oesjaar (kontak) 04:27, 6 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Baie geluk Oesjaar! Ek het ook jou toekenning op jou gebruikersblad opdateer na grootmeester. Jy is een van min bydraers op die Afrikaanse wiki wat so ver kon vorder, dit moet werklik 'n eer vir jou wees! (en vir vroutjie wat jou die tyd gegun het :) ) --Aliwal201209:24, 6 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, hier is inligting insake die partytjie:
Dear all
As we are approaching Wikipedia’s 20th birthday, Wikimedia South Africa would like to invite you to join us in celebrating 20 years of humans around the world who make Wikipedia possible.
The event is taking place virtually on 15 January at 13:00 - 14: 00.
Click here learn more about our event.
Looking forward to your presence.
Join Zoom Meeting https://zoom.us/j/91927400671?pwd=d01UQmgyRDJEaUlEME9udlVSV3Q0UT09
Meeting ID: 919 2740 0671 Passcode: 860401
Ons verjaarsdag: 16 November 2021 - dan is ons 20 jaar jonk!
Gemeenskap, nou dat al die opgewondenheid oor die Ontkiemingskompetisie en Wikipedia (Groot Boet) se 20ste verjaarsdag verby is, is dit tyd dat ons praat oor ons verjaarsdag op 16 November. Eerstens, dit gaan 'n groot geleentheid wees indien ons dit kan vier saam met ons 100,000ste artikel. Om dit te bereik moet ons ±15 artikels per dag voltooi tot dan! Nie onmoontlik nie, dit laat my terugdink aan ons 10de verjaarsdag toe ons 20,000 artikels gejaag het! Ek vra julle almal se hulp hier, en asb. kwaliteit bo kwantiteit!
18 Januarie
Ons sal ook 'n bietjie moet werskaf aan die voorblad; plante en diere, en 'n paar ander, moet ordentlike Portale kry. Sien Sterrekunde, dit is Burgert Behr se handewerk! Ek kan bevestig dat Burgert gisteraand reeds Interessante brokkies deurgewerk het om hulle almal op dieselfde standaard te kry. Dankie en goed gedoen meneer, aftrede doen jou goed!
Ek sal elke aand so 'n gedagte of twee hier los vir die volgende paar aande oor werk wat voltooi moet word...
Op hierdie stadium moet ons 9.2 artikels per dag skep om die 100 000 mylpaal te haal. Dit is aansienlik beter as laasjaar toe die verlangde tempo 15 artikels per dag was! Dankie aan almal en hou so aan! Groete! Oesjaar (kontak) 05:30, 8 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Lelieagtiges, Solanales, Nastergal en Bulbinella barkerae
Gemeenskap, ek het vanaf Vrydag baie tyd gespandeer aan artikels oor plant spesies. Ek het Lelieagtiges versorg (spelling en swak Optiese Karakter-herkennings werk) en artikels geskep vir die meeste van die spesies waarna hulle in die artikel verwys. Die bron is 1982 dus moet die families waarna in die artikel verwys word, nagegaan word om te kyk of hulle nog relevant is. Ook 'n skeppping van Maroela Media.
Terwyl ek daarmee besig was, het ek opgelet dat Nastergal se inhoud nie sin maak maak nie. Na ondersoek het ek agtergekom dat Maroela Media (wie anders) die inligting oor die orde Solanales net aangeplak het aan nastergal. Ek dit verwyder en 'n nuwe artikel vir Solanales geskep. Maar weereens, die bron is 1982 en die verskille tussen ons artikel en die weergawe is op die Engelse blad is 'n nagmerrie!
Ek soek 'n bietjie hulp asb om die twee artikels reg te maak.... Die vertaling van plante is nie my sterk punt nie, ek verkies die tegniese goed!
'n Bietjie goeie nuus: Sien [1] Dit is verblydend om te sien dat die mense ons nog help! Ek het Prof van Wyk gevra om die verwarrende inligting om Bulbinella barkeriae P.L.Perry vs. Bulbinella barkerae P.L.Perry te verklaar. Sy antwoord is wonderlik!
Gemeenskap, Pretoria FM se Elsje van Jaarsveld gaan 'n 10 min onderhoud met my voer komende Sat 16 Jan. om 14:30 insake die 20ste verjaarsdag van Wikipedia. Ter inligting! Groete! Oesjaar (kontak) 19:25, 10 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Gawe onderhoud gewees, met goeie vrae (ek beny haar stem). ('n Jammerte oor onderstaande (ek was heeltyd op die hete kole)). Ek sal later die vrae bywerk. Dankie aan Kanaal 887 op DStv Oudio. Suidpunt (kontak) 13:30, 16 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
RSS Reader (1.7.9) en vergemakliking van patrollering
.
Waarom ek hierdie toepassing ophaal, die een geskryf deur Svyatoslav Vasilev en andere vir Android, is omdat ek nou veral dink aan ons gebruikers soos Oom Gert wat maar sukkel met die datatjies en Oesjaar wat, veral destyds, immer in Bewegung was.
Wat doen mens eerste as jy by Wikipedia aankom? Heel waarskynlik, as jy nog nie 'n boekmerk het nie, gaan jy eers by die Tuisblad aankom en oorskakel na Onlangse wysigings. Ekskuus, jy moes eers ingeteken het. Geluk, 'n hele dag se asemrowende werk wag op jou.
En nou, as jy nie elke liewe skakel of onlangse wysiging in 'n nuwe oortjie (tab) oopmaak nie, gaan die volgende gebeur, as jy nog besonder dom is soos ek:
1. Jy klik op die artikelskakel.
2. Jy wag vir die hele artikel om te laai, wat enigiets tussen 5 kilogreep tot 1 megagreep groot is. Afhangend ook hoe lus die internetdiensteverskaffer is, kan dit enigiets tussen 15 sekondes tot 5 minute duur.
3. Nou moet nog jou muis stuur na "Wys geskiedenis". En daarop klik.
4. Nou verskyn "weergawegeskiedenis" voor jou. Klik op die kolletjies wat die verskillende datums uitwys en klik "Vergelyk gekose weergawes"
5. En nou het jy die verskillende wysigings gevind.
6. Terug na onlangse wysigings vir die volgende artikel. Mis, eet, slaap, herhaaaaal.
Dis die omslagtigste metode denkbaar.
As jy 'n bietjie slimmer is, gaan jy na die Onlangse wysigings, regsklik op "verskil" langs elke wysigings en vra dat dit in 'n nuwe oortjie oopgemaak moet word. Maar nog duur dit te lank as jy later met 34 tot 150 oortjies sit wat jy nog elkeen moet deurwerk.
Onlangs het ek hierdie toepassing op my foon afgelaai. By die horisontale toebroodjiestrepies linksbo klik jy daar en voeg die volgende adres toe:
Dis die adres van daardie Atom-simbool onder "Gereedskap" op die Onlangse Wysigings-blad.
Wat nou gebeur: elke wysiging word afgelaai op jou foon, na 'n paar minute, as jy die krulpyltjie regsbo klik. Dit hang van jou af of jy alles as "gelees" wil merk (daardie opsie kry jy by die adres) en dan wil uitvee (daardie opsie kry jy by die drie stippelpunte bo-op mekaar).
Sodra jy die eerste inskrywing oopmaak, dan sleep jy met jou vinger gewoon na die volgende of vorige "boodskap" toe. Jy blaai letterlik deur die onlangse wysigings soos deur 'n boek.
Dit het sy voordele en sy nadele.
Voordele:
1. Die hoeveelheid tyd word aansienlik verminder. Die hoeveelheid "geklik" verminder drasties.
2. Geen onnodige data met prentjies word afgelaai nie, want dit is suiwer Wikikode. As jy in die normale websnuffelaar op "verskil" sal tik, word die hele sous eers gelaai: prentjies, verskillende tale, en 'n magdom onnodige skakels wat jy nie nou nodig het nie.
3. Dit staan jou vry om, nadat jy die veranderinge gesien het, met die drie stippeltjies die volledige artikel te bekyk soos dit werklik lyk.
4. Jy kan besluit of jy die lys veranderinge outomaties wil aflaai, sê nou maar elke 6 of 24 uur. Die toepassing laat weet jou wat die veranderinge is. Jy kan ook kies of hierdie aflaai deur middel van slegs Wi-Fi moet geskied, of nie.
5. Jy weet nie altyd wie die veranderinge aangebring het nie. Dis eintlik goed so, want selfs ons grootste voorbladskrywers maak soms nalatige foute. Ons is gans te geneig om die anonieme bydraers eerste aan te val.
Nadele:
1. Jy kan geen veranderinge deur middel van die toepassing aanbring nie. Jy lees dit slegs. Jy moet maar onthou wie die moeilikheid waar gemaak het.
2. Ek sal dit nie aanbeveel met die Duitse of Franse Wikipedia nie, nog minder met die Engelse Wikipedia.
Onsekerheid:
1. Ek is nie seker of die toepassing beter op 'n selfoon werk as op 'n tablet nie. Op 'n kleiner skerm sleep dit wel makliker.
Hello. A policy regarding the removal of "advanced rights" (administrator, bureaucrat, interface administrator, etc.) was adopted by global community consensus in 2013. According to this policy, the stewards are reviewing administrators' activity on all Wikimedia Foundation wikis with no inactivity policy. To the best of our knowledge, your wiki does not have a formal process for removing "advanced rights" from inactive accounts. This means that the stewards will take care of this according to the admin activity review.
We have determined that the following users meet the inactivity criteria (no edits and no logged actions for more than 2 years):
BenBezuidenhout (administrator)
RAM (interface administrator)
These users will receive a notification soon, asking them to start a community discussion if they want to retain some or all of their rights. If the users do not respond, then their advanced rights will be removed by the stewards.
However, if you as a community would like to create your own activity review process superseding the global one, want to make another decision about these inactive rights holders, or already have a policy that we missed, then please notify the stewards on Meta-Wiki so that we know not to proceed with the rights review on your wiki. Thanks, علاء (kontak) 15:24, 12 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek sien in die artikel Covid-19-pandemie ons skryf KOVIS-19 en Kovis-19. In die artikel Covid-19-pandemie in Suid-Afrika skryf ons Covid-19. Daar is sover ek weet net een erkende afkorting, en dit is covid-19. Hoewel die meeste media van Covid-19 praat, moet dit eintlik volgens reël 9.24 van die AWS met ’n kleinletter gespel word, omdat die siekte se volle naam kleinletters is: corona virus disease. Dit is bevestig met iemand wat aan die huidige AWS gewerk het. Hoofletters word in sulke gevalle net by uitsondering gebruik, soos in BTW. Daar is glad nie ’n erkende afkorting soos KOVIS of Kovis nie. ~ Burgert(kontak)13:29, 13 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek verstaan dat "KOVIS" nie "erken" is nie, maar hoe kan dit korrek wees om afkortings van Engelse woorde te maak, en dan sê dat dit korrekte Afrikaans is? - Rooiratel (kontak) 10:31, 14 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
OK, ek praat nou nie oor hoof- of kleinletters nie. Hoekom is "vigs" in plaas van "aids" korrek, maar "kovis" in plaas van "covid" nie? En ek sien op vigs is daar geskryf MIV en nie HIV nie. Hoekom? Rooiratel (kontak) 11:43, 14 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Nee, ek het ook al die vraag gevra, maar geen antwoord gekry nie. Ek vermoed die taalghoeroes begin wegbly van die vertaling van siektes, om belaglike name soos "ears" te vermy. Of anders is hulle nie meer so vinnig of so voorskriftelik soos voorheen nie. ~ Burgert(kontak)15:00, 14 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Vader help ons taal. As die mense alles in Engels wil skryf, dan hoekom werk hulle nie eerder vir die Oxford woordeboek nie? Ek het geen respek vir sulke mense... Rooiratel (kontak) 15:09, 14 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Covid gaan altyd as kouwid uitgespreek word, soos RSG dit oor en oor doen, maar kovis hopelik nie as kouvis nie, daarom eerder lg., kovis, na my mening. JMK (kontak) 12:33, 25 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
@JMK: Laat RSG maar weet as hulle iets verkeerd uitspreek. Hulle reageer op e-posse, ek kan dit bevestig (2/2). Wat die uitspraak van Duitse politici (Ursula von der Leyen) of landsname soos Poland en Estonië betref, was ek al op die punt om hulle te laat weet, maar ja. Diesselfde nou met vaksien pleks van entstof. Groete. -- SpesBona20:29, 8 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, kan iemand asb help en 'n sjabloon skep genaamd: Genommerde roetes in die Oos-Kaap geskoei op ((Genommerde roetes in die Wes-Kaap))? Ek sal sal die data bywerk, ek soek net die sjabloon. Groete! Oesjaar (kontak) 14:33, 15 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Die vroegste gebruikers wat ek kry, is in April 2004 - mense soos RAM, Alias en ene TeunSpaans. Kyk na die eerste inskrywings vir Geselshoekie. Ek sal nog soek. Ook in Desember 2003 Greenman, Jcwf en Brion VIBBER. Laasgenoemde was die eerste geregistreerde gebruiker volgens Spesiaal:Gebruikerslys, maar dit was eers in 2003. ~ Burgert(kontak)07:56, 16 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Die eerste Afrikaanse artikel is blykbaar reeds in November 2001 geskep. Teen 2004 is was daar reeds meer as 1000 artikels. Jcwf het eers in 2003 aangesluit en Alias, RAM en TeunSpaans in 2004. Dus dink ek nie ons kan met sekerheid sê wie die eerste artikels geskep het nie. Groete. Frank (kontak) 15:14, 16 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Frank, ek wonder nou hieroor: dit lyk my die grootste ironie is juis dat hy dié blad eerste geskep het: "Wikipedia:Hoe om ’n nuwe bladsy te skep" (maak seker logies sin!), en dit was op 16 November 22:56 SAST. Dit wil ook lyk of hy Hindoeïsme voor Godsdiens geskep het.Suidpunt (kontak) 20:54, 16 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
"Wikipedia:Hoe om ’n nuwe bladsy te skep" is nie regtig 'n artikel nie, so mens kan dit seker ignoreer, maar dit lyk tog of Hindoeïsme voor Godsdiens geskep is. Ek dink die teenstrydigheid is te wyte aan die feit dat die rugsteun nie geskiedenis bevat nie, en iemand dit teen daai tyd reeds gewysig het. Groete. Frank (kontak) 21:15, 16 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Dankie Greenman, dit strook geheel en al met Clasqm se bydraelys. Ek dink daar kan nou onomwonde gesê word daar was slegs één bydraer die eerste vyf dae van die Afrikaanse Wikipedia bedrywig (op 16, 17, 18, 19, 20 November 2001).Suidpunt (kontak) 05:33, 17 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: Daar is defnitief 'n Wikipedia-toep op die Android Playstore en ek dink ook op die Apple istore? Nadat jy dit afgelaai het, kan jy dit instel op watter taalweergawe(s) van Wikipedia jy verkies. Ek het die toep op my Samsung selfoon en ek het dit op beide die Afrikaanse/Engelse Wikipedias ingestel. Dit werk baie goed. Groete, Lefcentreright (kontak) 16:35, 16 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, kan 'n slim persoon asb help om bogenoemde twee brokkies te skep:'
...dat die eerste artikel op die Afrikaanse Wikipedia, Hindoeïsme, op 16 November 2001 geskep is?
...dat die nedersetting Darlington deur die Darlingtondam bedek word?
Is 'n "turf war" 'n "turfoorlog" in Afrikaans soos google translate dit weergee? Dié is nou 'n oorlog om beheer van 'n sekere gebied of roete tussen opponerende bendes. Ek sien dat dit in Nederlands en Duits 'n grasperkoorlog genoem word, wat nie in Afrikaans sal deug nie. En wat noem mens die "wet market" waar die corona-virus vermoedelik ontstaan het? In Nederlands en Duits is dit die ekwivalent van 'n "natmark", maar ek is nie seker of dit in Afrikaans ook so is nie. Iemand kan dalk vir ons 'n artikel daaroor skryf want ek weet ook nie wat presies hier ter sprake is nie. JMK (kontak) 07:18, 18 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
"Ek sou sê 'n turf war is 'n gebiedsoorlog, of 'n oorlog om 'n sekere gebied. 'n "Nat mark" is 'n mark waar lewende diere verkoop word en dan daar geslag word vir die klant. ~ Burgert(kontak)09:19, 18 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Iewers in Benzin im Blut die volgende woorde ('n straatwedren à la Need for Speed):
Ich cruise hier durch meine City
Überhole Schickimicki
Reiche Sönchen, du bist Schnösel
Ich bin Prolo, ich bin Pöbel
Ich hab' meine Crew dabei
Und hab' einen Fuß aus Blei
Ich hab' kein Respekt vor dir
Denn das ist mein Revier
En toe dag ek... klink Revierkrieg nie dalk beter nie? En dit is toe ook die korrekte woord! Daardie "grasperkoorlog"-ding is 'n afskuwelike vertaling, en slaan boonop die bal heeltemal mis. Gooi hom subiet weg. Ek verkies ook gebiedsoorlog. Of, vir die digterlikheid, "bloedbad op die swartmark" (as daar handelware en strooitjiepoeier by betrokke is).
Oor daardie "natmark"... Verstaan ek nou reg? Sluit dit ook in om die kalf sommer so van sy ma af weg te ruk en op straat keelaf te sny? Sommer so, al fresco, langs die verlepte koolblare op die sypaadjie? Die vleis bulk sommer nog vrolik van die varsheid? (Sal die gesondheidsinspekteur ook beaam). Die honde, vlieë en Bennie Brommer koek so al om die vars bloed wat van die randsteen af drup? 'n Mikrokosmos in die kleine? Dan noem ek dit gewoon 'n straatslagter, as onderafdeling. Die Hollanders ken "straatslagerij". Suidpunt (kontak) 12:38, 18 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Baie dankie aan ons agt dapper skrywers wat hier bydraes gelewer het. 'n 110 artikels is ontkiem met ten minste 5 000 grepe, dus 'n totaal van minstens 550 000 grepe! Dit maak 'n wesentlike verskil. Ek sal werk maak om die top vier se geskenk bewyse aangestuur te kry. Stuur asb julle pos/woon adresse (julle keuse) vir my op 082 320 8878. Groete! Oesjaar (kontak) 07:19, 18 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Ons verjaarsdag: 16 November 2021 - dan is ons 20 jaar jonk!
Gemeenskap, nou dat al die opgewondenheid oor die Ontkiemingskompetisie en Wikipedia (Groot Boet) se 20ste verjaarsdag verby is, is dit tyd dat ons praat oor ons verjaarsdag op 16 November. Eerstens, dit gaan 'n groot geleentheid wees indien ons dit kan vier saam met ons 100,000ste artikel. Om dit te bereik moet ons ±15 artikels per dag voltooi tot dan! Nie onmoontlik nie, dit laat my terugdink aan ons 10de verjaarsdag toe ons 20,000 artikels gejaag het! Ek vra julle almal se hulp hier, en asb. kwaliteit bo kwantiteit!
18 Januarie
Ons sal ook 'n bietjie moet werskaf aan die voorblad; plante en diere, en 'n paar ander, moet ordentlike Portale kry. Sien Sterrekunde, dit is Burgert Behr se handewerk! Ek kan bevestig dat Burgert gisteraand reeds Interessante brokkies deurgewerk het om hulle almal op dieselfde standaard te kry. Dankie en goed gedoen meneer, aftrede doen jou goed!
Ek sal elke aand so 'n gedagte of twee hier los vir die volgende paar aande oor werk wat voltooi moet word...
Universal Code of Conduct enforcement consultations
Dear all,
you may know me under my Wikimedia username – Nadzik. I came here last year to contribute to your project as well as I can. I am sorry for writing to you in English, but this will make the message more understandable, than using an automatic translator. Feel free to translate my post!
The UCoC is intended to serve as a document that will incorporate the basic standards of behaviour in order to standardize them across all Wikimedia projects. It aims to include a list of inappropriate behaviours that will not be accepted in our projects, and also takes care of the safety of all users.
It is also intended to provide a common ground in those communities that do not have their own specific regulations and rules on this subject. It will widely help smaller and younger projects that have not yet had the opportunity to write down their own rules related to the inappropriate behaviour of their contributors.
Consultations carried out in 2019 and in the first half of 2020 allowed for the preparation of a preliminary proposal of rules, however, there are still no provisions related to the implementation of the UCoC. To this end consultations started in many Wikimedia project communities.
How will the consultations work?
In January and February 2021, nine language facilitators from the Wikimedia Foundation will engage in a series of consultations with different language communities (including Wikidata and Commons user communities). I've also asked to be allowed consulting with the Afrikaans community, as I've had the pleasure to work with some of you before. In the coming weeks, we will have the opportunity to talk together about your views, visions and ideas for implementation in connection with the introduction of UCoC .
The goal of the Wikimedia Foundation is to obtain information from various communities, and only on the basis of the currently conducted consultations, our team will prepare and present reports and various possibilities of implementing UCoC into force. I encourage everyone to share their opinion with me and with other members of our community. Starting in February, some of you may also be contacted by a dedicated affiliate outreach or user group outreach.
How to participate?
Feel free to express your opinion in the most convenient way for you. To enable everyone willing to participate in consultations, they will be conducted in several ways:
Additionally, in the coming days, an anonymous poll will be launched for community members who would like to privately convey their feelings about the UCoC, as well as the spheres surrounding it (the state of the rules in our projects, unwanted situations and other developments you are willing to discuss).
I also invite you to visit FAQ-page, that already has answers to most frequently asked questions.
@MNadzikiewicz (WMF): Hi, Are the participation routes that you mentioned aimed mainly at those who prefer using Afrikaans or are they also aimed at those who are happy to use English? Most of our members are competent in both languages. Martinvl (kontak) 21:39, 22 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Martinvl Unfortunately I am not fluent in Afrikaans. If you would choose to write me in Afrikaans I would use google translate and ask you if anything is not clear to me. If you would be kind enough to write your answer in English, that would save us time and any possible misunderstandings from my side of the discussion. MNadzikiewicz (WMF) (kontak) 11:46, 24 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
H.S. van Jaarsveld
Ek sien verwysings na hierdie man oral, maar ons het nie 'n bladsy vir hom nie. Daar is ook baie verwysings na hom op die Engelse Wikipedia, maar hulle het ook nie 'n bladsy oor hom nie. Ek het ook op die internet gesoek vir bronne, maar ek kon niks vind nie. Al wat ek weet is dat hy 'n paar GKSA kerke gestig het in Suid-Afrika/Namibië/Angola. Kan iemand dalk bronne vind oor hierdie man? @Morne: jy sal seker beter doen as ek. - Rooiratel (kontak) 11:56, 22 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Dankie. Ek voel 'n klein bietjie beter.... Snaaks die maatskappy is gestig in die jaar van die grootgriep. Ek wonder wat ons hierdie jaar gaan sien... Groete! Oesjaar (kontak) 09:43, 27 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
This is the announcement for the Project Grants program open call that started on January 11, with the submission deadline of February 10, 2021. This first open call will be focussed on Community Organizing proposals. A second open call focused on research and software proposals is scheduled from February 15 with a submission deadline of March 16, 2021.
For the Round 1 open call, we invite you to propose grant applications that fall under community development and organizing (offline and online) categories. Project Grant funds are available to support individuals, groups, and organizations to implement new experiments and proven ideas, from organizing a better process on your wiki, coordinating a campaign or editathon series to providing other support for community building. We offer the following resources to help you plan your project and complete a grant proposal:
Weekly proposals clinics via Zoom during the Open Call. Join us for #Upcoming_Proposal_Clinics|real-time discussions with Program Officers and select thematic experts and get live feedback about your Project Grants proposal. We’ll answer questions and help you make your proposal better. We also offer these support pages to help you build your proposal:
Program officers are also available to offer individualized proposal support upon request. Contact us if you would like feedback or more information.
We are excited to see your grant ideas that will support our community and make an impact on the future of Wikimedia projects. Put your idea into motion, and submit your proposal by February 10, 2021!
Please feel free to get in touch with questions about getting started with your grant application, or about serving on the Project Grants Committee. Contact us at projectgrantsSjabloon:Atwikimedia.org. Please help us translate this message to your local language. MediaWiki message delivery (kontak) 08:01, 28 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Ericas
Dagsê almal. Oesjaar wou al van laasjaar af hê dat iemand outomaties bladsye skep vir al die Erica spesies. Ek het uiteindelik tyd gekry om dit te doen. Ek het van gister af toetse geloop waar ek een of twee skep, om te sien waar ek dit kan verbeter. Ek het nou al die foute uitgewerk, en Oesjaar is tevrede met die resultate. Ek skryf hierdie boodskap om julle in kennis te stel dat ek nou 50 artikels gaan skep as die volgende stap in hierdie proses. Die artikels wat ek skep is net 'n raamwerk vir Oesjaar om later uit te brei. Die doel is om al die eentonige en herhalende werk by die skep van hierdie bladsye te verminder. My kode koppel die bladsye outomaties met wikidata, maar wikipedia vat gewoonlik 'n lang tyd voordat dit besef dat dit gekoppel is. So julle sal seker nie die taksonbalk of taalskakels sien vir party van die bladsye nie. Maar as u ?action=purge aan die einde van die URL byvoeg en Enter druk, dan sal dit die bladsy verfris en die taalskakels sal verskyn. - Rooiratel (kontak) 12:58, 28 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Dankie Burgert en Aliwal. Ek sal van nou af die Titel so skryf. Ek het nie 'n bron of databank nie. Dit is net 'n baie basiese bladsy met 'n generies een lyn inleiding, taksoboks, en skakel na 'n sanbi bladsy oor die genus as 'n bron. Dit dien net as 'n basis vir Oesjaar om op te werk, om dit makliker vir hom te maak. Die lys wat ek gebruik vir al die spesie name is hier. Groete. Rooiratel (kontak) 05:52, 29 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Goeie naand, almal. Ek is baie ontevrede oor die gehalte/kwaliteit van artikels in Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika. Ek meen, kom ons kyk na Tsepo Mhlongo se artikel. Dit sê net: "Tsepo Mhlongo is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die DA." Dit sê nie wat hy voor sy parlementsloopbaan gedoen het nie, op watter datum hy as 'n parlementslid inhehuldig is nie, of wat hy in die parlement doen nie. Sy artikel herinner my aan die Engelse gesegde: "Meat on the bone". Daar is net mooi niks "meat on the bone" op sy artikel nie. Kyk net na die Engelse weergawe van sy artikel (en:Tsepo Mhlongo; wat ek geskryf het).
Daar is honderde en honderde van hierdie saadjies wat sulke min (geen) inligting bevat. Ek sou almal aangepak het, maar ek het nie die geduld/tyd om dit te doen nie. Wat gaan ons as die gemeenskap daaraan doen, want die artikels help niemand nie? Kan ons miskien 'n Skryfweek-tipe ontkiemingskompetisie hou, of miskien hulle almal skrap? Ek verstaan meeste van julle hou nie van politiek nie. Ek is ook nie anti-saadjies nie. Ek hou van saadjies, maar hierdie ekstreme saadjies in die kategorie help weereens niemand nie. Groete! Lefcentreright (kontak) 22:02, 28 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek stem 100% saam. Van die name hoor ek elke dag op RSG en ek sit in Duitsland. Vir die Duitstalige Wikipedia het ons 'n jaar gelede 'n Bundestagsprojekt gedoen en parlementslede ontmoet, prente geneem en met die politikus aan die artikels geskaaf en waar nodig, hersien. Politieke inmenging was natuurlik verbode. Van hulle het dit natuurlik probeer, veral die een verregse party. Ek stel belang in politiek, maar ek verpes sulke artikels sonder inhoud. Wat is die verskil tussen dit en 'n rooi skakel? Wat my betref, sal ek net min kan doen, want ek wil nie mense omkrap deur twak in hul artikels weens onkennis te skryf nie. Groete. -- SpesBona22:15, 28 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek dink ook die artikels oor Suid-Afrikaanse politici is maar skraal, meeste het nie eens 'n geboortedatum nie. Persoonlik skryf ek nie politieke artikels nie. Myns insiens, mense wat nog lewe verdien nie 'n artikel nie, maar dié geveg sal ek nie wen nie. Plaas enige artikel waarmee julle nie gelukkkig is nie in Bladsyverwyderig. Groete! Oesjaar (kontak) 06:04, 29 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek sal werklik graag wil help om saadjies uit te brei, bv. ten minste met 'n geboortedatum. @Lefcentreright: kan ons nie maar daardie gov-verkiesingslyste raadpleeg wat hul ID-nrs op gehad het nie? Andersins is "People's Assembly" ook maar onbeduidend as inligtingsbron! Groete, --Aliwal201210:39, 29 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Dankie hiervoor! Die uwe het die afgelope 30 uur die pen (of is dit swaard?) opgeneem en onder 'n klomp DA-parlementslede se artikels ingeklim. Geb. datums en ook 'n paar teenstrydighede versus die Engelse artikels reggemaak. Maar soos Oesjaar sê, dis soos om 'n woordeboek te lees...die storielyn raak baie voorspelbaar! --Aliwal201212:51, 31 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Onverwags het ek vandag weer 'n toevallige bydrae gelewer tot RSG se program (nadat reeds twee van my e-posse in die verlede voorgelees is). Vandag het Jodie Hendricks die inleiding van ons artikel krieket voorgelees, wat gedeeltelik deur my geskryf is. Baie interessant! Groete. -- SpesBona19:20, 30 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
@SpesBona: Wikipedia is een ongelooflike ding. Ek meen, jy weet mos nou van Xiaomei Havard, die Chinese vrou wat as 'n lid van die Nasionale Vergadering ingehuldig is. Ek het Woensdag toe sy ingehuldig is, gou vinnig die aand 'n artikel oor haar daar op die Engelse Wikipedia geskep. Die volgende dag het ek veral op Twitter en Facebook gesien hoe mense "screenshots" van die artikel plaas en dit dan bespreek. Lefcentreright (kontak) 19:46, 30 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
Goed gedoen julle twee. Ek het vanoggend aan Deon Meyer se nuwe boek begin lees en voor in die boek begin hy met 'n aanhaling en die bron: Wikipedia! @SpesBona:, laat weet asb as jy weer e-pos stuur ens, dit is lekker vir die gemeenskap om na sulke dinge te luister. Groete! Oesjaar (kontak) 11:30, 31 Januarie 2021 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: Ek sal so maak. Die twee e-posse was egter spontaan, aangesien ek elke dag op RSG inskakel. Ek kan die onderwerpe nie meer onthou nie, maar dit was nie Wikipedia nie, alhoewel ek daarna verwys het (dat ek onder andere hier betrokke is). Groete. -- SpesBona20:24, 8 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
New Wikipedia Library Collections Available Now (February 2021)
PNAS – Official journal of the National Academy of Sciences
EBSCO – New Arabic and Spanish language databases added
We have a wide array of other collections available, and a significant number now no longer require individual applications to access! Read more in our blog post.
Do better research and help expand the use of high quality references across Wikipedia projects!
Dankie, ek sal beslis van EBSCO gebruik maak. Ek het op 6 Desember 2020 aansoek gedoen om toegang tot Sabinet te kry, maar dit lyk my ons vier nog Kersfees, al tokkel die mandolien-minnaars reeds oor Valentynsdag. Geen kommer, ek sal vanaand nog met my bibliotekaresse praat - dis hoegenaamd nie haar skuld nie, maar ek het my vermoedens daar skeel iets in Suid-Afrika.Suidpunt (kontak) 16:20, 1 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Tegniese woordeboeke
Ek het nogal moeite met 'n paar tegniese woorde uit die Duits gehad toe ek Strandbeest vertaal het; nie eens my tweetalige Van Dale-woordeboeke kon my help nie. Gelukkig het ek geholpe geraak met die internet.
Ek sluit graag hier twee woordeboeke in wat enigeen na hartelus kan aflaai. Ons het slegs Lys van Afrikaanse vakwoordeboeke en terminologielyste, maar ongelukkig nêrens 'n plekkie vir buitelandse tegniese woordeboeke nie. Dit vind ek jammer. Maar hier is hulle nou:
Ek en Gebruiker:Sobaka het so bietjie buite die Wikipedia-omgewing gekommunikeer en een ding besef: Ons (ek, jy, julle...) is die laaste geslag wat Afrikaanse tegniese artikels kan skryf omrede die meeste van ons ons opleiding in instansies soos Telkom, Transtel, Eskom ens in Afrikaans gedoen het. In my Honneurs-jaar het RAU ook oorgeslaan na Engels. Hef aan manne! Groete! Oesjaar (kontak) 19:45, 4 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: Ek vermoed daar is ook nie tegniese opleiding in Xhosa, Zoeloe, ens. nie. Ek dink maar die voorkeur aan Engels is teen nadeel van al die ander Suid-Afrikaanse tale. Net soos Frans of Spaans in ander Afrikalande. Groete. -- SpesBona22:00, 4 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Terwyl jy nou by die Engelse is, Gebruiker:Oesjaar, wonder ek of julle hardebaarde in die Afrikaanse fabriek dalk enige raad het oor hoe om by Engelse Wikipedia se legioene der legioene polisiemanne verby te kom. Ekskuus dat ek vra, want die Engelse monster is mos nie jul bybie nie, maar 'n ou weet naderhand nie meer herwaarts of derwaarts met hulle nie. 'n Tyd gelede het ek 'n artikel oor die joernalistieke prof. Arnold (Arrie) de Beer in Afrikaans geplaas en toe maar skoorvoetend die Engelse een ook aangepak, want die prof is ook internasionaal bekend, met lyste publikasies wat 'n mens eenvoudig verstom. Moes my neerlê by die Engelse Wikipedia-"editors" se aandrang op verwysings anders as wat die Universiteit van Stellenbosch self verskaf (asof die geëerde ou instansie nou rede sou hê om te jok). Maar nou, ja, uiteindelik is die artikel so vol voetnotas en goed dat ek regtig nie dink enigiemand sou nog beswaar kon hê oor te min verwysings nie. Maar nou hang hy net stil-stil daar rond in die Draft-legger en wag op beter dae en iemand se goedkeuring. Hul lys Draft-artikels word al hoe langer -- nou al oor die vierduisend -- en hulle sê hulle werk dit weg in geen spesifieke volgorde nie. Ou mense soos ek aan die ander kant van tagtig weet eenvoudig nie of ons die jare (?) gespaar gaan bly om publikasie te beleef nie. Die Draft is by: https://en.wikipedia.org/wiki/Draft:Arnold_S_de_Beer. Mooi groete en dankie! Mieliestronk (kontak) 11:02, 7 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Hulle is reg, die rooinekke. Die oom de Beer het sy CV by Stellenbosch ingedien en dié word nou bronne. En oom de Beer het elke ou dingetjie waaraan hy deelgeneem het, of aangesluit het, of as komiteelid gedien het, getrou opgeskryf en deurgegee. Behalwe natuurlik dat hy niks vertel van sy 1977 aansluiting by die Gebroedertebond nie,[1] so ek weet ook nie hoeveel ek op sy CV-lys kan staatmaak nie. Het nie tyd om sy CV deeglik deur te werk nie, maar kyk bv. na die volgende: "Hy [lees "ek"] was die eerste Afrikaanssprekende lid van die internasionale raad van die International Association for Media and Communication Research (IAMCR) en hoof van die IAMCR se internasionale navorsingsafdeling." Nouja, as ek aansluit by 'n internasionale organisasie gaan ek ook miskien die eerste Afrikaanse lid wees. En hy was hoof van die "internasionale navorsingsafdeling", sonder bron. Nou hoe lank was dit, en watse navorsing is gedoen waarvan ons moet kennis neem? Of was hy dalk "interim head"?[4] Sal nie weet nie, maar ek dink sy eie land het nie eers van hom kennis geneem nie. Dis nou wat gebeur as jy jou kosbare tyd mors op daai broedervergaderings. JMK (kontak) 23:30, 7 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
↑Wilkins, Ivor; Strydom, Hans; du Preez, Max (2012). The Super-Afrikaners: Inside the Afrikaner Broederbond. Johannesburg: Jonathan Ball Publishers SA. p. A22. ISBN978-1-86842-535-8.
You are humbly invited to participate in the Wiki Loves Folklore 2021 an international photography contest organized on Wikimedia Commons to document folklore and intangible cultural heritage from different regions, including, folk creative activities and many more. It is held every year from the 1st till the 28th of February.
You can help in enriching the folklore documentation on Commons from your region by taking photos, audios, videos, and submitting them in this commons contest.
Please support us in translating the project page and a banner message to help us spread the word in your native language.
Interessant genoeg beskryf ons op die Duitstalige Wikipedia dié onderwerp onder de:Rivier, aangesien Duitstalige Namibiërs juis die term gebruik om 'n ding te beskryf, waarvoor ons geen Duitse woord het nie. In Duitsland, Oostenryk en Switserland is die verskynsel onbekend. Hier op die Afrikaanse Wikipedia kan ons dit natuurlik nie onder Rivier beskryf nie, aangesien dit natuurlik die algemene term is en met de:Fluss ooreenstem. Groete. -- SpesBona20:14, 8 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Volgens die WAT is "omuramba" en "omaramba" wisselvorme. Die volgende woordeboeke gee "omaramba" aan: HAT, Verklarende Afr. Woordeboek (hy gee ook "omoeramba"), Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands, en Tesourus van Afrikaans. Die Hererowoord is volgens die WAT "omuramba". ~ Burgert(kontak)08:07, 9 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek dink nie ons moet iemand blok vir "voeg gemors in" wat net 'n onskuldige eerste bydrae probeer maak nie. Dit was net 'n paragraaf oor die dra van bikini-klere in die Moslemgemeenskap. Geen vloekwoorde of ander oogwinke nie, net bietjie "persoonlike navorsing". Ons gaan nuwelinge afskrik as ons hulle na hul eerste wysiging reeds blokkeer! Aangename dag, Aliwal201209:05, 10 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Die "cite" sjabloon het 'n parameter "trans-title". Aangesien die meeste mense wat Afrikaans gebruik, beide Engels en Nederlands verstaan, is dit nog nodig om the brontitel uit hierdie tale te vertaal? En wat van Duits of ander tale? Martinvl (kontak) 17:47, 10 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Beskawing pleks van kultuur
Goeienaand Gemeenskap, soos belowe is ek besig met die uitbreiding van Nederland tot voorbladstatus deur driehoekig uit Duits, Engels en Nederlands te vertaal. In al drie tale praat hulle in die oudheid van kultuur, maar ons noem dit soms ook 'n beskawing. Is dit nou bv. die Hallstatt-beskawing of die Hallstatt-kultuur? Enige hulp sal waardeer word. Baie dankie! Groete. -- SpesBona21:30, 11 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek sou sê dis in sekere gevalle sinonieme, maar my aanvoeling is dat die woord "beskawing" hier meer gebruiklik is, terwyl "kultuur" meer spesifiek betrekking het op kuns, musiek en ander kultuurgoedere. ~ Burgert(kontak)11:59, 12 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek sien, baie dankie. Ek gaan dit in Nederland konsekwent gebruik, maar ek is waarskynlik weer te lui om al die ander artikels aan te pas. ;) Groete. -- SpesBona21:20, 12 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Die WAT stel eenvoudig "beskawing" teenoor "barbaarsheid", wat darem 'n baie skeefgetrekte abstrakte versinsel kan raak. Vir my is die grootste verskil tussen "beskawing" en "kultuur" die orde, gesag, geneeskuns, die opvoeding, voedselkweking, die krygskuns, die regte, maar ook die ekonomie - alles in sy geheel gesien, maak nie saak hoeveel elemente daarvan by 'n natuurvolk afwesig is nie. (Die Titanic sonder Wi-Fi is nie beskawing nie, dis primitief en barbaars ) En dan gaan daar ook diegene wees wat kultuur en godsdiens van mekaar afsonderlik beskou. Beskawing strek vir my veel wyer as net kultuur. Kultuur is "wat gekweek is", die gewoontes, die tradisies, ensomeer, soos waarna Oesjaar en Burgert Behr verwys het.Suidpunt (kontak) 21:23, 15 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
In Duits is die Asteke 'n Zivilisation, baie interessant. Waarskynlik selfs 'n Hochkultur.
Kom ons word nou prakties: Is dit die Hallstattbeskawing of die Hallstattkultuur (met of sonder koppelteken)? In Nederland het ek op eersgenoemde besluit.
'n Ander probleem is die meervoud van Lehen, die enkelvoud is, net soos in Nederlands "leen", maar hoe vorm ek die meervoud? "Leens", "leëns", "lene"? Ein Lehen, zwei Lehen; "een leen, twee X"?
My stand van sake wat die artikel betref: Nederland het sopas onafhanklik van Spanje geword en hulle is nou op die punt om Kaapstad te stig, skakel volgende keer weer in! Enige proeflees is meer as welkom! Groete. -- SpesBona19:00, 18 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Numero Uno: Volgens die WAT:
Hall’stattkultuur s.nw. (argeologie) Voorhistoriese en vroegste kultuur van die Ystertydperk in Sentraal- en Wes-Europa; so genoem na die belangrike vondste te Hallstatt in Oostenryk, bestaande o.m. uit baie versierde bronsgebruiksvoorwerpe en wapens wat 'n hoë kultuur aandui, en ook kopergroewe in die nabyheid.
Mens kan net nie wen nie, nè. O, maar ons weet nie die ekonomie, die regstelsel of die orde nie. En verder, hoe kan mens van 'n beskawing praat as mense nie eens hul name kan teken nie?
Oor die leen: dis langer uitskryf: "Jannie het Sannie se broodjie twee keer 'geleen' ". "Hy leen sy tjekboek twee keer uit". "Hoeveel keer het jy haar tandeborsel vir die aand geleen? Twee maal/keer." "Moet jy nou my koki-pen twee keer leen?" "Dit is twee keer geleen, Mevrou." "Daar sal nie 'n derde keer geleen (of 'Daar sal nie 'n derde leen wees nie'?? ) word nie, ek swéér oor my koekstruifresep." "Leen my, Suidpunt" (kontak) 19:56, 18 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Blonde oomblik. OK, as jy die grond bedoel: leengoed (feudum). Enkelvoud en meervoud. As jy die man bedoel: leenheer, leenhere. Anders is daar leenreg, en leenregte. Suidpunt (kontak) 20:15, 18 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Dan besit 'n mens twee leengoedere, reg? Uit die artikel Nederland: "In 1433 is die meeste van die Keiserlike en Franse leengoedere in die hedendaagse Nederland en België in 'n personele unie onder Filips die Goeie, Hertog van Boergondië, verenig." en later "Onder die Habsburger Karel V, keiser van die Heilige Romeinse Ryk en Koning van Spanje, is alle leengoedere in die huidige Nederland verenig in die Sewentien Provinsies, wat ook die grootste deel van die huidige België, Luxemburg en bykomende gebiede in die huidige Frankryk en Duitsland ingesluit het (met uitsondering van die Prinsbisdom Luik)." Al die beskawings sal ek blykbaar weer in kulture terugverander. Ek versorg myself met werk! Nog 'n rede om ander artikels nie aan te pas nie. Asem in, asem uit. Groete. -- SpesBona20:25, 18 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
— leengoedere leengoedere) (histories) Goed, veral grond, wat 'n vasal van sy leenheer vir gebruik ontvang; sin. leen: Die hertog van Lorraine betuig ... eer aan die Franse koning vir die hertogdom van Bar en ander leengoedere (L. Eksteen, vert.: Wêreld-Ens., 1977, 133). Die feodale kenmerke (het) ontwikkel, ... 'n onderworpe boerestand, algemene gebruik van leengoedere pleks van salaris (C. Pama in J.A. Heese, e.a.: Families, 1975, 5).
Hoe nou? Nee, die "leengoedere" is nuut, dié woord staan nog nie in die artikel nie. Ek sal dit nog moet redigeer. :) Baie dankie vir jou hulp in elk geval. 'n Proeflees van die hele artikel is waarskynlik broodnodig. Groete. -- SpesBona20:46, 18 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Nè! Dis 'n netjiese een, dankie, Oom Gert. Geen wonder "vir" is so 'n lekker paswoord nie (daar is iewers 'n artikel daaroor geskryf, maar deur wie, het my nou ontgaan): jy wag nie meer op iemand nie, maar vir iemand. Jy is nie meer kwaad op iemand nie, maar vir iemand. Suidpunt (kontak) 09:47, 15 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
As die jeep nie tel nie, seker tweespoorpaadjie. Waar paslik miskien sand-, berg-, plaas-, toegangs- of verbindingspaadjie, en daar is ook quadroetes en maanhaarpaadjies. JMK (kontak) 22:56, 1 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Feminism & Folklore 1 February - 31 March
Help met die vertaal na uw taal
Greetings!
You are invited to participate in Feminism and Folklore writing contest. This year Feminism and Folklore will focus on feminism, women's biographies and gender-focused topics for the project in league with Wiki Loves Folklore gender gap focus with folk culture theme on Wikipedia. folk activities, folk games, folk cuisine, folk wear, fairy tales, folk plays, folk arts, folk religion, mythology, etc.
You can help us in enriching the folklore documentation on Wikipedia from your region by creating or improving articles centered on folklore around the world, including, but not limited to folk festivals, folk dances, folk music, women and queer personalities in folklore, folk culture (folk artists, folk dancers, folk singers, folk musicians, folk game athletes, women in mythology, women warriors in folklore, witches and witch-hunting, fairy tales and more. You can contribute to new articles or translate from the list of suggested articles here.
You can also support us in translating the project page and help us spread the word in your native language.
Learn more about the contest and prizes from our project page. Thank you.
Kollegas, ek het gisteraand die nuutste Kaapse Bibliotekaris afgelaai.
Op bl. 15 sal jy nogal verstom wees oor die Top20 boeke van Afrikaans (waarvan ons bewus is, te midde van covid-19).
Wat duidelik opval is Deon Meyer se Donkerdrif met 29 813 verkope wat R7 355 442 ingepalm het.
Nommer 2 is Kanaän deur Sophia Kapp met 'n veel minder 3 635, maar die markwaarde is R1 227 269.
2. Die wérklike nommer 2 (aantal eksemplare) is Hans gee Herklaas horings deur Rudie van Rensburg, met 4 761 verkope; R959 304.
'n Paar opmerkings wil ek hier maak:
Die verkope kon beïnvloed gewees het deur die voorlesing deur RSG van die voorganger van Rudie Van Rensburg - Hans steek die Rubicon oor (en hier moet ek Tobie Cronjé al die eer gee.).
Deon Meyer se boeke kos gewoonlik R400 stuk in die boekwinkels (en ek was meer as 'n jaar laas in Bargain Books). Alleen die Engelse eksemplaar is op Google Play beskikbaar (let wel, die statistiek is strepieskode-gerig, dus slegs Afrikaanse boeke word hier betrek). Ek het eers gedink dis internasionale verkope hierby ingereken, maar toe lees ek Christiaan Boonzaier se artikel weer: Nielsen Bookscan SA het oudergewoonte weer ’n jaarverslag uitgereik wat die jaar seboekverkope in Suid-Afrika saamvat. Ek het regtig nie gedink soveel geld sit nog in die Afrikaanse publiek nie. Nou ja, as jy gewild is, is jy gewild. Baie geluk!
In this GRFC, I propose that two-letter project shortcuts for project names will become a default alias for the project namespace. For instance, on all Wikipedias, WP will be an alias to the Wikipedia: namespace (and similar for other projects). Full list is available in the GRFC.
This is already the case for Wikivoyages, and many individual projects asked for this alias to be implemented. I believe this makes it easier to access the materials in the project namespace, as well as creating shortcuts like WP:NPOV, as well as helps new projects to use this feature, without having to figure out how to request site configuration changes first.
As far as I can see, Afrikaans Wikipedia currently does not have such an alias set. This means that such an alias will be set for you, if the GRFC is accepted by the global community.
Hi Martin, I have answered you, and added my support on the discussion page. But please limit the quantity of new shortcuts you want to implement to, say, 5 or 8. Please do not "spam" our wiki, they will be deleted! Thanks, Aliwal201208:15, 19 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Knip en plak alles uit die "minder belangrike" (of ongewensde) artikel oor in die gewensde titel, Die verloorartikel word dan 'n aanstuur na die groter/belangriker boetie. Groete --Aliwal201222:23, 1 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Ek kom nou agter wat jy wil hê, die naam moet "Dalton (eenheid)" lees, met "Verenigde atoommassaeenheid" as 'n aanstuur, korrek? Aliwal201222:37, 1 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Wikifunctions logo contest
Hallo. Help asb om 'n ontwerpkonsep vir die logo van die nuwe Wikifunctions-wiki te kies. Die stemming begin vandag en sal vir 2 weke oop wees. As u wil deelneem, leer meer en stem nou by Meta-Wiki. Baie dankie! --Quiddity (WMF)
01:46, 2 Maart 2021 (UTC)
Bladtrekke
Sien by verskillende Suid-Afrikaans-verwante artikels, selfs op wikiquote, in Afrikaans en Engels, 'n skielike sprong in bladtrekke op 14 of 15 Februarie, wat dan langsamerhand terugkeer na normale vlakke. Nie seker watter onderwerpe alles so reageer nie, maar het gewonder wat dit kon veroorsaak ― of dit bv. een of ander bot is, of die skole wat geopen het? JMK (kontak) 22:24, 24 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
O, ons noem dit sommer brandpaaie. En ek het heeltyd gedink dis om die brand self te stuit (totdat die kooltjie deur sterk wind aangedra word, ja). Suidpunt (kontak) 10:26, 4 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Hulp deur SA Rugby
Goeienaand gemeenskap, nadat die Springbokke se kenteken op die Duitse Wikipedia tydens die kandidatuur van die artikel verwyder is, het ek by SA Rugby aangeklop en hulle gevra vir 'n toestemming oor die gebruik van beide hul kenteken en dié van die Springbokke te vra. Hulle het ingestem! Aansluitend het ek hulle vir prente van die 2019-span gevra. Kom ons kyk. Groete. -- SpesBona21:45, 4 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Weet iemand dalk of dit moontlik is om 'n bron vir die Afrikaanse Wikipedia uit ((Normdata)) te verwyder? Iemand plaas op Wikidata ongeldige kodes by die bron LNB (wat 'n Letlandse bron is) en dit gee 'n fout op talle van ons artikels en ook by die Engels. Sien bv. Familie (verwantskap). Ek en iemand anders het hom gevra om die regte kodes in te sit, maar hy het al honderde artikels so opgekoffie. Ek weet nie eintlik wat om te doen as hy nie wil toegee nie. Het enigiemand ondervinding van Wikidata en hoe 'n mens te werk kan gaan om hom te stop? Sien User talk:Mapenite. Dankie! ~ Burgert(kontak)10:09, 9 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Dankie, ek sal maar 'n admin moet kontak. Ek sal net eers kyk of hy nie reageer nie. 'n Mens kan nie al die honderde goed individueel regmaak nie, want hy skep voortdurend kodes op nuwe bladsye. ~ Burgert(kontak)12:56, 9 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Hulle sê in hulle geselshoekie hulle gaan 'n bot gebruik om dit reg te maak. Kom ons hoop dis die einde van die gemors. Dit sal seker nie dadelik reg vertoon nie. ~ Burgert(kontak)13:10, 10 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Hi, ek wil bogenoemde skep, maar bestaan nie op en:wp nie.
Ek vind wel hierdie wat deur MediaWiki ondersteun word. Die artikel se uitleg lyk soos wikipedia s'n, mag dit gekopieer word, of sal dit plagiaat wees?
• As ou joernalis met vele dekades se ervaring in die 20ste-eeuse Afrikaanse joernalistiek met al sy omwentelinge, het ek dit een van my aftreejoppies gemaak om darem te help sorg dat bekende bydraers uit hierdie geskiedkundige era se name en deugde nie vir die nageslag verlore gaan nie - deur middel van artikels oor hulle in die Afrikaanse Wikipedia. Oor enkeles sou ek toe ook iets in die Engelse Wikipedia wou skryf.
• Omdat daar nie veel joernaliste is wat ook die joernalistiek as akademici op universiteite gedien het nie, het ek self vir prof. Arrie de Beer gekies as verteenwoordiger op hierdie gebied. Ander, soos wyle Piet Cillie, kon vanweë hul monumentale bydrae in die koerantwêreld self, nie hiervoor oorweeg word nie.
• Toe ek egter hier op die geselshoekie raad vra oor hoe 'n mens die Engelse kan oorreed om De Beer se kort "draft"-artikel daar vinniger vir publikasie te keur, het gebruiker JMK ook De Beer se betrokkenheid by die Broederbond as sy "doodsonde" bygesleep. Asof hoeveel ander Afrikaners, en selfs die bestes onder hulle, nie ook lede was nie. Ek het op my eentjie gedink behoede ons die dag as mede-Afrikaners mekaar nou op Wikipedia oor iets soos die Broederbond pak.
• Maar JMK het toe verder gegaan om sy spykers in te hamer. Hy het by die kort Engelse "draft", waarvoor ek hier slegs om raad aangeklop het, 'n aanbeveling gaan plak dat De Beer se artikel omrede die man se Broederbond-verbintenis en gewaande belangrikheid (lei ek af) nie goedgekeur moet word nie.
• Ek moet dit duidelik stel dat ek JMK se onkollegiale gedrag as erg steurend ervaar. As ek nie hier op die hoekie gepraat het nie, het hy bes moontlik nie eens sy vendetta begin nie.
• Hy kon my darem eers vertel het dat hy van plan was om my artikel in Engels "af te skiet", wat my die geleentheid sou gebied het om hom te vertel dat ek dit gedoen het vir die geskiedenis van die Afrikaanse joernalistiek en nie om die Broederbond te bevorder nie. Ek het nie eens geweet die prof was 'n Broederbonder nie, en as ek geweet het, sou dit hoegenaamd nie ter sake gewees het nie. Daar was immers nie Neurenberg-verhore om die Broederebonders te kruisig nie.
Baie dankie, @Greenman: dit word grootliks waardeer. En ek aanvaar dat "vendetta" inderdaad darem nie die regte woord is nie. Het eintlik net bedoel dat dit lyk of die persoon 'n geneigdheid kan hê om teen oud-Broederbonders uit te vaar, terwyl dit in my verwysingsraamwerk iets is wat nooit strafbaar verklaar is nie, hoe 'n mens ook al self polities oor daardie kontensieuse ou snare sou voel! En daarom weet ek nie hoekom dit hier ter sake is nie. Maar nou ja, soos ek gesê het, het ek geen, absoluut geen ander doel gehad met die plasing van die artikel nie as dat hierdie akademikus 'n duidelike vermelding verdien in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse joernalistiek. En dis is maar al. Hy het my glad nie genader om oor hom te skryf nie. Ek het hom nog nooit persoonlik ontmoet nie. Ek het self besluit om oor hom te skryf en hom ingelig, soos ons e-posse sal toon. Ek skryf oor verskillende Afrikaanse joernaliste, hoewel dit maar bitter stadig gaan. Oor prof. Arrie de Beer is daar boonop artikels in drie publikasies wat hopelik vanjaar nog verskyn. Een van drie is weliswaar 'n onderhoud met hom in die veertigste verjaardaguitgawe van African Journalism Studies, wat hy self gestig het. Maar in "Theoretical Lances and Epistemological Knights" skryf Keyan G. Tomaselli oor die "Paradigm Shift in the Work of Arnold de Beer" wat beskryf word as "a founding scholar of journalism studies in South Africa". En dan is hy deur die internasionale uitgewer Routledge genooi om as "key scholar" mee te doen aan "Key Thinkers in African Media and Communication Studies" (to be published by Routledge in 2021). Trouens, sy vorige bydraes in 'n menigte verskillende publikasies het my verstom. Dis 'n hele berg van publikasies, glo my. As to yours truly's good faith ... I was a journalist for more than fifty years, in the last decades mostly in the senior editorial staff of the magazine with the largest circulation in South Africa. Right now, in this regard, I have no other intention than to write up the history of Afrikaans journalists in an historic era never to be repeated. Be such persons previous Broederbonders or not. Ai tog, ja. Vriendelike groete, Greenman, van Mieliestronk (kontak) 23:02, 29 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar
Nadat my prente van die Suid-Afrikaanse randbanknote in my eie besit op Commons verwyder is, het ek hulle hierheen gereed, waarmee die Afrikaanse Wikipedia die enigste is, wat die nuutste reeks Suid-Afrikaanse banknote wys. Intussen het ek ook die prente van die Namibiese dollar hierheen oorgedra, wat hulle op Commons nie wil hê nie. Let op, die Suid-Afrikaanse banknote het ek in Duitsland by eBay gekoop om van hulle prente te neem en hier beskikbaar te stel. Dis my beskeie bydrae tot die Suider-Afrikaanse ekonomie en Commons sal dit nie kan verhoed nie! (Is dit billik om vir die ou op Commons my rekening te stuur?) As gevolg van hierdie saak en die Springbokke se verwyderde kenteken op die Duitse Wikipedia is die Afrikaanse Wikipedia vanaf nou die enigste, waar ek toekomstige prente sal laai, dis nou amptelik. Groete. -- SpesBona21:00, 29 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Hi SpesBona! Ek is dankbaar vir jou moeite met die Suid-Afrikaanse banknote, maar ek is bevrees jy oortree (steeds) hiermee die kopieregwetgewing van die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Dit is hoekom die prente van Commons afgehaal is.
Sien motivering hierNot OK: Copyright of the designs of South African banknotes and coins is owned by the South African Reserve Bank. Their document "Policy on the reproduction of images of South African Currency" sets out the policy of the bank in respect to the reproduction of South African coins and banknotes. In short, only news media can produce such images and then only because of time constraints in obtaining formal permission. Under the Copyright Act of 1978, such copyright lasts for 50 years.
Interessant genoeg het die Afrikaanse Wikipedia reeds in 2008 billike gebruik goedgekeur, nes die Engelse Wikipedia se fair use (dis 1:1 van toepassing). As die rand net by Suid-Afrikaanse rand verskyn, mag ons daardie prente gebruik. Sien Wikipedia:Geselshoekie/Argief2008#Billike gebruik. Ek het dit nou raak gelees en dus besluit om kentekens te laai. Elke prent op die Engelse Wikipedia mag op die Afrikaanse Wikipedia op dieselfde manier gebruik word. Groete. -- SpesBona21:05, 30 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Vir wat dit dalk net in hierdie verband werd mag wees: Hier is 'n universitêre video van die Amerikaners oor "fair use" in Suid-Afrika en hoe die Amerikaanse gebruik sou verskil van die veel meer rigiede Suid-Afrikaanse benadering: http://infojustice.org/archives/40384. In die "ou dae", waarvan ek deel was, was enige afdrukke van SA banknote natuurlik 'n doodsonde en daar is uiters streng daarby gehou by die koerante en tydskrifte. Om egter dowwe afdrukke soos hierdie klompie in Wikipedia te verbied, maak eintlik nie vir my sin nie. 'n Skelm skarminkel wat afdrukke van note wil maak, gaan mos baie "beter" resultate behaal deur regte geld in te skandeer! Sulke dowwe afdrukke sou eintlik vir hom waardeloos wees, want elke Jan Rap sal kan sien dis "vals geld". Groete. Mieliestronk (kontak) 07:32, 31 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
As die noot ouer is as 50 jaar, verval die Suid Afrikaanse kopiereg, maar die kopiereg bly nog steeds daar in die VSA. In die VK is dit nie so nie, want onder Britse reg, wanneer kopiereg van 'n regeringsdokument verval, verval dit orals in die wêreld, nie net in die VK nie. Martinvl (kontak) 17:52, 31 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Nou wonder ek. Maak die nuwer 2019-gesprek die 2008-gesprek ongedaan of kort ons soos op die Duitse Wikipedia 'n nuwe stemming om 'n ou een ongedaan te maak? Geld die billike gebruiksbeleid nog steeds? Myns insiens sal dit net sin maak, veral aangesien die meeste mense hier uit die Engelse Wikipedia vertaal. Dit sal net nadelig wees, as ons die Engelse teks mag vertaal, maar nie hulle prente mag gebruik nie. Ek sien daai nadele reeds op die Duitse Wikipedia. Dit vat baie tyd van baie gebruikers, om al daardie prente te soek, te bespreek en te verwyder. Aan die ander kant, die gebruikers wat alles moontlik insit om daai prente te kan behou, praat ek nie eers van nie. Groete. -- SpesBona20:50, 31 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Dit lyk my billike gebruik hang van 'n land se wette af en Wikipedia moet hom daarby neerlê. Ek weet nie wat die Duitse wet sê nie, maar die laaste wat ek van Suid-Afrika gehoor het, is dat 1978 se wet nog geld, en dit maak nie voorsiening vir billike gebruik nie. 'n Nuwe wet wat wel daarvoor voorsiening maak, is sover ek weet nog nie deur die president onderteken nie. ~ Burgert(kontak)21:11, 31 Maart 2021 (UTC)[antwoord]
Myns insiens hang billike gebruik af van beide Suid-Afrikaanse wet en Amerikaanse wet. Ek dink mens moet hierdie artikel lees en daarna 'n beleid vir billike gebruik vir die Afrikaanse Wikipedia opstel. Martinvl (kontak) 16:48, 1 April 2021 (UTC)[antwoord]
Daar is heelwat omstandighede waar die kopiereg in Suid Afrika reeds verval het, maar nog in die VSA geld. In hierdie geval kan ons die Amerikaanse "Fair use" konsep gebruik om die Amerikaanse kopieregwet te oorkom. Byvoorbeeld, die kopiereg op Suid-Afrikaanse banknote en muntstukke verval na 50 jaar, maar in die VSA verval die kopiereg 70 jaar na die dood van die laaste kunstenaar wat hulle ontwikkel het. Dus, onder Suid-Afrikaanse wet kan ons beelde van enige banknoot of muntstuk wat voor 1970 gemaak is, gebruik, maar as ons hierdie beelde op Wikipedia wil gebruik, moet ons die Amerikaanse wet oorkom. Martinvl (kontak) 17:55, 1 April 2021 (UTC)[antwoord]
Nou word dit interessant. Watter wet is van toepassing as ek bv. die gebou van 'n lewende argitek wil oplaai, maar sy werk word volgens die wet van die land, waar die gebou staan, beskerm? Hoe maak mens dan? Die Duitse Jan Alleman bou 'n wolkekrabber in Frankryk ('n land sonder vryheid van panorama) en ek wil dit op die Afrikaanse Wikipedia oplaai. Nóg die Suid-Afrikaanse nóg die Amerikaanse wet het myns insiens hier iets te sê. Die gebou word volgens Franse wet beskerm en Suid-Afrikaanse wette sal dit nie kan omkeer nie (die Duitse wet natuurlik ook nie). Vryheid van panorama bly maar 'n wens in Suider-Afrika. Ek was al op die punt om die een of ander stadion in Suid-Afrika te neem (Bolandpark en St. Georgespark, Port Elizabeth), maar ons het in 2018 net verbygery. Groete. -- SpesBona20:30, 1 April 2021 (UTC)[antwoord]
Sover ek weet, is die wet met betrekking tot die vryheid van panorama die reg in die land waarin die voorwerp geleë is. Ingevolge die Bernkonvensie moet ander lande daardie wet respekteer, selfs al verskil hul eie reg. Die Afrikaanse Wikipedia moet dus die Franse wet op panoramavryheid nakom, alhoewel die Wikipedia-bedieners in die Verenigde State is en die meeste lesers van die Afrikaanse Wikipedia in Suid-Afrika is. Martinvl (kontak) 21:00, 1 April 2021 (UTC)[antwoord]
Hierdie kwessie begin vir my so verwikkeld lyk dat ek nou sou dink 'n regsmening dalk nodig is, hoe ons plebs ook al sou gis en twis wat 'n mens te doen staan met kopiereg. Daar kan byvoorbeeld selfs die teenargument geopper word dat kopiereg nie sou geld ten opsigte van waar lesers is en watter taal hulle sou gebruik nie, maar in watter land die hoofkantoor van die "publikasiehuis" gesetel is. Daar is boonop duisende Afrikaanse lesers van Wikipedia in, sê, Australië. En van hulle kan besluit om artikels in Afrikaans te skryf oor Australië. Watter land se kopieregwette geld nou vir hulle? Taal is mos nie gebonde aan land nie. Of het die Afrikaanse Wikipedia sy eie geregistreerde adres binne Suid-Afrika? Dit sou die prentjie natuurlik heeltemal verander. Mieliestronk (kontak) 22:50, 1 April 2021 (UTC)[antwoord]
Ek sit en skryf in Duitsland en my moedertaal is Duits. Wat my betref geld natuurlik Duitse wette, maar ek staan ook nie bo Suid-Afrikaanse wette nie. @Burgert Behr: "'n Nuwe wet wat wel daarvoor voorsiening maak, is sover ek weet nog nie deur die president onderteken nie." Is daar 'n billike gebruik-wet wat net deur die president onderteken moet word? Ek het al gehoor van wette vir Gebaretaal as twaalfde ampstaal en die wettiging van dagga. Groete. -- SpesBona20:30, 2 April 2021 (UTC)[antwoord]
Moedertaalonderrig is eintlik 'n holle begrip. As jou ouers so Afrikaans soos boerseep is, maar besluit die huistaal is voortaan Engels, al praat hulle dit hoe skeef en krom, dan kan jy maak net wat jy wil - die kind gaan in Engels op skool onderrig word. Dan kry jy ook verwaarlosing: my suster het die gawe ontwikkel om Gods water oor Gods akker te laat loop; ek koop spesiaal DVD's wat ook in Duits en Hollands beskikbaar is, sodat die kind 'n veelvoud van tale kleintyd kan aanleer. Maar omdat sy self nie eens Hollands kan begryp (laat staan nog die Duits) nie, speel die Engels heeldag. En ek kan dit later nie verhelp om die kind vriendelik, maar ferm rég te help nie. Vat ek my sibbe hieroor vas, sê sy die kind sal nie Hollands verstaan nie (haar eie taalgebruik laat my tande kners). Asof die stomme kind nou Engels sal begryp?! Ek onthou nog as kind hoe ek The Lion King gekyk het en telkemale my moeder gevra het wat die woorde beteken (dit was nog die jare van VHS). Maar haar redenasie is twak, want as hy by my is, en ons kyk Paw Patrol in Nederlands saam, tel hy veel makliker saam met die diertjies. Die Engels verwar hom nog.Suidpunt (kontak) 18:44, 13 April 2021 (UTC)[antwoord]
As my moedertaal Duits is (my ouers se taal), geniet ek die reg op onderwys in Duits (natuurlik in 'n land met Duits as 'n ampstaal). Onderrig in 'n vreemde taal sal my net verwar en kort altyd 'n vertaling en 'n volledige begrip daarvan. Dit is waaroor dit gaan. Groete. -- SpesBona20:45, 14 April 2021 (UTC)[antwoord]
Gebruiker:Sobaka het die artikel klaar vertaal, dit is die 9de grootste artikel op ons Wikipedia! 'n Reuse taak, inderdaad! Goed gedoen! Dit is myns insiens 'n belangrike artikel want dit lê die grondwerk vir 'n horde ander artikel wat hieruit kan voortspruit. Ek kan nie dink dat daar enige ander Afrikaanse weergawe oor die onderwerp beskikbaar is nie! Die gemeenskap word genooi om te proeflees. Groete! Oesjaar (kontak) 12:49, 4 April 2021 (UTC)[antwoord]
Dankie Oesjaar! Ek sien Pioneer 11 se lanseerdatum van 6 April is toevallig ook van toepassing by vandag se herdenkings, maar nog nie daar bygewerk nie? Groete, Aliwal201207:58, 6 April 2021 (UTC)[antwoord]
The Universal Code of Conduct (UCoC) provides a universal baseline of acceptable behavior for the entire Wikimedia movement and all its projects. The project is currently in Phase 2, outlining clear enforcement pathways. You can read more about the whole project on its project page.
Drafting Committee: Call for applications
The Wikimedia Foundation is recruiting volunteers to join a committee to draft how to make the code enforceable. Volunteers on the committee will commit between 2 and 6 hours per week from late April through July and again in October and November. It is important that the committee be diverse and inclusive, and have a range of experiences, including both experienced users and newcomers, and those who have received or responded to, as well as those who have been falsely accused of harassment.
2021 community consultations: Notice and call for volunteers / translators
From 5 April – 5 May 2021 there will be conversations on many Wikimedia projects about how to enforce the UCoC. We are looking for volunteers to translate key material, as well as to help host consultations on their own languages or projects using suggested key questions. If you are interested in volunteering for either of these roles, please contact us in whatever language you are most comfortable.
I apologize for sending a message in English. Help met die vertaal na uw taal. According to the list, your wiki project is currently opted in to the global bot policy. As such, I want to let you know about some changes that were made after the global RfC was closed.
Global bots are now subject to a 2 week discussion, and it'll be publicized via a MassMessage list, available at Bot policy/New global bot discussion on Meta. Please subscribe yourself or your wiki if you are interested in new global bots proposals.
For a bot to be considered for approval, it must demonstrate it is welcomed in multiple projects, and a good way to do that is to have the bot flag on at least 5 wikis for a single task.
The bot operator should make sure to adhere to the wiki's preference as related to the use of the bot flag (i.e., if a wiki doesn't want a bot to use the flag as it edits, that should be followed).
Oesjaar het vir my 'n puik idee gewys: 'n Rondte digters vir ons voorblad. Ek het so pas bekende Sestigers genomineer. Van hulle inleidende paragrawe sal net uitgebrei moet word. Ek vereis net dat van my ander voorstelle, veral die sport, ook ondersteun word. Ons is ook nader aan die herhaling van die 2020-mylpaal, elke week 'n nuwe voorbladartikel. Dis al wat ek tans vir Afrikaans kan doen. Groete. -- SpesBona21:06, 11 April 2021 (UTC)[antwoord]
Enige tyd! Van die Sestigers sal waarskynlik oor die jaar heen verdeel word, net soos poeiersuiker op 'n soetkoek. Maar die sport is blykbaar steeds vervelend en dis juis die rede hoekom ek sporttoernooie soos in krieket en rugby eers in 2023 weer gaan nomineer. Ek praat nie eers van Olimpiese Spele of Sokker-Wêreldbekertoernooie nie. Vir 2021 is net drie nasionale krieketspanne oor. In Duits sit ons met dieselfde probleem, dis alles behalwe motiverend. 'n Mens kan baie meer doen, maar motivering is jou enigste salaris hier. Groete. -- SpesBona20:55, 12 April 2021 (UTC)[antwoord]
From April 15, you can enable line numbering in some wikitext editors - for now in the template namespace, coming to more namespaces soon. This will make it easier to detect line breaks and to refer to a particular line in discussions. These numbers will be shown if you enable the syntax highlighting feature (CodeMirror extension), which is supported in the 2010 and 2017 wikitext editors.
Ek dink dit behoort reg te werk as iemand dit in 'n svg-lêer kan omskakel. Dit is nou 'n png-lêer. Ek kan ongelukkig nie met svg-lêers werk nie. Dit lyk my die sjabloon soek 'n svg-lêer. ~ Burgert(kontak)22:20, 12 April 2021 (UTC)[antwoord]
As ek nou reg onthou, ek het die Afr skakel gedoen maar kon dit nie sien op die kantbalk nie van die artikel nie. Dit wys as Wikidata-item. Groete! Oesjaar (kontak) 08:40, 19 April 2021 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: jy het nie die "Wikidata-item" aan die kant gesien omdat die kasstelsel nie verfris was nie. As dit weer gebeur: Voeg ?action=purge aan die einde van 'n bladsy se URL, druk Enter, en kliek op die "Reg so" knoppie. Dan sal jy dit sien.
Ná presies 13 jaar (geregistreer om 10:32 op 19 April 2008) is hierdie my 60 000ste wysiging op die Afrikaanse Wikipedia. Wat het mens alles hier beleef en vir lekker mense ontmoet. Baie dankie vir al daardie! Dis net hartseer dat die tragiese brand daar in my geliefde Kaapstad hierdie oorskadu! Ek hoop maar net dit gaan op een dag weer alles amper herstel. Ek wil nie eers van dié prente sien nie! Groete. -- SpesBona20:45, 18 April 2021 (UTC)[antwoord]
Moet ons toegang tot Wêreldspektrum hê om dit reg te stel? Het al opgemerk dat die Wêreldspektrum-verwysings / -bronne nie voltooi word nie. JMK (kontak) 10:24, 20 April 2021 (UTC)[antwoord]
Ja ek raak ook deurmekaar daar, en vind nie die oplossing in Christo Pienaar of C.A. Smith nie. Opmerkings soos "laaste 60 jaar" gaan ook verouderd raak, as dit nie reeds verouderd is nie. JMK (kontak) 12:01, 20 April 2021 (UTC)[antwoord]
Mens sou kon vra wat sal gebeur as baie universiteitsdepartemente dit sou doen. Aan die positiewe kant is hulle redelik gevestig, 10 jaar oud en bedrywing, en hulle het 'n fokus wat miskien nie deur enige ander departement in die land vervul word nie, ook weens hulle ligging. Sien geen streke nie, die skrywer bemoei hom wel met 'n klein getal onderwerpe rakende Wits en omgewing. JMK (kontak) 11:42, 20 April 2021 (UTC)[antwoord]
Aan die slim manne: in bogenoemde sjabloon word Cities met Hoofstede, Towns met Nedersettings en Villages met gehugge vervang. Na 'n paar honderd artikels oor ons paaie vra ek dat Cities met Stede, Towns met dorpe en Villages met nedersettings vervang word. Goedkeuring asb! Groete! Oesjaar (kontak) 14:59, 22 April 2021 (UTC)[antwoord]
Ondersteunek sal dit kan verander in die sjabloon Nee, jammer, ek kan nie die genoemde parameters opspoor in die sintaks vd sjabloon nie! Aliwal201208:20, 23 April 2021 (UTC)[antwoord]
Martinvl, wat bedoel jy met "stad" en "stad"? In elk geval, ek sou versigtig wees om gehug met nedersetting te vervang. Nedersetting (Eng: settlement, colony, establishment) is 'n baie breë term, en kan beteken "kolonie", of "volksplanting". 'n Nedersetter is tewens nie 'n dorpenaar of gehug-boorling nie, maar 'n immigrant, inkomeling, kolonis, pionier, volksplanter ensomeer. Gehug (Eng: hamlet) ook effens dubbelsinnig, maar een betekenis is daardie groeipunt wat tot 'n dorp kan ontwikkel. JMK (kontak) 20:46, 25 April 2021 (UTC)[antwoord]
Hallo daar! Ek is die "skuldige een" wat gehug daar ingevoer het as vertaling vir village. Ons het op skool geleer enige plek met minder as 500 siele is 'n gehug. (As jou buurman 'n windjie los in 'n gehug, dan weet almal dit!)
Ek deel ook die vermoede dat 'n nedersetting 'n baie breë betekenis het. For that matter kan Pretoria ook 'n nedersetting wees! Groete! Aliwal201221:58, 25 April 2021 (UTC)[antwoord]
'n Nedersetting is eintlik volgens die HAT 'n informele byplek. Toe dit op Wikipedia begin gebruik is, was ek ook daarteen gekant, maar die WAT gee die volgende betekenis aan: "Plek waar mense gevestig is, dikw. 'n klein gemeenskappie wat met 'n bep. doel tot stand gekom het of 'n klein dorpie". ~ Burgert(kontak)09:06, 26 April 2021 (UTC)[antwoord]
Stem saam met jou onderwysers, Aliwal, en die 1820 setlaars se plase en dorpe in geheel, 'n nedersetting. Maar hoor ook Burgert, die HAT neem waar hoe die mense praat. "Village" volgens Bosman-vdMerwe (1945) en Kritzinger-Steyn (1961) is maar 'n dorp. Gehug (meerv. gehugte) volgens Kritzinger-Labuschagne (1965) 'n "klein dorpie", en nedersetting volgens vg. 'n "woonplek, kolonie, vestiging", wat seker klein dorpie insluit. Die "bepaalde doel" raai ek, sluit in die gemeenskappe wat bv. rondom besproeiingskemas ontstaan soos aan die Oranjerivier.– Hierdie ongetekende kommentaar is deur JMK (Bespreking • Bydraes) gelewer.
@Gebruiker:Burgert_Behr. Dis reg, my ma (gebore in die vroeë 1950's) voel ook gehuggie is 'n baie neerhalende benaming. Sy't haar bloedig vererg omdat iemand Stormsvlei 'n gehuggie genoem het, al was daar 'n poskantoor en skool in daardie jare. Ek staan toe stomverbaas hierhoor, want vir my is 'n gehuggie soos wat dit oorspronklik in Hollands staan, soos ek dit in die Van Dale lees: 'n dorp sonder 'n sentrale kerk; dus was die persoon in elk geval verkeerd wat Stormsvlei 'n gehuggie genoem het, want daar staan een (nou wel sonder 'n toring, en al is hy verkoop). 'n Village is 'n stat of 'n kraal as dit na die tradisionele versameling hutte bedoel word - en hier sluit ek ook daardie stroois(e) >[strooishuise] van die Oergermaanse en Keltiese volke in. Vir die res is ek heel tevrede met dorpie of gehuggie. As die naam egter aanstoot gee, moet mens dit net in gedagte hou. Sal interessant wees of GenY en die "millennials" dieselfde sal ervaar. Suidpunt (kontak) 11:13, 28 April 2021 (UTC)[antwoord]
Die neerhalende konnotasie spruit uit 'n moontlike homoniem (tweede betekenis) daarvan, 'n huisie, maar spesifiek iets soos 'n pondok. Die "huisie"-homoniem vind ek in 'n blokkiesraaiselwoordeboek, maar die verklarende en tweetalige woordeboeke wat ek kon raadpleeg lewer net die betekenis: dorpie, klein dorpie of hamlet. JMK (kontak) 18:14, 2 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Ja, hierdie persoon het vanoggend omstreeks 09:39 'n reuse aanslag hier geloods deur 22 artikels se inhoud te vandaliseer, nogal met BLOKLETTERS. Ek was baie verbaas dat hy Oesjaar betrek het, maar kon dit darem als gou terugrol en 176.103.33.188 blokkeer! Aliwal201210:35, 26 April 2021 (UTC)[antwoord]
So gesien, dankie. Ek het sy Engelse politieke artikel twee keer geskrap oor die naweek, dit was Abdire Wed Abdu. Jammer hierdie is 'n publieke website, ek sou hom graag in my beste Afrikaans wou geantwoord het! Groete! Oesjaar (kontak) 10:41, 26 April 2021 (UTC)[antwoord]
Dit gaan oor Frank Mortenson, 'n ou wat NIEMAND ken nie. Hy of sy liewe aanhanger het hom met blatante rassisme self gediskwalifiseer. Terloops het julle die vandalisme by Brycinus oor die hoof gesien. Groete. -- SpesBona20:55, 26 April 2021 (UTC)[antwoord]
@Burgert Behr: en @Morne:: met julle joernalistiese agtergrond, bevestig asb net die datum van bogenoemde ramp. Ek sien baie ander bronne in die wolk het die datum van 17 April vanaf ons Wiki geleen! Groete! Oesjaar (kontak) 17:30, 27 April 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, daar is 'n nuwe Commons beskikbaar, wel amper. Sien NC Commons. Dit het ander lisensie voorwaardes en beteken dat ons meer toegang sal hê tot foto's wat tans nie beskikbaar is nie. Hier is teks uit 'n e-pos wat ek ontvang het:
As you know from our conversation NC Commons has the potential to be of great service to us in South Africa as it will open up a large number of photographs and other material held by the South African government under a CC-ND copyright. Over 46 000 photographs from them along and growing. This is currently content that we cant use on Wikipedia because normal Commons refuses both ND and NC content. This will help all language versions as we will all have equal access for using this content on Wikipedia when it is all uploaded.
O, so die regering het sowaar sy eie Flickr-rekening van 46 000 foto's. Nou toe nou. Die vroegste foto's is in 2012, toe tannie Merkel kom kuier het.Suidpunt (kontak) 14:40, 28 April 2021 (UTC)[antwoord]
Ek dink die webwerf help ons niks. Dit verander nie die reëls oor watter lisensies ons op Wikipedia mag gebruik nie. Anders kan ons maar net enige iets oplaai omdat "die lisensie voorwaardes op my eie rekenaar laat my toe om enige lêer te gebruik". Rooiratel (kontak) 07:24, 29 April 2021 (UTC)[antwoord]
Dit lyk vir my dat 'n projek (bv. af-wiki) mag 'n "Exemption Doctrine Policy (EDP)" skep. Ons sal dit verder moet bespreek en al die moontlike probleme met die beleid moet uitwerk. Maar in afsluiting, lyk dit vir my dat ons die NC Commons lêers kan gebruik, as ons die EDP vir af-wiki reg skep. Rooiratel (kontak) 07:52, 29 April 2021 (UTC)[antwoord]
My mening: dit verwar die eindgebruiker. Met huidige wikipedia-inhoud en -fotos kan jy byna maak wat jy wil. Nou allerhande nuanses. Sou (gewone) Commons aanbeveel vir 99%-100% van ons inhoud. Is ten gunste van die bestaan van NC Commons, die argiefwaarde daarvan ens, maar nie baie tevrede met die gebruik daarvan op wikipedia nie. CC-by-SA is die goue middeweg. JMK (kontak) 18:22, 2 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Participants will choose among Wikipedia pages without photo images, then add a suitable file from among the many thousands of photos in the Wikimedia Commons, especially those uploaded from thematic contests (Wiki Loves Africa, Wiki Loves Earth, Wiki Loves Folklore, etc.) over the years.
In its first year (2020), 36 Wikimedia communities in 27 countries joined the campaign. Events relating to the campaign included training organized by at least 18 Wikimedia communities in 14 countries.
The campaign resulted in the addition of media files (photos, audios and videos) to more than 90,000 Wikipedia articles in 272 languages.
Wikipedia Pages Wanting Photos (WPWP) offers an ideal task for recruiting and guiding new editors through the steps of adding content to existing pages. Besides individual participation, the WPWP campaign can be used by user groups and chapters to organize editing workshops and edit-a-thons.
The organizing team is looking for a contact person to coordinate WPWP participation at the Wikimedia user group or chapter level (geographically or thematically) or for a language WP. We’d be glad for you to reply to this message, or sign up directly at WPWP Participating Communities.
Please feel free to contact Organizing Team if you have any query.
Hi! I don't know where to put this message, and unfortunately I don't know any Afrikaans so I hope you will tolerate that I write in English. I would like to tell you that the article new Riley Ann Sawyers appears to have been created by a long-time vandal who inserts false dates and causes of death, mostly in article about people who died recently. If you look at the article and compare it to other language versions you will see that the dates and her age at death are off. You might want to be alert for changes to other articles about child murders, now that the vandal has found their way here. Sjö (kontak) 05:36, 8 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Sportakkommodasies-kategorieë: argument met Gebruiker:Mukdro
Ek sien hier duik ook nou oral Sportakkommodasies-kategorieë op, so reg uit Nederlands. 'n Mens praat in Afrikaans van sportgeriewe of sportterreine, of so iets. Daar is dosyne van dié goed. ~ Burgert(kontak)09:06, 15 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
@Burgert Behr: Ek het ook van sportplekke en sportfasiliteite gehoor, maar voel gemaklik met sportterreine. Ek dink maar ons moet vir @2a7835289a642, Mukdro, Wikix, en Wwikix: laat weet. Hy tree baie vinnig op, dalk sal hy dit self kan fieks. Groete. -- SpesBona19:40, 15 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Ek weet nie hoekom julle so 'n liefde vir @2a7835289a642, Mukdro, Wikix, en Wwikix: het nie, persoonlik dink ek hy weet nie wat hy doen nie. Kyk hoe het hy Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië opgedonner, sal dit maar self moet regmaak. Ons sal seker die eerste Wikipedia wees wat meer kategorieë as artikels het! Nogal jammer... Oesjaar (kontak) 10:22, 18 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Solank dit kategorieë soos Kategorie:Aken is, het ek nie 'n probleem daarmee nie. Ander taalweergawes het ook spesialiste wat net kategorisering doen. Ons het immers ook mense nodig wat dit doen. Veral as daar kategorieë sonder inhoud of dubbelkategorisering is. Maar dit raak tydmors as ons die verskil tussen eiland en skiereiland moet verduidelik. Mens moet mos by Wikipedia:Kategorisering hou. Groete. -- SpesBona11:20, 18 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Die verskil tussen eiland en skiereiland is duidelik, wat is nie die punt nie. Ek het geprobeer bepaalde kategoriale informasie te verskaf oor omstrede skiereilande. 2a7835289a642 (kontak) 11:37, 18 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Aangesien ons 'n ensiklopedie is, moet ons kategorisering altyd juis wees. Dit help nie om volgens moontlikhede of "dit lyk soos", "dis naby", "ek dink dit is" te kategoriseer nie. Ons het reeds 'n bot gehad wat Wikipedia:Kategorisering geïgnoreer het. Groete. -- SpesBona11:45, 18 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Die vraag is: wat is juis? Is die (nie) juis om skiereilande onder eilande te kategoriseer (nie)? Skiereilande is nie eilande nie maar skiereilande het wel te doen met eilande, het is byna eilande, vandaar die naam skiereilande. Uit die informasie se oogpunt kan dit nuttig wees as die kategorie (omstrede) skiereilande daarom is terug te vind onder die kategorie (omstrede) eilande. 2a7835289a642 (kontak) 12:13, 18 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Juis is wat ensiklopedieë sê. Ons kan nie halfwoestyne as woestyne kategoriseer nie, want hulle is nie. Ons kan nie Hindi as Oerdoe kategoriseer nie, want dit is nie. Ons kan nie rugby as sokker kategoriseer nie, want dit is nie. Andersins sou al die dinge aansture wees en nie aparte artikels nie. Kategorisering volg artikels, nie andersom nie. 'n Vasteland is nie 'n eiland nie en 'n skiereiland is ook nie 'n eiland nie. Dis geografiese beginsels uit skooltyd. Groete. -- SpesBona13:05, 18 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Is dit heeltemal korrek? Ek kan my voorstel dat 'n kategorie halfwoestyne onder die kategorie woestyne staan vanweë die relasie tussen beide. 2a7835289a642 (kontak) 15:27, 18 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Ter interessantheid: faciliteit bestaan sedert ten minste 1553 ook in Nederlands wat dit uit Frans ontleen, wat op sy beurt dit uit Latyn ontleen.[7] Dit is dus waarskynlik in Afrikaans afkomstig van die Nederlands en nie die Engels nie, maar ek het nie nou 'n bron om dit te staaf nie. Maar ek vermoed dus dat dit nie 'n anglisisme is nie: 'n woord, uitdrukking of sinskonstruksie wat uit Engels kom of direk onder invloed van 'n Engelse woord, uitdrukking of sinskonstruksie ontstaan het. – K175 (skil 'n appeltjie) 15:22, 22 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
@Mukdro: gaan maar voort. Terloops, dit is "watervalle in X", nie "watervalle van X" nie, dink maar aan riviere. Waterstrome soos die Benguela-stroom is ook nie landvorme nie. Batswana werk nie vir al die mense in Botswana nie, aangesien dit 'n etniese groep is. Daar is ook ander etniese groepe en tale in Botswana. Groete. -- SpesBona20:40, 24 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Al die ander Wiki's sê dat hy op 28 Maart gesterf het en nie, soos ons s'n nie, op 23 Maart nie. Kan ek die datum verander? Groete! Oesjaar (kontak) 17:40, 18 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Ik hoop dat jullie het mij vergeven als ik in jullie Geselshoekie in het Nederlands schrijf: ik had zojuist een overleg over WPWP en moest aan jullie denken.
Wikipedia Pages Wanting Photo's (WPWP) is een actie om meer foto's vanaf Commons te linken in meer Wikipedia-artikelen in alle talen. Ik wil mij inzetten om ook de Papiamentse taal en eilanden vertegenwoordigd te zien, en zou het heel erg leuk vinden als jullie prachtige land en taal ook meedoet. Bij het overleg dat ik zojuist had waren ook Isaac (T Cells) en Deborah (Deborahjay) aanwezig, die ons/jullie graag zal helpen bij vragen.
WPWP zal lopen van 1 juli tot 31 augustus, en werken met de hashtag #WPWP die je gebruikt in de bewerkingssamenvatting. Op die manier hopen ze dit jaar meer dan 100.000 foto's op artikelen in alle talen ingevoegd te krijgen: lijstjes van foto's die nog niet in gebruik zijn, of artikelen over onderwerpen die hier nog geen foto hebben maar waar wel een foto van bestaat op Commons, kunnen vanuit Wikidata gemaakt worden met een query van de Wikidata database. Deze lijsten kunnen gemaakt worden door anderen op jullie verzoek, of door jullie zelf.
And very nice to meet you Deon. This year, the Wikimedia Board wants to increase the number of voters in the upcoming board elections and would need the help of community members in order to increase the voter turnout from 10% in the previous election year to 20%.
In that regard, We are looking for volunteers to serve as Election Volunteers. You can read more about this role here:[8]
The facilitation team sees Election Volunteers as doing the following:
• Promote the election in their communities’ channels
• Organize discussions about the election in their communities
• Translate messages for their communitiesI was hoping to find some volunteers from the Afrikaans Wiki community to serve as Election volunteers for the Afrikaans Wiki. Anyone who is interested in this role can sign up here.
In Chinees is die 太后 Tàihòu - Koninginmoeder, dus moontlik Koninginmoeder-regentes Cixi, behalwe as daar iemand is wat weet of daar wel ‘n amptelike Afrikaanse vertaling bestaan. Sobaka (kontak) 12:54, 28 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Dowager = adellike weduwee; queen dowager = koningin-weduwee; empress dowager = keiserin-weduwee. Sy was ook 'n regentes, maar ek dink nie dis nodig om alles in die titel in te prop nie. Ek sou dan eerder sê "die keiserin-weduwee en regentes Cixi". ~ Burgert(kontak)15:20, 28 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Ek het nou genoeg gehad van die man se dinge. Kyk asb na sy gebruik van die woord Geweste, ek weet nie waar hy leer Afr praat het nie. Hierdie geveg sal aangaan totdat hy verwyder is of ek.... Oesjaar (kontak) 19:59, 30 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Mense is al permanent hier verban vir die gebruik van veelvuldige rekeninge om versperring to omseil. Terloops, hoe weet ons Wwikix is ‘n man? 155.93.154.23610:29, 31 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Wys miskien vir ons die spesifieke wysigings want dit lyk of Mukdro juis geweste-kategorieë na streke-kategorieë verander het, wat korrek is. Maar met Oesjaar se sentiment dat ons nie sommer streke geweste moet noem nie, stem ek saam. Dit gaan weer, soos by "nedersetting", oor die vraag of daardie entiteit formeel, geografies en standhoudend afgebaken is aldan nie. Die nedersetting van die 1820 setlaars was aanvanklik amptelik, geografies en standhoudend afgebaken as die plase wat aan hulle toegeken is. Maar kort daarop het setlaars die plase verlaat en dorpe gestig ensomeer. Op al hierdie stadia was dit nog 'n enkele nedersetting, hetsy dit afgebaken was, verander het, of nie. Ek vermoed dat "geweste", behalwe by daardie enkele lande waar ons dit vir gedefinieerde "regions" gebruik, min of meer so werk. Geweste is vaag en algemeen, en word verkieslik in daardie vae en algemene opsig gebruik. So gebruik ons ook nie "aantal" (vaag) waar ons "getal" (getel, bereken) moet gebruik nie. En nog 'n voorbeeld: as ek wes-Vrystaat skryf verander my medegebruikers dit na Wes-Vrystaat, en wes-Mediterreens na Wes-Mediterreens. Vertel my nou, is Bloemfontein in die wes-Vrystaat of nié? Ons sal nie weet voor iemand die wes-Vrystaat amptelik afbaken nie. Daarom gebruik ek 'n kleinletter, dis nie 'n naam nie maar 'n beskrywing. Ook sal ek skryf sub-Sahara (in 'n sin, nie opskrif), want tensy ons bakens gegee word is die noordgrens van hierdie gebied vaag en verander na gelang van weersomstandighede ensomeer. Sahara natuurlik met 'n hoofletter want dis 'n naam, nie van 'n mens-afgebakende gebied nie, maar van 'n woestynarea. JMK (kontak) 10:19, 31 Mei 2021 (UTC)[antwoord]
Nou is dit klaar, 277 spesies waarvan ek 272 gedoen het. Daar is nog baie inligting in ander bronne wat bygevoeg moet word. Volgende jaar, nou eers 100,000... Oesjaar (kontak) 14:05, 1 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Goeie naand, almal. Hiermee nomineer ek Gebruiker:SpesBona en Gebruiker:Oesjaar om as CheckUsers op die Afrikaanse Wikipedia te dien. SpesBona en Oesjaar is al lank betrokke op die Afrikaanse Wikipedia en beide dien as burokrate. Ek voel hulle is betroubaar en sal nie hierdie rol misbruik nie. Vir die wat nie weet wat 'n CheckUser doen nie, lees hier. Laat ek sommer die stemming afskop.
Iets is bitter, bitter snaaks met die algoritmes op Google. Julle onthou nog Elize Cawood se afsterwe?
Wel kyk gou hierna:
Elize Cawood
12 561 (18 Julie 2020) - Afrikaanse Wikipedia
4 098 (eers op 19 Julie 2020, die volgende dag, die hoogtepunt) - Engelse Wikipedia
Shaleen Surtie-Richards
30 388 - 7 Junie 2021 - Engelse Wikipedia
2 679 - 7 Junie 2021 - Afrikaanse Wikipedia (Pageviews)
Dit kan onder meer wees (1) dat die taalinstellings op jou foon 'n prominente rol speel.
Of, (2) watter nuuskanaal die eerste én die meeste lawaai maak. Is dit die nuus in Engels, het die Engelse lesers die voorsprong, en dus sal hul eerste die Engelse Wikipedia besoek. Dus, kry ek die gedagte die webwerf wat die meeste besoek word, deur Suid-Afrikaners, bepaal watter resultaat eerste in die soekresultate van Google aanhoudend gaan verskyn. Hoe meer mense kliek, hoe hoër bly hy.
En tog, my Firefox is Duits, aangesien Duits, soos op my foon, makliker ander tale soos Russiese en Franse resultate toelaat (danksy 'n baie veeltalige volk in Europa wat Latyn, Russies en Frans op skool leer). Met ander woorde, my soekalgoritmes word deels bepaal deur die Duitssprekendes en 'n paar Russiese immigrante. Maar as ek 'n onderwerp op Wikipedia soek in Google, sukkel ek my gat af om Afrikaanse resultate te vind, want die gemiddelde Duitser gebruik nooit Afrikaans nie. Suidpunt (kontak) 14:10, 8 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Daar is 'n voorstel dat die artikels Weense kongres en Kongres van Wene behoort versmelt te word. Ek stem saam en ek is gewillig om die twee artikels met mekaar te smelt. Ek het een vraag "Wat behoort die artikel se title te wees?". Meins insiens behoort dit "Kongres van Wene" te wees - ons praat van die Verdrag van Vereeniging en die Verdrag van Versailles, nie die Vereeningingse verdrag of die Verseillesse verdrag nie. Stem mense met my saam? Martinvl (kontak) 19:26, 8 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek wil jou vra my blokkade op te hef. Ek nie doen slegte dinge nie, ek doen baie kategorieë en skep wat artikels. Hierdie kategorieë en artikels is opbouend en nie ontwrigtend.
Ek het jou amptelik by die Wikimedia Safety & Trust Board aangegee as 'n vandaal.
@Kouspop van Mukdro: Ons is nou moeg vir jou nonsins. Jy tart en intimideer ons die hele tyd. Jy kan soveel as moontlik kouspop-rekeninge skep, maar ons gaan jou eenvoudig nie weer toelaat om hier te wysig nie. Jou versperring bly staan. Jou wysigings is nie opbouend nie. Jy is nie 'n spanspeler nie. Voor ons jou versper het, het ons vir jou 'n klomp kanse gegee. Jy het vir ons middelvinger op verskeie kere gewys en ons het genoeg gehad. Totsiens! Lefcentreright (kontak) 12:29, 10 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek is nie 'n vandaal nie, ek maak nie slegte kategorië en wysigings nie en ek neem ander se opinie in ag. Kouspop van Mukdro (kontak) 12:56, 10 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Dagsê gemeenskap! Ek vermoed die nuutste kouspop van Mukdro is Gebruiker:Delareyy. Kan ons checkusers dit nagaan asb.? (Indien dit nie die geval is nie, sal ek sy blokkade ophef.) Dankie, --Aliwal201211:14, 13 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Wel, dit hang af. Die Breederivier was voor 6 Mei nog 'n onbeduidende 337 m lank...
Maar, ek het binne twee dae A Brief History of Russia (Michael Kort) klaargelees. Dankie Beurtkrag.
Want dis wat jy in die dorpsbiblioteek kry. Dis aan die "grootmenskant". Dis wat jou gewone mense lees. En jy moet weet wat hulle weet.
Al het die boek my op die spoor van Leibniz geplaas (wat Pieter die Grote beïnvloed het om die eerste biblioteek in Rusland op te rig; deur sy eie versameling te skenk, nes ons eie Joachim von Dessin, ook in die 1700's, wat ook deur Leibniz beïnvloed is - 'n raakpunt tussen Suid-Afrika en Rusland; behalwe dat Pietertjie s'n slegs vir die adel bestem was (en 'n intellektuele kloof ontstaan het tussen gepeupel en adel), en ons s'n vir die ganse volk en vaderland - hoewel niemand gelees het nie!) wat my deur bietjie te google gebring het by Leibniz in seinen Beziehungen zu Russland und Peter dem Grossen (1873) [met die lieflikste briewe in sy oorspronklike fleurige Frans, ai, waar is Voyageur nou?]...
bly my grootste kritiek dat die boek slegs uit Engelse bronne bestaan het, met twee of drie vertalings in Engels uit die Russies, en miskien 'n vertaling uit die Frans wat skerp teen die kommunisme gekant is (die Duitse vertaling daarvan, Das Schwarzbuch des Kommunismus lê op die boekrak by die koppenent van my bed). Op die ou end sit jy met 'n boek met 'n baie, baie, sterk eensydige en oorvereenvoudigde Amerikaanse en Halfeuropese blik. Jy sien wat gebeur het, jy sien 'n patroon van absolutisme wat herhaal... maar jy verstaan steeds nie die Russiese mentaliteit nie. Boonop beslaan 9 van die 10 hoofstukke net politiek. Slegs een hoofstuk word aan die letterkunde afgestaan, en dis voor die Oktober (Juliaanse kalender)/November (Gregoriaanse kalender)-revolusie. Verder... is daar net mooi niks anders nie.
Betroubaarheid? Dit hang af.
Dis net soos "Middeleeuse filosofie" wat verlede jaar uitgegee is en met 'n beperkte oplaag reeds uitverkoop is. Met die uitsondering van één Duitse bron, is die hele bibliografie net Engels. Nie eens vertalings nie. Ek bedoel - dis heiligskennis! Was dit immers nie die Italianers, die Franse, die Spanjaarde, die Pous en 'n paar Duitsers, en een Hollander en een Engelsman wat die wêreld op sy kop gekeer het nie? Waar is hulle sê in die saak?
Vergelyk dit nou met The Cathars deur Malcolm Lambert (1998), wat geen oomblik huiwer om oertekste uit Duits, Frans, Italiaans, Latyn aan te haal nie (bykans geen sekondêre bronne nie!). Hy vra wel nederig om verskoning dat hy nie Bosnies altyd so goed ken nie (die laaste oorblyfsel van die Kathare was daar saamgekoek).
Waar laat dit Wikipedia? [Nog probleme waaraan ek gedink het]
1. Wikipedia moet noodgedwonge, deur opsomming, sekere delikate inligting weglaat wat die geheel verduidelik. Hoe som jy 'n 300-bladsyboek op met slegs 5 sinne? Dis soos 'n kaart wat elke boom en baken moet weglaat om 'n hele Suid-Afrika van bo in sy geheel te sien. 5 000 km bo die aarde.
Burgert het gelyk. As mens na die Woordeboek van die Afrikaanse Taal kyk, wat die taalpubliek so ruim moontlik probeer bedien, dan word Ou Testament mildelik gebruik. Selfs die Sabbatsreis word uit 'n Christelike oogpunt beskou: "Afstand van 2 000 el wat volgens rabbynse voorskrif i.d. tyd van Christus die toegelate perk was vir Joodse gelowiges om op die Sabbat te reis, en wat tans gelyk is aan ong. 880 m" Suidpunt (kontak) 07:39, 12 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Hoeveel Zoeloe-lesers het ons? - Maak nie saak nie. Ons skryf vir almal en ons is neutraal. Wikipedia is nie 'n Christelike ensiklopedie nie. Kaapse Maleiers praat ook Afrikaans. Groete. -- SpesBona21:53, 13 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
1. As jou teikenmark "vir almal" is, wil ek sien hoe die Duitse Wikipedia paniekbevange met al wat Afrikaanssprekende onderhoud kom voer om tog hul ensiklopedie meer toeganklik vir ons te maak. Dit gaan nie gebeur nie. Net so min soos ons elke stoppel in Duitsland se agtergrond of subteks ken (en hul dit geensins nodig ag om daaroor breedvoerig uit te wei nie, maar vir my heeltemal onverstaanbaar of onverklaarbaar bly, omdat ek nie daar woon nie), ewe min in die Afrikaanse Wikipedia.
En hoe kan jy vir 6 500 taalgemeenskappe (+ ander uitgestorwe, en halfdooies, en herleefde taalgemeenskappe) "neutraal" skryf, as jy maar net twee of drie en hul inligtingsbronne of kultuur ken? En dit sluit dialekte, sektes, subkulture in. Dan begin jy alleen vir spookbeelde en spookkarakters uit jou eie gedagtewêreld skryf en bluf jouself, want jy ken hul nie werklik nie - jy dink dit wel. So alwetend is geen mens nie. Die spoke moet maar uit hul doodskiste klim en eers protes aanteken.
En tog sal die Franse Akademie met 'n geïrriteerde handveeg die spook wegwys - "on parle pas comme ça".
2. Wanneer begin mens praat van taalmanipulasie, en wanneer praat mens van korrekte begrippe? Skryf jy om die taalgemeenskap te bedien, word aangevoer jy moet op die mense se vlak skryf, om tot hul vlak met die boodskap deur te dring. Soos Luther met die Bybel gemaak het (die waarskynlike leser). Skryf jy uit 'n vakkundige oogpunt, gebruik jy jargon en moet die volk maar gelate daarby aanpas. Waar presies vind mens die goue middeweg? Moet ek Koptiese grammatika vir 'n kind skryf, vir die leek, vir die taalkundige wat reeds Hebreeus ken? En dus dieselfde hier.
3. Watter een van die volgende sluit die Apokriewe in? Ou Testament, die Hebreeuse Bybel, die Tanag? Teenvraag: Moet ons die Apokriewe hierby insluit, of uitsluit? Waarom nie? Waarom wel?
Niemand sê Wikipedia is 'n Christelike ensiklopedie nie. Maar daar is ’n teikengehoor. Skryf jy vir Afrikaanssprekende Jode, gaan jy bitter min lesers hê. Skryf jy vir Afrikaanssprekende Zoeloes, gaan jy 'n nog kleiner teikengehoor hê. Jy kan maar op die internet opsoek hoeveel Jode in Suid-Afrika praat Afrikaans (teenoor Engels). Ek weet nie of iemand syfers noem nie, maar die Engelse Wikipedia sê die "vast majority" praat Engels. Dis ook my ondervinding. Ons oorgrote meerderheid lesers is dus Afrikaanse Christene en ja, Afrikaanse Moslems. Dit is dus die mense vir wie jy skryf. Jy kan nie voorkeur gee aan die term "Hebreeuse Bybel" nie, want jou Christelike teikengehoor praat van die "Ou Testament" en weet waarskynlik nie eens wat "Hebreeuse Bybel" beteken nie. Ek twyfel of jou Moslemse teikengehoor regtig omgee. ~ Burgert(kontak)17:04, 14 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
En soos ek dit verstaan, is daar 'n verskil tussen die Hebreeuse Bybel en die Ou Testament. 'n Mens kan dus albei akkommodeer, maar elkeen op sy plek. "Kategorie:Mense in die Hebreeuse Bybel" moet bv. nie 'n subkategorie wees van die "Kategorie:Ou Testament" nie. ~ Burgert(kontak)17:09, 14 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Daar is 'n groot verskil tussen weet, doelbewus ignoreer, onbewus ignoreer en nie weet nie. Hoekom het ons die artikels Pesach én Paasfees, Sjawoe'ot én Pinkster, Tenag én Ou Testament? Omdat daar 'n verskil is en ons nie oor Joodse onderwerpe uit 'n Christelike siening mag skryf nie. Dieselfde geld natuurlik vir Christelike onderwerpe uit 'n Islamitiese siening, ens. Vir Jode was Jesus net 'n Jood, vir Christene die seun van God en vir Moslems een profeet. Vir wie skryf ons nou? Skryf die Kroate net vir Katolieke, die Bosniake net vir Moslems en die Serwiërs net vir Ortodokse? Wat van Hindi- en Oerdoe-taliges, ignoreer hulle mekaar se minderhede? Skryf ons in Duits net oor sokker of is daar ook plek vir ander sportsoorte (Randsportarten)? Weet ons in Duitsland net van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 en ignoreer die ander twee groot toernooie van 1995 en 2003? Die meeste Duitsers ken net eersgenoemde. 'n Onlangse voorbeeld gister by Duitsland se openbare uitsaaiers ARD/ZDF (vergelykbaar met Suid-Afrika se SAUK): Der erste Titel der Engländer seit 1966. Die meeste Duitsers weet niks van Rugbywêreldbeker 2003 en Krieketwêreldbeker 2019 nie. Tot op 10 Februarie 2021 is in die lesenswaardige (!) artikel de:Neuseeland nie eens krieket genoem nie, omdat die meeste Duitstaliges nie daarvan kennis dra nie. Jy sien, ons kry 'n voorbeeld vir elke saak.
Dit was deels ook 'n antwoord op Suidpunt vir watter lesers ek o.a. hier skryf en hoekom. Myns insiens kan ons met 'n ensiklopedie van 'n hoë gehalte ander mense motiveer om Afrikaans aan te leer en ons artikels te lees, omdat dit die moeite werd is. Ek dink maar veral aan Nederlanders, Duitsers, Friese en al die nou verwante dialekte. Dit bring my weer na die ingekorte taalskakels en die sterretjies vir lesenswaardige en voorbladartikels. Maar dit was nie die oorspronklike onderwerp nie, ek weet. Groete. -- SpesBona13:10, 15 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Welcome to the first issue of Universal Code of Conduct News! This newsletter will help Wikimedians stay involved with the development of the new code, and will distribute relevant news, research, and upcoming events related to the UCoC.
Please note, this is the first issue of UCoC Newsletter which is delivered to all subscribers and projects as an announcement of the initiative. If you want the future issues delivered to your talk page, village pumps, or any specific pages you find appropriate, you need to subscribe here.
You can help us by translating the newsletter issues in your languages to spread the news and create awareness of the new conduct to keep our beloved community safe for all of us. Please add your name here if you want to be informed of the draft issue to translate beforehand. Your participation is valued and appreciated.
Affiliate consultations – Wikimedia affiliates of all sizes and types were invited to participate in the UCoC affiliate consultation throughout March and April 2021. (continue reading)
2021 key consultations – The Wikimedia Foundation held enforcement key questions consultations in April and May 2021 to request input about UCoC enforcement from the broader Wikimedia community. (continue reading)
Roundtable discussions – The UCoC facilitation team hosted two 90-minute-long public roundtable discussions in May 2021 to discuss UCoC key enforcement questions. More conversations are scheduled. (continue reading)
Phase 2 drafting committee – The drafting committee for the phase 2 of the UCoC started their work on 12 May 2021. Read more about their work. (continue reading)
Diff blogs – The UCoC facilitators wrote several blog posts based on interesting findings and insights from each community during local project consultation that took place in the 1st quarter of 2021. (continue reading)
Baie bladsye (op alle wikis) oor mense (gewoonlik politici) het 'n afdeling oor omstredenheid. Ek sien juis die Engelse weergawe van haar bladsy het 'n klomp sulke goed onder die "Controversies" opskrif. Mense wil sien wat hulle standpunt is oor sake. Sal jy vir iemand stem as jy niks oor hulle weet nie? Rooiratel (kontak) 06:52, 17 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Sal 'n mens ook iets soortgelyks skryf as 'n "wit" politikus dit oor "swart" mense skryf? Maar ons het waarskynlik nie "swart" lesers nie, ek weet. Groete. -- SpesBona11:21, 17 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek dink nie sulke blatante rassistiese opmerkings hoort op Wikipedia nie. En daar is genoeg bewyse van rassisme na albei kante toe. As ons eers begin, waar gaan ons stop? Ek het so vinnig gekyk, maar ek dink nie die Engelse artikel noem rassistiese opmerkings nie. ~ Burgert(kontak)12:45, 17 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek het dit nou verwyder, aangesien die reëls duidelik is. Ek vertrou só iets verskyn nooit ooit weer hier, dit was nie nie eerste keer nie! Groete. -- SpesBona13:42, 17 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Volgens die beleid is daar niks fout nie, daar moet net meer as een bron wees as dit iets negatief is, en ek kan baie bronne vind. So die reëls is duidelik, ons kan dit hou solank daar meer as een bron is.
"Ek dink nie sulke blatante rassistiese opmerkings hoort op Wikipedia nie" hoekom nie? As 'n publieke figuur moet Lindiwe Sisulu die gevolge aanvaar as haar publieke gedrag en kommentaar gepubliseer word.
Hoekom wil julle dit weg steek dat sy 'n blatante rassis is? Gaan julle nou al die artikels oor apartheid, AWB tipe mense, vroeë VSA geskiedenis, of die nazi's wysig om die rassisme weg te steek? Ek verstaan dit nie.
"En daar is genoeg bewyse van rassisme na albei kante toe." Stem saam, maar sy is 'n lid van die parlement wat in die openbaar rassistiese kommentaar gelewer het. As dit nie noemenswaardig is nie, dan weet ek nie wat is nie.
"Ek het so vinnig gekyk, maar ek dink nie die Engelse artikel noem rassistiese opmerkings nie." Nie vir hierdie spesifieke saak nie, maar ek praat in die algemeen. Daar is baie voorbeelde. Hier is 'n paar as jy my nie glo nie:
Ja, en ek is seker daar staan ook nêrens dat Hitler 'n rassis was nie. Maar in al die artikels kan die leser tot hierdie gevolgtrekking kom op grond van hul optrede en woorde. En dit is wat in die artikel oor Lindiwe Sisulu ook gebeur. Dit het net gesê wat sy gesê het. So wat is die probleem? Rooiratel (kontak) 14:25, 17 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
"Met die eerste boekdeel van sy verhandeling Mein Kampf, wat in 1925 gepubliseer is, het hy die grondslag vir die antisemitiese en rassistiese ideologie van die nasionaalsosialisme gelê." --Slashme (kontak) 16:04, 24 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Die probleem is dat ons Admin nie die beleid dokumente wil lees nie en dus nie wil toepas nie. Neutraliteit verstaan hulle nie, sien Akademia. Die bron is hulle eie webwerf, dus nie objektiewe bronne nie. Laat ek net eers verby die 20 jaar verjaarsdag dinge kom, dan takel ons die dinge volgende jaar.Oesjaar (kontak) 16:44, 24 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek het die beleid gelees. Hier skakel ek dit weer --> beleid. Het _jy_ dit gelees? Watter een van daai reëls is oortree? As daar geen goeie bronne is nie, dan stem ek saam dat dit kan geskrap word. Maar ek verstaan nie hoekom Lindiwe Sisulu se rassisme weggesteek kan word, maar nie Hitler sin nie (soos Slashme gewys het). Verduidelik dit asseblief. Hoe is dit neutraal, en hoe hou dit by die beleid? Rooiratel (kontak) 18:19, 24 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Die agenda is die probleem. Waar is al die dinge wat Eugène Terre’Blanche en Björn Höcke gesê het? Sommige gebruikers noem net rassistiese uitlatings deur "swart" politici, maar nie die teenoorgestelde nie. Wikipedia is neutraal. Groete. -- SpesBona14:35, 17 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Voel vry om dit by te voeg, ek het geen probleem daarmee nie. Ek het nou net 3 voorbeelde gegee oor rassistiese kommentaar wat wit mense gelewer het, so dit lyk net vir my asof julle die agenda het. Ek het nie die inhoud op die Lindiwe Sisulu bladsy gesit nie. Maar ek het net 'n probleem as mense dinge onnodig wil verwyder. Maak nie saak of hulle wit of swart is nie. Rooiratel (kontak) 14:44, 17 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Kyk na my wysigings en noem my politieke agenda. Ek doen nie biografieë nie aangesien ek nie flaters (Fettnäpfchen) wil begaan nie. Buitendien is ek besig met ander artikels in twee tale. Die opskrif hier is Lindiwe Sisulu. Groete. -- SpesBona14:50, 17 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
As die Admin's op hierdie Wiki dink hul grootste werk is om politieke aanhalings by artikels te voeg moet hul liefs maar hulle spreekwoordelike tasse pak. Hulle is welkom om Politiekmedia te begin, iewers op 'n ander plek. Groete! Oesjaar (kontak) 14:55, 17 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Wie het gesê ek dink dit is my grootste werk? Soos ek al reeds gesê het, dit was nie eers my wysigings nie. Ek lewer net my kommentaar op die saak. Julle sê dit is teen die beleid, maar ek sien niks fout daarmee volgens die beleid nie. En ek gee voorbeelde waar sulke "politieke" sake reeds op wikipedia is, sonder enige probleme. So ek sien nog steeds nie wat die probleem is nie. As SpesBona nie aan politieke artikels wil werk nie, dan lekker! Almal werk aan wat hulle wil. Maar nou verwyder julle ander mense se werk sonder 'n goeie rede. En dit is my probleem met die saak. Rooiratel (kontak) 16:09, 17 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Die PretoriaFM nuusartikel is so vol foute, bv. Fanie du Toit is 'n lid van die NRVP en nie die Noordwes wetgewer nie (Moerse verskil), dat dit kan nie as 'n betroubare bron gesien word nie (in my opinie). Ek voel dit is ook onprofessioneel van @K175: om die "bron" weer terug te voeg op so 'n skelm wyse sonder om met die gemeenskap daaroor te praat nadat @SpesBona: dit verwyder het. Sies man! K175 se politieke wysigings is in my opinie problematies. Ek het vir julle laas jaar ingelig oor hoe skokkend Panyaza Lesufi se artikel gelyk het voordat ek dit oorgeskryf het. Een van Wikipedia se kernbeleide is neutraliteit en as K175 nie hom daaraan wil steur nie, dan moet hy nie meer toegelaat word om by hierdie Wikipedia by te dra nie. Dit is goed soos dié wat 'n mens net heeltemal van Wikipedia kan afsit. Groete. Lefcentreright (kontak) 13:24, 22 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek dink nie daar is 'n rede vir die koppelteken nie, want "sukkulent" kan 'n byvoeglike naamwoord ook wees. Verskillende publikasies spel dit egter verskillend. Landbouweekblad skryf dit twee woorde, en ek vermoed hulle is nader aan "reg". ~ Burgert(kontak)08:33, 17 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Wikimania 2021: Individual Program Submissions
Dear all,
Wikimania 2021 will be hosted virtually for the first time in the event's 15-year history. Since there is no in-person host, the event is being organized by a diverse group of Wikimedia volunteers that form the Core Organizing Team (COT) for Wikimania 2021.
Event Program - Individuals or a group of individuals can submit their session proposals to be a part of the program. There will be translation support for sessions provided in a number of languages. See more information here.
Please note that the deadline for submission is 18th June 2021.
Announcements- To keep up to date with the developments around Wikimania, the COT sends out weekly updates. You can view them in the Announcement section here.
Office Hour - If you are left with questions, the COT will be hosting some office hours (in multiple languages), in multiple time-zones, to answer any programming questions that you might have. Details can be found here.
Gemeenskap, ek kyk na hierdie artikel en wonder wat se ensiklopediese waarde dit het? Daar is honderde sulke persone in Suid-Afrika alleen, my eie maatskappy kan hiermee vergelyk word en ek droom nie eens van Wikipedia status nie. Die bronne is in 'n taal wat geen mens kan verstaan nie. Dit is een van die beter masjien vertalings maar het maar sy foute. Dit bestaan ook net in baie kleiner Wikipedia's. Jammer, myns insiens moet dit geskrap word. Julle gevoel? Groete! Oesjaar (kontak) 10:18, 16 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: Die taal is natuurlik Swahili, die belangrikste inheemse Afrikataal. Volgens die bronne in die Swahili-artikel word dit selfs op Suid-Afrikaanse skole aangebied. Terloops is die Poolse Wikipedia nie klein nie. Maar ek gaan die artikel vir die ander redes nou skrap. Groete. -- SpesBona10:35, 16 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Zita het vir my gevra om die Afrikaanse gemeenskap te nader om kandidate vir die Raad te werf. Sy voel sterk dat Afrika (veral Subsahara-Afrika) beter verteenwoordiging moet kry, en ek het gesê dat ek bereid is om 'n boodskap te vertaal en hier te plaas:
Die 2021 Trusteeraad verkiesing is net om die draai. Kandidate uit die gemeenskap word vir die beskikbare poste aangevra.
Soos julle weet, lewer die Wikimedia Stigting se kuratorium (Board of Trustees) oorsig oor die Wikimedia Stigting se werksaamhede. Die raad bestaan uit trustees vanuit die gemeenskap asook gekoöpteerde trustees. Elke trustee dien vir drie jaar. Die Wikimedia gemeenskap het ‘n stemreg oor die gemeenskapstrustees.
Daar is vier oop posisies in 2021. Ons het hier ‘n moontlikheid om die verteenwoordiging, diversiteit en vakkundigheid van die raad te verbeter.
Wie is geskikte kandidate? Is jy 'n potensiele kandidaat? Meer hieroor by die aansoekbladsy.
Gemeenskap, ek het so pas 'n video konferensie voltooi met twee persone van die Wikimedia Stiging. Lang storie kort, hulle het my gevra om my beskikbaar te stel as 'n Kandidaat vir die opkomende verkiesing, die gedagte is dat ek my ondervinding as 'n kleiner Wikipedia kan gebruik om hulle te help. Het ek julle inkoop? Groete! Oesjaar (kontak) 16:35, 24 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Carol Baron Thompson
Gemeenskap, ek sien die dame (bekende pianis) is oorlede. Enige van ons musikale gebruikers wat 'n stukkie wil skryf oor die dame? Groete! Oesjaar (kontak) 15:21, 21 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Covid virus
My vrou, seun en dogter is almal positief en dwaal hier in die huis rond wat beteken dat ek myself maar moet toesluit in 'n hoekie. Ek het die afgelope maandag my inenting ontvang en op hierdie stadium is ek nog aan die gang agter die rekenaar soos julle kan sien! Kom ons hou duimvas! Groete! Oesjaar (kontak) 18:06, 23 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Hierdie virus is nie mens se maat nie, ek ry elke dag soos 'n nuwe golf! Gelukkig is my vrou, seun en dogter verby die ergste en geen suurstof probleme nie. Groete! Oesjaar (kontak) 10:23, 27 Junie 2021 (UTC)[antwoord]
Ja, manne - ek is nog aan die gang, ook maar net! My longe is bestaan net in naam, so voel dit. Dankie vir die 99,000 artikels! Dit word waardeer! Groete! Oesjaar (kontak) 15:14, 5 Julie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek is baie beter, het die siekte oorleef! My gestel is swak, ek het 5 kg verloor oor vier weke! Maar ek kan die storie vertel! Dankie Heer! Groete! Oesjaar (kontak) 09:04, 14 Julie 2021 (UTC)[antwoord]
Earlier this year, the Editing team ran a large study of the Reply Tool. The main goal was to find out whether the Reply Tool helped newer editors communicate on wiki. The second goal was to see whether the comments that newer editors made using the tool needed to be reverted more frequently than comments newer editors made with the existing wikitext page editor.
The key results were:
Newer editors who had automatic ("default on") access to the Reply tool were more likely to post a comment on a talk page.
The comments that newer editors made with the Reply Tool were also less likely to be reverted than the comments that newer editors made with page editing.
These results give the Editing team confidence that the tool is helpful.
Looking ahead
The team is planning to make the Reply tool available to everyone as an opt-out preference in the coming months. This has already happened at the Arabic, Czech, and Hungarian Wikipedias.
As jy nog nie verstaan dat die Afrikaanse Gemeenskap jou nie hier wil hê nie, sal jy nooit verstaan nie. Hou op om ons tyd te mors, daar is 'n miljoen ander belangrike dinge wat gedoen moet word. Oesjaar (kontak) 07:32, 8 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Kan iemand wat iets van sjablone weet my dalk help, asb. Ek het die sjabloon ((Plaaslike naam)) gemaak, en hy werk lekker. Hy gee die volgende: Bonjour(Frans). Die enigste probleem is dat hy die taalskakel na "Frans language" maak in plaas van na "Frans". ~ Burgert(kontak)18:34, 1 Julie 2021 (UTC)[antwoord]
Hi! I made a suggestion at MediaWikibespreking:Licenses to remove GFDL from the list of suggested licenses. I guess not many users watch that page. I just wanted to inform users of my suggestion. If there is a better place please let me know or make a notice for me. Thank you. --MGA73 (kontak) 12:29, 3 Julie 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, ek deel die volgende met julle. Ek besit 'n Events Maatskappy en was nooit seker van die Afrikaans hiervoor nie. Sophia Kapp van VivA het my gehelp:
Hallo Deon
Die persoon is 'n geleentheidsbeplanner of geleentheidsorganiseerder. Die onderneming waar so 'n persoon werk, is 'n geleentheidsmaatskappy.
Groete
Sophia Kapp
Dankie aan VivA.
Sophia was ook so gaaf om my met die volgende te help: Die "Secretary of State" is die Amerikaanse minister van buitelandse sake (PAEEA) en die "Commander-in-Chief" is die opperbevelhebber.
Daar bestaan nie tans een vir skepe nie. Ek sal solank begin bou aan 'n sjabloon wat se parameters outomaties vertaalbaar is. (In lyn met bestaande inligtingskassies vir vliegtuie en wapentuig). Lekker slaap! Aliwal201219:25, 12 Julie 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, ons fynbos artikels groei baie goed, tans het die Afr. Wikipedia meer skakels na fynbos as wat die Engelse Wikipedia het! Die artikel Fluweeltjie gaan oor die genus Sparaxis, lees maar. Die inligting oor Sparaxis tricolor is maar skraal. Ek gaan die relevante inhoud van Fluweeltjie na Sparaxis oordra en Fluweeltjie dan verander na Sparaxis tricolor omrede 'n paar spesies binne die genus as Fluweeltjie bekend staan. Groete! Oesjaar (kontak) 15:36, 20 Julie 2021 (UTC)[antwoord]
Volgens my woordeboeke is dit "merendeel/s" i.p.v. "meerendeel/s", maar ek sien baie van lg. As daar nie 'n wisselvorm bestaan waarvan ek nie weet nie moet dit seker gekorrigeer word. JMK (kontak) 17:56, 22 Julie 2021 (UTC)[antwoord]
Ek stem, "meerendeel" en "meerendeels" is spelfoute. Dik lyk verder of "merendeel" 'n selfstandige naamwoord is, terwyl "merendeels" 'n bywoord is, hoewel mense dit nie reëlmatig so gebruik nie. Frank (kontak) 10:24, 23 Julie 2021 (UTC)[antwoord]
Sailing is sailing, of dit 'n Olimpiese sportsoort is of nie. In Afrikaans is dit seilvaart. Die kategorie:Seiljagwedvaarte bestaan nog, maar daar is nie 'n artikel wat die wedvaarte beskryf nie. Die artikel seiljagwedvaart het, as ek reg onthou, begin met: "Seiljagwedvaart is 'n sportsoort". Nee dit is nie. Die goed moet korrek beskryf word, anders werk dit nie. ~ Burgert(kontak)19:56, 2 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
New Wikipedia Library collections and design update (August 2021)
Hello Wikimedians!
The Wikipedia Library is pleased to announce the addition of new collections, alongside a new interface design. New collections include:
Cabells – Scholarly and predatory journal database
Additionally, De Gruyter and Nomos have been centralised from their previous on-wiki signup location on the German Wikipedia. Many other collections are freely available by simply logging in to The Wikipedia Library with your Wikimedia login!
We are also excited to announce that the first version of a new design for My Library was deployed this week. We will be iterating on this design with more features over the coming weeks. Read more on the project page on Meta.
Lastly, an Echo notification will begin rolling out soon to notify eligible editors about the library (T132084). If you can translate the notification please do so at TranslateWiki!
--The Wikipedia Library Team 13:23, 11 Augustus 2021 (UTC)
WAAAAAAAAAAAAAAAAAT?! De Gruyter! Daardie boeke sou my miljoene gekos het! Dis die beste nuus ooit! Ek het pas Portugiesische Grammatik en Hebraïsche Grammatik en Russische Grammatik afgelaai. Nou kan ek dit van my wenslysie op Google Play skrap. Dankie Wikimedia, julle is verruklik! Dit is die grootste Kersgeskenk ooit. Ek raak skoon bewoë; ek het pas R3 358,22 gespaar. Nou gaan ek daardie plek leegroof! Suidpunt (kontak) 07:32, 13 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
100 000 artikels teen 15 November
Indien ons 100 000 artikels wil bereik teen 15 November om 23:59:59 sal ons 13 nuwe artikels elke dag moet skep. Dit is nie onmoontlik nie, maar elke gebruiker sal iets na dié partytjie moet bring, elke dag... Ek nooi die gemeenskap om te help om die doelwit te bereik! Kom ons maak dinge gebeur en gee ons self 'n verjaarsdag geskenk! Groete! Oesjaar (kontak) 19:09, 14 Februarie 2021 (UTC)[antwoord]
Hi almal, ons het die 13 reeds afgewerk na 11 artikels per dag (2322 gedeel deur 212 dae). Soos die Proteas se krieketteiken, dit kom stadig maar seker af! Kom ons sit skouer aan die wiel... Aliwal201220:05, 18 April 2021 (UTC)[antwoord]
Moenie mense met krieket verveel nie, dis my en RSG se taak. Ek en die blykbaar meerendeels Afrikaanse gehoor het daai Namibiese krieket op Wanderers verskriklik geniet. Groete. -- SpesBona20:55, 5 April 2021 (UTC) N.S. Ja![antwoord]
Gemeenskap, kan iemand met die regte kennis net die tabel wat ons artikels wys net bywerk, ek benodig dit vir 'n aanbieding nou Sondag aand vir die Wikimania virtuele konferensie. Groete! Oesjaar (kontak) 14:17, 13 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
@Burgert Behr: Hi, ek het vir @Oesjaar en SpesBona: genomineer om as CheckUsers op hierdie Wikipedia te dien. Hulle het ingestem. Die gemeenskap het hulle nominasies eenparig gesteun. Toe ek vir hulle sê dat hulle kan maar na Metamedia gaan om hulle CheckUser-regte te kry, het hulle my net ignoreer. As hulle CheckUsers was, kon Mukdro en sy "kouspoepe" al iets van die verlede gewees het, maar...nou, ja. Groete! Lefcentreright (kontak) 19:18, 13 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Ja, kak maar op my kop! Dankie vir die hulp om 100,000 artikels te maak! Dankie vir die positiewe terugvoering toe ek julle gevra het of ek mag staan as kandidaat vir die stigting se verkiesing! Dankie dat ek elke 2de Dinsdag aand op video konferensies sit met die WikimediaZA stigting en my verveel! Dankie vir die positiewe reaksie op ons 20ste verjaardag, die borge staan tou! En volgende keer as ek bronchitis, reaksie op my Covid inspuiting, longontsteking en Covid kry sal ek die virusse versoek om eers julle toestemming te vra voor hulle my aanval! En dankie vir Afrikaner se beste talent, ongelooflik slim en 100% akkuraat na die tyd... Groete! Oesjaar (kontak) 20:04, 13 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Sjoe, dit gebeur as 'n mens met 'n reuseprojek in twee tale besig is en ondersteuning taamlik min is. Boonop vra ek gereeld vir 'n proeflees van my werk wat elke keer 'n hele naweek vat (Donderdag tot Sondag) en daar gebeur net min. Ek hoor altyd beloftes maak skuld, geld dit net op RSG? Van my beplande artikels is reeds 20 klaar en afgesluit, dit beteken ek het 20 volledige naweke (80 dae!) aan daai artikels gewy en wat ek kry is reaksies soos hierdie. Ja, liewe klaende gebruiker, ek het die krieketrade in Junie 2021 self geskep (met my ou slimfoon by vriende), aangesien ek tevergeefs gewaag het! Bowendien het ek dié artikels uitgebrei en daardie ou kla net lekker. Het ek ooit by 'n artikelreeks van daardie aanklaer ingemeng?
Waarvoor benodig ek CU-regte as Mukro elke van sy kouspoep self deklareer en hulle voor die hand liggend is? Ons kan hulle mos net blokkeer soos gewone admins. 'n CU speur kouspoepe volgens IP-adresse op as 'n gebruiker dit nie deklareer nie, maar dit baie waarskynlik is.
Tans is ek, om eerlik te wees, van plan om meer op die Duitse Wikipedia besig te wees, aangesien ons daar waarskynlik nog bykomende lesenswaardige artikels gaan saamstel (wanneer ek hulle in Afrikaans vertaal is 'n ander vraag, ons het mos genoeg "sportartikels", en is nie lus om nog baie naweke op dié manier deur te bring nie.) Van my ander werk hier om al die nedersettings en politici met kassies te versorg was blykbaar ook tevergeefs, aangesien ander gebruikers dit nie doen nie en daai aantal artikels skerp toeneem. Van al die rekenaarvertaalde artikels en sjabloonwerk met al daai nuwe veranderinge praat ek nie eers nie.
Daai Mukdro benodig net 'n ander stokperdjie, ek wonder of hy homself nie dalk self verveel nie. Hy doen elke keer dieselfde dinge en word altyd teruggerol. Onthou hy nie Albert Einstein se definisie van waansinnigheid nie? Groete. -- SpesBona21:00, 15 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Daar moet 'n beter manier wees. As @SpesBona: nie belangstel nie, moet iemand anders benoem word. 'n Mens kan nie net aanhou om iemand onder verskillende name te blokkeer nie. Hierdie idoot het geen keer nie. Daar moet 'n manier wees om hom permanent te blokkeer. ~ Burgert(kontak)20:00, 19 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Ek het die saak na die Stewards/Checkusers verwys: [13] Nadat hulle dit afgehandel het, het die man maar net aangegaan.... Die bietjie vertroue wat ek gehad het in die mense is weg. Groete! Oesjaar (kontak) 05:22, 20 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
En al die sekuriteit dinge van bo af het boggerol gedoen, het die vent sopas weer 2 keer geblokkeer! Hieronder vra iemand dat ons moet reageer oor die Code of Conduct, hoekom my tyd mors? Groete! Oesjaar (kontak) 11:10, 22 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: Daai ingekorte lys taalskakels links sê alles vir my. Dit maak my nog steeds kwaad en diskrimineer al die klein wikis. Ek onthou die Wikimenia in Kaapstad nog baie goed. Elke liewe detail oor die Engelse Wikipedia: In watter Kaapstadse voorstad word wat op die Engelse Wikipedia geskryf én gelees. Groete. -- SpesBona20:45, 24 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, ek gaan die voorgestelde kategorie verwyder aangesien daar reeds duisende van die artikels is, verwysende na onder andere fynbos spesies. Ons sal nooit genoeg Afrikaanse name hê nie! Groete! Oesjaar (kontak) 12:42, 16 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Waterberg is nog 'n artikel wat uitgebrei moet word, en waar die Engelse artikel weereens die kat aan die stert beet het. Die Engelse artikel beskou dit blykbaar alles as deel van die Waterberg-biosfeer te oordeel aan die titel, maar eintlik is Waterberg > Waterbergplato > Waterbergbiosfeer. Baie werk daar nodig. JMK (kontak) 10:47, 20 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, ek is al van laasjaar besig met fynbos spesies, die inperking het ook sy voordele! Ek kan bevestig dat daar op die oomblik 1528 skakels na ons fynbos artikel is. Die Engelse Wikipedia het slegs 1061 skakels na hulle fynbos weergawe. Groete! Oesjaar (kontak) 17:58, 16 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
@Lionel Scheepmans:, the problem is all this stuff that you want us to comment on means absolutely nothing to us. We are a small/medium size Wiki and the only real communication we get is at election time! Our needs/requirements means nothing to the big Wiki's out there. Yes, thanks for the invite but I cannot see anybody responding including me. Regards. Oesjaar (kontak) 08:01, 17 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar:, thanks for this reply. If it was easier, I'll send the message to all Wikimedia projects. It's also interesting to me to visit all general forums. That's an interesting trip. And I'm pretty sure that almost one person will read the message as you. And that's fine for me. Have a nice day ! Lionel Scheepmans11:47, 17 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Ek het pas die afsluiting van Wikimania 2021 geniet, en een van die sprekers het haar artikel oor die dame genoem, so ek het my deel gedoen met die vertaling in Afrikaans. Dalk het die een of ander van julle tyd om dit 'n bietjie te poleer! --Slashme (kontak) 22:46, 17 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
@Slashme:, dit was goed om weer met jou te kon praat tydens my aanbieding. Moeilik om te glo dat ons laas in 2018 in Kaapstad gesels het. Ons sal jou artikel poleer! Dankie daarvoor! Groete! Oesjaar (kontak) 06:31, 18 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, (amper sê ek gemeente!), ek is tans besig met die spesies van die genus Geissorhiza. Ek het die volgende tameletjie teëgekom, die volgende spesie moet Geissorhiza eurystigma wees, wat alreeds 'n aanstuur is na Kelkiewyn. Die probleem is dat laasgenoemde 'n artikel is wat nie werklik die spesie of die genus beskryf nie - soos die Wikipedia styl is nie. Die artikel verwys na drie verskillende spesies (Geissorhiza eurystigma, Geissorhiza radians en Babiana rubrocyanea). Ek stel voor dat ons die bestaande Kelkiewyn 'n dubbelsinnigheid artikel maak sodat ek die ander twee Geissorhiza spesies kan skep. Julle gedagtes asb! Groete! Oesjaar (kontak) 13:25, 19 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Kelkiewyn (plant) liewer 'n dubbelsinnigheidsbladsy want (benewens die voël) is Kelkiewyn ook Gladiolus alatus,[1]Babiana rubrocyanea, G. radians en G. eurystigma.[2] Die voormalige G. rochensis het genoeg volksname: Blousyblom, Blousysie (ook G. aspera[3]), Wynblommetjie[4] of Wynkelkie.[3]G. inflexa is die Rooisysie.[3] Blousysie (plant) kan miskien ook 'n dubbelsinnigheidsbladsy word, en Sysie (plant) 'n aanstuur na die genus. JMK (kontak) 10:20, 20 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
NS. Gladiolus alatus is nou Tritoniopsis parviflora var. parviflora. Die taksonomie verander by die dag!
Volgens World Flora Online[15] word Gladiolus alatus L. nog erken, maar daar was 'n Gladiolus alatus Burm.f. wat nou Tritoniopsis parviflora (Jacq.) G.J.Lewis is. C.A. Smith het wel eersg., d.i. Gladiolus alatus L. in gedagte, en op p. 546 gee hy bykomende volksname daarvoor: "Kalkoentjie, Kelkiewyn, Kipkippers, Kipkippies (blomme) en Rooikalkoentjie". Bg. wetenskaplike name is terloops gekontrolleer. Is daar 'n meer aktuele bron as WFO? JMK (kontak) 09:57, 25 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
If you have enabled "Besprekingsnutsgoed" in Special:Preferences#mw-prefsection-betafeatures, you will get a new feature. The new feature adds a [inteken] button to each ==Level 2 section== on a talk page. If you subscribe to the section, then you will get Special:Notifications if someone adds a new comment to that section (but not if they fix typos or edit other parts of the page). This can be very helpful on busy pages, especially if you only want to follow one conversations. Please try it out and share your thoughts at mw:Talk:Talk pages project/Notifications.
@Slashme:, hier by my huis (ek weet nie van ander plekke nie) weier my laptop, selfoon en seun se laptop (via ander domein) om die Verkiesings banier te vertoon. Die gemene deler is Chrome. Dit wys wel via MS Edge. Interessant! Groete! Oesjaar (kontak) 12:55, 21 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar:, dis nou vir jou 'n ding. Ek's op die oomblik op vakansie in Kroasië, so ek kan self geen data hiertoe bydra nie. Uit pure nuuskierigheid, wat maak vuurvos daarmee? --Slashme (kontak) 20:56, 21 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Universal Code of Conduct - Enforcement draft guideline reviews
These guidelines are not final but you can help move the progress forward. The committee will revise the guidelines based upon community input.
Comments can be shared in any language on the draft review talk page and multiple other venues. Community members are encouraged to organize conversations in their communities.
There are planned live discussions about the UCoC enforcement draft guidelines:
Gemeenskap, ek het die dokument deur gelees... Volgens my 'n pragtige teoretiese werkstuk maar 95% van ons probleme is IP adresse wat skade aanrig en dan verdwyn... Nog 'n projek wat iemand besig hou, maar boggerol beteken vir ons gebruikers hier onder waar die wiele op die pad rol nie. Miskien is ek negatief. Julle insette asb. Groete! Oesjaar (kontak) 12:45, 23 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
The Wikimedia movement has the opportunity to vote for the selection of community-and-affiliate trustees. By voting, you will help to identify those people who have the qualities to best serve the needs of the movement for the next several years. The Board is expected to select the four most voted candidates to serve as trustees. Voting closes 31 August 2021.
The Wikimedia Foundation Board of Trustees oversees the Wikimedia Foundation's operations. The Board wants to improve their competences and diversity as a team. They have shared the areas of expertise that they are currently missing and hope to cover with new trustees.
Gemeenskap Gebruiker:Discott is 'n kandidaat. Hy is 'n Suid-Afrikaner vanaf Kaapstad. Hy is spesiaal gevra om as kandidaat te staan, eerstens om Afrika te verteenwoordig en tweedens om die klein Wikipedia's te verteenwoordig. Ek vra dat julle hom sal ondersteun, dit gee ons klein Wikipedia's 'n kans om 'n hou in te kry teen die groot Wikipedia's. Groete! Oesjaar (kontak) 05:44, 25 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Thank you all! Currently only 2 eligible voters from Afrikaans Wikipedia have voted. But 75% of eligible voters from the Igbo Wikipedia have voted. Meanwhile Afrikaans is the biggest small African wiki. We can do better! Zuz (WMF) (kontak) 12:07, 25 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Never heard of Igbo Wikipedia... The reason why we are growing is that we create content and does not interfere with other Wikipedia's business! I find your remark offensive! Oesjaar (kontak) 15:59, 25 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Oesjaar I did not mean to offend you with my comment. You made a comment about one of the candidate contesting to ensure that small wikis are represented on the board. As a result, I think it is very important that small wiki communities vote. And I just shared one of the small wiki community from Africa whose members are doing well in voting in the ongoing board election. My comment was to trigger the Afrikaans community members and encourage more voting from your community. All the same, I apologize if my comment sounded offensive.Zuz (WMF) (kontak) 16:10, 25 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Die probleem is dat die gebruiker op een of ander obskure komitee dien en nou 'n titel het en dink ons moet op aandag staan as sy praat. Ons is almal vrywilligers hier wat vrye tyd, familie tyd opoffer om inhoud te skep. Hierdie is nie 'n politieke party nie, wat ek doen met vrye tyd is my voorreg en hoef dit aan niemand te verduidelik nie. As hulle al die tyd wat hulle mors in vergaderings wil omskakel na artikels skep sal die artikels globaal aansienlik meer wees. Hierdie is my positiewe mening. Groete! Oesjaar (kontak) 18:25, 25 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Dis hoekom ek 99% van my vrye tyd aan artikels wy. Die res is net bywerk. Ek wil nie weer kyk hoekom hierdie sjabloon stukkend is of daai prent op Commons verwyder word nie. Ek wil skryf en soms 'n eie foto bysit. Dan is ek gelukkig. Lekker gesels werk maar altyd ook. Dis juis hoekom ek 'n groot probleem met diepgaande of onnodige veranderinge aan sjablone het wat werk. Terloops is die meeste sjablone op die Engelse Wikipedia net oorbodig en vir die alledaagse skrywer oorbodig. Maar dis weer 'n ander onderwerp. Groete. -- SpesBona18:40, 25 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Have you voted?
Hi all,
Kudos! to the Afrikaans Wikipedia community. Thank you to all who have voted so far.
There are 14 eligible voters in Afrikaans Wikipedia for the ongoing Wikimedia Board of Trustees elections. 4 people have voted so far. It will be great if more people can cast their votes.
The Wikimedia Foundation Board of Trustees election is still ongoing. Votes will be accepted until 23:59 31 August 2021 (UTC).
Oesjaar Swahili, Afrikaans and Hausa Wikipedia are the top 3. Another factor that is causing the low eligibility numbers for the African language wikis is because most users of the African language Wikipedia's first created their accounts on bigger projects like English Wikipedia, French Wikipedia etc. So the system considers the first project a user created their account on as the user's home wiki. And so their eligibility will be accounted for on those Wiki's. Zuz (WMF) (kontak) 09:48, 27 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
OesjaarTo add to what I have said above, In general registered users is always an extremely big number but not all registered users have made edits or are active editors. The German Wikipedia for instance has 3.8 million (!) registered users alone, so that is not unusual. It includes all users, including those who never edited. Active users are any users, that have been editing during the last 30 days. The number for these in Afrikaans has been on average 345 users per month in the last 2 years and 240 since af-WP has started. Eligible voters are a narrower group and thus it sounds fine, that only 14 are eligible. For reference more information can be found hereZuz (WMF) (kontak) 13:30, 30 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Now I understand, Afrikaans with 99000 articles (depth 46) , Swahili with 66000 (depth 9) and Hausa with 11000 (depth 3). Without the Afrikaans votes Africa has actually no change to vote for anybody. Yet Africa support the Moleskine Foundation and the Goethe Institut, neither recognises Afrikaans as an indegeous language. Interesting situation... Oesjaar (kontak) 16:59, 27 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, wees asb op die uitkyk vir die volgende: gebruikers plaas verwysings in artikels - wat egter na dobbel plekke en die tipe plekke deurskakel. Ons sal elke verwysing wat net by gelas word moet ondersoek! Groete! Oesjaar (kontak) 07:26, 31 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, die afgelope paar weke was daar ongelooflike vandalisme en dergelike dinge gedoen deur gebruikers wat nie geregistreer is nie, hier op ons Wikipedia. Ons die gemeenskap, het dit reggemaak en soveel tyd gemors om gemors reg te maak! Ek het met Wikimedia, daar bo in wolke iewers, gesels... Daar is 'n opsie wat ons sal toelaat dat slegs geregistreerde gebruikers veranderinge en bydraes tot ons Wikipedia kan maak, dus IP-adres gebruikers kan slegs lees. Maar dit moet 'n meerderheidsbesluit wees. Ek wil graag julle meninge hê - gee net ondersteun of teen. Groete! Oesjaar (kontak) 18:26, 31 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Gekant: ek dink dit stuur die verkeerde boodskap. Wysiging moet oop wees aan almal en kan op spesifieke onderwerpe of vir IP-adresreekse beperk word. Ons kort ook meer mense wat vandalisme patroleer. – K175 (skil 'n appeltjie) 19:59, 31 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Gekant, Sien daar is wel ook IP-adres gebruikers wat klein regstelling maak terwyl daar ander met gebruikername is wat skade aanrig. Sal voorstel dat mens na ander oplossings soek. Sobaka (kontak) 20:48, 31 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Gekant Voorlopig gekant, maar julle kan my oortuig, of ignoreer. Dis trouens nie ek wat alles dophou en kole uit die vuur krap nie. Wonder of dit nie is omdat ons nie sagteware het wat hierdie onsin betyds stopsit nie. Wat ek al vir die Engelse wikipedia voorgestel het is sagteware wat verdagte bydraes deur, en net vir, ongeregistreerdes weier. Hul antwoord was dat die vandale dan sal leer waarmee hulle kan wegkom aldan nie. Het wel goeie bydraes deur ongeregistreerdes opgemerk, en dis jammer as ons hulle moet uitsluit. Probeer miskien eers a) 'n zero-tolleransie-beleid teen oortreders, of b) 'n tydelike blok van ongeregistreerdes om die vlaag vandalisme te onderbreek, wat dan later sonder aankondiging gelig word. JMK (kontak) 21:58, 31 Augustus 2021 (UTC)[antwoord]
Gekant: dit gaan verseker nuwelinge afskrik om hier te werk. Boonop sal ons nie Mukdro & Kie met so 'n reëling kan keer nie! Maar dit is werklik 'n moeilike besluit, om gereeld vandalisme te patroleer is 'n tydrowende werk. --Aliwal201211:29, 2 September 2021 (UTC)[antwoord]
Gekant – wie hersien dan al die Afrikaanse televisiereekse? Baie jare gelede was 'n welbekende Anoniem hier betrokke. Goeie ou dae daardie! Groete. -- SpesBona20:55, 6 September 2021 (UTC)[antwoord]
1. Minder werk vir ons om te doen, meer vrye tyd vir navorsing.
2. Dit dwing voornemende gebruikers om te registreer; daardeur bou mens 'n band op en hulp kan verleen word. I.P.-adresse verander en niemand onthou buitendien nommers nie, wel name.
3. 'n Mens kan 'n gebruikersnaam opbou, of afbreek. Verkieslik wil jy 'n mooi reputasie bou om as voorbeeld te dien vir ander. 'n I.P.-adres is soos 'n outjie met 'n spuitkan in sy hand: 'Vandaal' staan op sy voorkop nog voordat hy iets gedoen het.
4. Dit maak dit net makliker vir ander om opvolgwerk te doen. As sekere individue verdwyn kan mens makliker 'n e-pos stuur of uitvind wat van hulle geword het.
5. Die voordele van lidmaatskap moet sterk benadruk word. Besef die meeste gebruikers ons kan gratis peperduur akademiese e-boeke en wetenskaplike artikels aflaai by die Wiki-biblioteke? As jy hierdie boeke moes koop sou dit enigiets tussen $20 per artikel en $350 vir 'n boek kos. Nog 'n voordeel is prente wat jy hier op die Afrikaanse Wikipedia kan oplaai; 'n gewone I.P.-gebruiker besef dit nie.
6. Jy het die voordeel om vinnig deur jou eie bydraes te sif wat jy die afgelope 100 jaar aangevang het.
Contra:
1. My eerste bydrae was per I.P.-adres. Iemand het aan my "artikel" geskaaf en 'n week of wat later het ek geregistreer.
2. Dit is 'n ergernis om per selfoon te werk. Nou moet jy eers inteken bloot omdat jy net vinnig 'n spelfout wil regmaak. As 'n rekening die "kredietkaart"-metode is, moet die I.P.-adres soos "kleingeld" beskou word. Jy kan nie altyd per kaart betaal nie. Die app/toep maak dit regtig moeilik, veral vir beginners. Voor die rekenaar gaan dit sommer voor die wind. Onthou - bejaardes wat skrikkerig is vir die komper wil ook graag bydra, maar is so bang hulle maak 'n fout en hul naam krater. In hulle oë kyk miljoene mense nou na hulle bydraes.
3. Dikwels wil jy miskien 'n omstrede onderwerp aanroer waaraan jy nie gekoppel wil word nie. Ons is almal mooi groot en as Oesjaar skielik oor die ginekologie begin skryf sal niemand eers opkyk nie, maar nie almal is ewe mooi groot nie (ek bedoel nou volwassenes). 'n Voorbeeld: 'n uiters links- of regsgesinde in die publiek kan sowaar! hom in 'n ander se skoene dink en 'n neutrale artikel skryf. Maar sy beeld sal aangetas word; dis nie deel van sy "image" nie. Maar jy soek steeds daardie voorbeeld vir 'n klas.
Nou kom jy in 'n onderhoud en die ou vir wie jy met daardie duur Cappuccino probeer omkoop vra uit oor jou betrokkenheid by Wikipedia. Dis 'n werksonderhoud. Wat is jou gebruikersnaam? Suidpunt. Nou gaan soek hulle wat Suidpunt doen en wat hy as minderjarige destyds kwytgeraak het. As Suidpunt oor onderwerpe skryf wat teen sy werkgewer se wil is, dan is Suidpunt dalk sy aansoek kwyt.
4. Ons steun en kreun oor kouspoppe, maar ons mag eintlik nie twee rekeninge hê nie, omdat ons nie verkiesings wil opdonder nie - so, hoe nou gemaak? Party mense het die gawe om soos 16 verskillende "persoonlikhede" te dink. Dis nie moeilik nie, want by 'n robot moet jy buitendien namens alle motoriste dink wat net "huis" en "Kentucky" op die brein het. As ek maar dink aan die skrywer Gert Basson wat 'n legio skuilname het vir elke genre of reeks wat hy skryf. Die ou agter die rekenaar sou verkies dat die gebruikersnaam SaartjieSkote skryf oor Pompeji, The4unis oor die Kaap, Ricardo798 oor die nut van teddiebere. Dis soos geordende lêers in houervouers. Gun hierdie mense dan die geleentheid om ten minste in I.P.-adresvorm te skryf om tog die chaos uit hulle lewe te hou. En die Wiki-verkiesings vry en regverdig.
5. Party mense wil net eenmalig 'n bydrae lewer en nooit weer van hulle laat hoor nie. Dit kan miskien die bywerking van 'n gemeente-artikel wees. Hulle pla niemand nie.
6. Het ons nie alreeds honderde-duisende nuttelose registrasies nie? Wat van nog 'n addisionele 100 000 vir die grap?
Ek verstaan ook nie hoekom mense sê die aarde is rond nie. Dis tog 'n kwessie van perspektief. Van 'n ruimtelike perspektief is dit ronderig, maar van waar ek sit, is dit relatief plat. Frank (kontak) 08:52, 7 September 2021 (UTC)[antwoord]
The 2022 Community Wishlist Survey will happen in January
Hello everyone,
We hope all of you are as well and safe as possible during these trying times! We wanted to share some news about a change to the Community Wishlist Survey 2022. We would like to hear your opinions as well.
Proposing and wish-fulfillment will happen during the same year
In the past, the Community Tech team has run the Community Wishlist Survey for the following year in November of the prior year. For example, we ran the Wishlist for 2021 in November 2020. That worked well a few years ago. At that time, we used to start working on the Wishlist soon after the results of the voting were published.
However, in 2021, there was a delay between the voting and the time when we could start working on the new wishes. Until July 2021, we were working on wishes from the Wishlist for 2020.
We hope having the Wishlist 2022 in January 2022 will be more intuitive. This will also give us time to fulfill more wishes from the 2021 Wishlist.
Encouraging wider participation from historically excluded communities
We are thinking how to make the Wishlist easier to participate in. We want to support more translations, and encourage under-resourced communities to be more active. We would like to have some time to make these changes.
A new space to talk to us about priorities and wishes not granted yet
We will have gone 365 days without a Wishlist. We encourage you to approach us. We hope to hear from you in the talk page, but we also hope to see you at our bi-monthly Talk to Us meetings! These will be hosted at two different times friendly to time zones around the globe.
We will begin our first meeting September 15th at 23:00 UTC. More details about the agenda and format coming soon!
Brainstorm and draft proposals before the proposal phase
If you have early ideas for wishes, you can use the new Community Wishlist Survey sandbox. This way, you will not forget about these before January 2022. You will be able to come back and refine your ideas. Remember, edits in the sandbox don't count as wishes!
Gemeenskap, bogenoemde artikel handel oor die genus Gethyllis. Ek gaan al die Gethyllis-spesies beskryf en 'n klompie van hulle dra ook die naam Koekemakranka. Met julle goedkeuring, ek gaan die bestaande Koekemakranka oorskuif na Gethyllis en dan 'n Koekemakranka-dubbelsinnigheid bladsy open om al die Koekemakranka's te kan hanteer. Ek sal ook Wikidata bywerk, ek vertrou dit in orde so! @AFM:, jy het Koekemakranka geskep, reg so? Groete! Oesjaar (kontak) 14:46, 7 September 2021 (UTC)[antwoord]
Dis reg so Oesjaar! Ek sien jy roei nou sterk om die 100 000 artikels vol te maak (ons kort nog 23!!!) Kan ons net asb. 'n artikelnaam kry wat uitspreekbaar is vir daardie mylpaal? Groetetetete ("eggo") Aliwal201217:35, 7 September 2021 (UTC)[antwoord]
Mag ons 'n kenteken vir dié mylpaal skep? Ek het dit al by ander taalweergawes gesien, maar ek is nie 'n kunstenaar nie! Ek het die Duitse Wikipedia ingelig. Groete. -- SpesBona10:15, 8 September 2021 (UTC)[antwoord]
Thank you to everyone who participated in the 2021 Board election. The Elections Committee has reviewed the votes of the 2021 Wikimedia Foundation Board of Trustees election, organized to select four new trustees. A record 6,873 people from across 214 projects cast their valid votes. The following four candidates received the most support:
While these candidates have been ranked through the community vote, they are not yet appointed to the Board of Trustees. They still need to pass a successful background check and meet the qualifications outlined in the Bylaws. The Board has set a tentative date to appoint new trustees at the end of this month.
Read the full announcement here.
Best, Zuz (WMF) (kontak) 10:12, 8 September 2021 (UTC)[antwoord]
Van die komitee word verwag om diversiteit in die beweging te verteenwoordig. Diversiteit sluit geslag, taal, geografie en ervaring in. Dit sluit deelname in projekte, susterorganisasies, en die Wikimedia stigting in.
Om 'n lid van die komitee te word, is dit nie nodig om vlot Engels te praat nie. Indien nodig, word vertalings- en tolkondersteuning beskikbaar gestel. Kommiteelede kry 'n toelae om die koste van deelname te betaal. Die toelae beloop $100 elke twee maande.
Ons is op soek na mense met die volgende vaardighede:
Weet hoe om in samewerking met ander te skryf (bewese ervaring is voordelig)
Bereid om kompromisse te vind.
Fokus op inklusiwiteit en diversiteit.
Kennis van gemeenskapskonsultasies.
Interkulturele ervaring.
Ervaring in die bestuur of organisasie van organisasies sonder winsbejag of van gemeenskappe.
Ervaring in onderhandeling met verskeie partye.
Daar word verwag dat die komitee met 15 lede opgestel sal word. Indien daar 20 of meer kandidate is, sal 'n gemengde seleksie en verkiesingsproses plaasvind. Indien daar 19 of minder kandidate is, sal 'n seleksie sonder 'n verkiesing plaasvind.
Wil jy in hierdie belangrike rol help om Wikimedia vooruit te dryf? Stel jouself hier verkiesbaar. Kontak asb. strategy2030wikimedia.orgmittee#Candidate_Statements met enige vrae.
The meeting will not be recorded or streamed. Notes without attribution will be taken and published on Meta-Wiki. The presentation (first three points in the agenda) will be given in English.
We can answer questions asked in English, French, Polish, and Spanish. If you would like to ask questions in advance, add them on the Community Wishlist Survey talk page or send to sgrabarczuk@wikimedia.org.
Gemeenskap, die dame is ons nuwe HUB: Maryana Iskander Kan iemand asb iets skep hier op ons Wikipedia. Ek het reeds 'n gelukwensing per e-pos gestuur en haar ook genooi vir 'n koppie koffie! Kom ons kyk.. Groete! Oesjaar (kontak) 19:46, 16 September 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, soos julle kan sien is ek nou al amper 16 maande besig met fynbos spesies en verwante dinge. Die een probleem wat ek geïdentifiseer het is dat die kategorisering van die taksonomie van Flora van Suid-Afrika geen struktuur het nie. Daar is kategorieë soos Blomme, TuinplanteStruike, Endemiese plant van Suid-Afrika, Bome van Afrika en nog ander. Daar is egter geen struktuur aan die verskeie kategorieë nie en elke gebruiker doen sy eie willekeurige kategorisering.
Ek stel voor dat die struktuur geskep moet word van koninkryk, klade, klade, klas, orde, familie, genus. Elke spesie moet deel wees van 'n genus kategorie. Die bestaande ongeordende kategorieë Blomme, TuinplanteStruike ens. sal dan soos 'n matriks toegepas word en dat elke spesie ten minste nog een kategorie sal hê.
Om die proses te begin, het ek reeds 59 genera geskep wat direk na Flora van Suid-Afrika skakel. Ons moet die taak so ver as moontlik afhandel alvorens na stap 2 oorgaan. Baie grasse en bome het nog geen genera artikels nie.
Stap 2: As ons eers genoeg genera geskep het, moet hulle na families gekoppel wat op hulle beurt na orde sal skakel ens.
Die bestaande Orde artikels: die meeste is bygewerk met Wêreldspektrum 1982 deur Maroela Media wat hulle so woord vir woord oorgedra het. Die taksonomie het in baie gevalle drasties verander, bv, genera skuif na ander families en families skuif na ander ordes. Moet nie dié artikels blindelings volg nie, ek gaan prof's John Manning, Ben-Erik van Wyk of Tony Rebello vra vir hulp hier. Selfs die magtige Engelse Wikipedia is agter!
'n Mens besef terdeë hoe uiters, uiters versigtig te werk gegaan moet word met die oorname van materiaal uit ou ensiklopedië. Feite verouder vinnig en selfs verlede jaar s’n kan vandag nie meer geld nie. Ek weet dat dit juis om hierdie rede is dat Naspers hoeka reeds die uitgee van die ou geroemde Afrikaanse Kinderensiklopedie gestaak het. Dit is egter steeds so dat daar 'n magdom inligting in die Kinderensiklopedie is (sê nou maar die geskiedenis van 'n ridder uit die gryse verlede of wat dan nou ook al) wat steeds so geldig is as toe dit destyds geskryf is. As die uwe kan reël dat van daardie materiaal vryelik beskikbaar word vir die Afrikaanse Wikipedia, sal iemand enige beswaar daarteen hê? Daar kan selfs so bepaal word dat opname van enigiets daaruit eers voorgelê word vir goedkeuring van admin. Maar dit sou jammer wees as so 'n magdom bruikbare materiaal net verlore gaan in argiewe waar dit gou onder die stof sou vergaan. Mooi groetnis. Mieliestronk (kontak) 05:13, 20 September 2021 (UTC)[antwoord]
Naskrif: Let wel, ek waarborg nie dat ek so iets gereël sal kan kry nie. Ek het wel rede om te hoop dat ek miskien sal kan. Maar ek kan mos nie sommer sonder magtiging namens Wikipedia optree nie! Groete. Mieliestronk (kontak) 05:17, 20 September 2021 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar:, jammer ek kom nou eers terug hiermee, maar twee ander dinge het die afgelope week 'n ou se volle aandag geverg! Ek moet nietemin nou bieg dat ek ietwat in die war is oor wat ek moet probeer beding. Moet ek vra vir die opname van materiaal uit die Kinderensiklopedie in Wikipedia? Of moet ek vra dat of die Kinderensklopedie se data bewaar mag word by die Akademie? Mieliestronk (kontak) 00:43, 26 September 2021 (UTC)[antwoord]
Movement Charter Drafting Committee - Community Elections to take place October 11 - 24
This is a short message with an update from the Movement Charter process. The call for candidates for the Drafting Committee closed September 14, and we got a diverse range of candidates. The committee will consist of 15 members, and those will be (s)elected via three different ways.
The 15 member committee will be selected with a 3-step process:
Election process for project communities to elect 7 members of the committee.
Selection process for affiliates to select 6 members of the committee.
Wikimedia Foundation process to appoint 2 members of the committee.
The community elections will take place between October 11 and October 24. The other process will take place in parallel, so that all processes will be concluded by November 1.
We are very happy about the wide range of diverse Wikimedians that are running for the election and selection processes for the drafting committee of the Movement Charter! As the number of candidates is quite large and thus informing yourself about them might be a bit more complicated, we want to try something different this time: We want to organize a so-called “Voting Advice Application (or “Election Compass) with statements related to the Movement Charter. All candidates can propose their statements here.
Ons het 'n probleem met 'n kandidaat vir eerskomende week se voorbladartikel. Die een wat in lyn staan vir goedkeuring, is Joachim Nikolaus von Dessin, maar die artikel het geen foto beskikbaar nie. Gewoonlik sal ons nie dit mag oplaai nie, want teks alleen vertoon baie saai op die voorblad.
Ek het gaan kyk na Bloemfontein, aangesien ons reeds voorheen Johannesburg, Pretoria en Kaapstad gehad het. Ek vra julle toestemming om Bloem te plaas, al het dit nog nie deur die gebruiklike stemproses gegaan nie? U spoedige antwoord sal waardeer word, of stem asb. hier. Dankie! Aliwal201219:53, 21 September 2021 (UTC)[antwoord]
N.S. Die Bloemfontein-artikel is reeds op 25 Mei 2003 geskryf, 241 keer gewysig en is 1 605 keer in die afgelope 30 dae besoek, dus 'n swaargewig!
Die artikel Joachim Nikolaus von Dessin wys sy familiewapen, myns insiens is dit 'n geskikte prent vir ons voorblad. Bloemfontein is myns insiens egter te klein vir ons voorblad, dit is 'n goeie artikel, maar in vergelyking met ons meeste stadartikels wat reeds op die voorblad was, te klein. Ek het altyd Bloem in die agterkop gehad, maar ook Windhoek. Aangesien veral Gebruiker:Voyageur daardie artikels uitgebrei het, lyk dit onwaarskynlik dat daar nog iets sal gebeur. (Tensy hy terugkom, 'n klein bietjie hoop is nog steeds daar). Groete. -- SpesBona20:30, 21 September 2021 (UTC)[antwoord]
Aliwal, hou by Joachim Nikolaus von Dessin as voorblad, daar sal nooit 'n foto wees nie. Die inhoud is egter van onskatbare waarde vir die gemeenskap. Groete! Oesjaar (kontak) 05:28, 22 September 2021 (UTC)[antwoord]
Invitation to the East Africa and South Africa EDGAR meeting
I am reaching out to invite you to the East Africa and South Africa EDGAR conversation happening on Friday 24th September 2021 at 5:00 pm UTC.
The Universal Code of Conduct Phase 2 Drafting Committee recently shared a draft of the Enforcement Guidelines. This is a necessary addition to the Universal Code of Conduct (UCoC), and will help guide community members on how the new policy should be implemented. The draft is available for review by the entire community. The review process opened on 18 August and closes on 18 October.
The suggestion for a UCoC is connected with the Movement Strategy recommendations. The Wikimedia Foundation Board of Trustees decided to make it a priority among other Movement Strategy actions. The UCoC is a step to ensuring the safety and inclusion of volunteers. This policy must be relatable for all the Wikimedia communities and stakeholders of the Movement.
The success of the Universal Code of Conduct depends on you. Your feedback during this review is important. Please think of answers to the open question asked by the drafting committee here. Our discussion will centre around the questions about escalation, appeal and the U4C committee. You may comment on the draft or join us this Friday to share your feedback on What you would like to be added to the draft? What language is confusing? Which parts of the draft do you like best or least?
If you will be interested in joining this Friday's meeting please email me via zuz-ctr@wikimedia.org to send you the meeting link.
Die misdaad afdeling van die Kaapse Vlakte bladsy bevat verskeie sinne en aanmerkings wat nie pas by Wikipedia se beleid nie. Die woordgebruik van sekere interpretasies van verwysings is in sekere gevalle glad nie neutraal nie. In ander gevalle is die negatiewe afleidings wat gemaak word glad nie teenwoordig in enige van die verwysings nie. In verdere aanmerkings word die strekking van die artikel wat gebruik word as 'n verwysing verdraai om 'n sekere punt te maak. Daar is ook verskeie neerhalende opmerkings wat glad nie 'n verwysing het nie.
As mens die eintlike misdaadsyfers opsoek en vergelyk met die grote van die bevolking in die area is dit duidelik dat die oorgrote meerderheid van die bevolking wetsgetrou is. Maar die hele afdeling lyk asof dit geskryf is juis net om die mense van die area sleg te laat lyk. Ek dink nie so iets behoort nie in 'n ensiklopedie nie.
Rogue2030, die artikel is uit die Engelse artikel, Cape Flats, vertaal. Jy het in Maart vanjaar ook die Engelse artikel probeer verander, maar jou veranderings is teruggrol. Ek is seker in die verwysings wat aangegee word, is daar genoeg bewyse van die misdaad op die Kaapse Vlakte. En nêrens staan almal is misdadigers nie? ~ Burgert(kontak)08:36, 23 September 2021 (UTC)[antwoord]
Gebruiker:Burgert_Behr, ek sê nie dat daar nie misdaad is nie. My punt is dat die manier waarop die situasie daar uitgelê word nie op 'n neutrale wyse gedoen is nie. As ek reg verstaan is WP:NEUTRAAL nog steeds een van die mees belangrikste beginsels van Wikipedia. Daar is in die afdeling ook interpretasies wat glad nie in die verwysings verskyn nie, wat weer WP:OORSPRONKLIK oorskry. Boonop word lewende mense bespreek, direk sowel as indirek, dus is WP:LEWEND ook van toepassing. Hierdie is 'n sensitiewe onderwerp, en ek dink as dit nie op die regte manier beskryf kan word nie, moet dit liewers nie hier verskyn nie. Rogue2030 (kontak) 09:12, 23 September 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, daar is lewe na 100,000 artikels! Maar ek dink voor ons enige ander groot projekte aanpak moet ons eers 'n bietjie fokus op instandhouding. Die probleem is hoe meer ons Wiki groei, hoe moeiliker word dit om alles te onderhou! Ek het die protea spesie se kategorie probleem reggemaak en in die proses 'n probleem met Protea venusta onder dr. Tony Rebelo se aandag gebring. Hy het die data op Plants of the World laat regmaak. Wow!
Die ander groot uitdaging is Gesoekte kategorieë. Ek het reeds van die [[Kategorie:Sterftes in JJJJ]] begin skep, die geboortes moet NOG gedoen word. Enige hulp is welkom hier.
'n Ander probleem is ook ons taksobokse: daar is weergawe een en weergawe twee en nou ontdek ek dat daar ook 'n outomatiese taksoboks is. Ons sal moet standaardiseer en die spesialiste soos @Rooiratel:, @Burgert Behr:, @Naudefj: en @K175: sal moet aanbevelings maak.
Daar is ook 713 ongebruikte sjablone, sien Ongebruikte sjablone. Ek kan verstaan dat sommige net aktief raak indien daar foute is maar seer sekerlik nie al 713 nie! Spesialiste, asb....
As daar enige ander probleme/uitdagings is plaas dit hier sodat ons dit kan bespreek en regstel op een of ander manier.
Hallo Oesjaar, en al die ander bydraers. Met betrekking tot die taksobokse: ek het nooit die punt van ((Taksoboks2)) verstaan nie. Die docs sê iets oor klade, maar beide ((Taksoboks)) en ((Outomatiese taksoboks)) kan dit doen. Sien byvoorbeeld Giraffatitan. So ek dink ons kan maar ((Taksoboks2)) skrap. ((Outomatiese taksoboks)) aan die ander hand is nie selfstandig nie. Dit maak gebruik van ((Taksoboks)). Die doel daarvan is om dinge makliker te maak vir gebruikers, soos om die taksonomiese lys outomaties in te vul. Dit is veral baie nuttig as die taksonomie van 'n hele Orde of Familie verander, dan kan ons dit net in een plek verander in plaas van op elke spesie se bladsy.
Vir die wat 'n uitdaging soek:
- Ek wil graag die volgende lyste voltooi: Lys 1 en Lys 2 (Ek werk daaraan elke nou en dan)
- Ons portale kort baie werk. Dit kan ook insig gee oor watter onderwerpe nog inhoud kort.
- Probeer om meer gebruikers te werf! Dit is iets wat ek volgende jaar wil doen. Nie groot groepe nie maar net een of twee mense wat ek persoonlik kan mentor totdat hulle self kan bydra sonder enige vra. Rooiratel (kontak) 11:17, 28 September 2021 (UTC)[antwoord]
Grant for Movement Charter Drafting Committee candidates statements translation
Hi all,
The call for candidates for the Movement Charter Drafting Committee was a huge success with more than 72 candidates. However, as the applications are mostly in English, but the election is global, we need to translate some candidate information into many languages.
We understand that this task is too much to be asked for as voluntary work. So we are offering a grant program for this. What we expect of you from now till October 4(next Monday) is to translate only the statement of each candidate here Please translate it directly on Meta.
We will compensate this work with $736 once translation is complete in your language. When translation is complete you can request for the compensation here. For guidance, you can refer to the template here. Please do not wait for the grant to be approved first, but start right away with the translation, as there is a lot of work but limited time.
Do not consider French, Spanish, Russian, German, Arabic, Hindi, Chinese, Portuguese, Bahasa Indonesia, Bengali and Swahili in the scope. Some facilitators are already working on them.
Also, please get in touch with me first and let us know the language you are translating to.
Ek versmelt die maand met die jaar aangedui, en tik dan "date" i.p.v. "year" en "month", net om veilig te wees. Ek het aan die sintaks probeer verander, maar dis ongelukkig verskuil agter "((#invoke:))"-funksionaliteit! Aliwal201210:28, 11 Oktober 2021 (UTC)[antwoord]
Ek sien die month probleem is beide in die sjablone: Cite book en Cite journal. Indien die probleem opgelos kan word gaan honderde CS1 foute verdwyn. Waar is die slim manne... Groete! Oesjaar (kontak) 09:43, 12 Oktober 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, na nog 'n nag van vadalisme op ons Wikipedia, kan die voorstanders van IP-gebruikers asb. ook hulle deel doen en in die oggend vroeg net [verwysings] nagaan en herstelwerk doen? Groete! Oesjaar (kontak) 05:34, 6 Oktober 2021 (UTC)[antwoord]
Universal Code of Conduct Draft Enforcement Guidelines review still needs your ideas and opinions
Hello everyone,
This is just a reminder that the Universal Code of Conduct Draft Enforcement Guidelines are open for review and comment. The Drafting Committee will start working on revisions and improvement in less than two weeks (October 17), so it is important that you give them your ideas and opinions soon!
There is now a short, simple version of the Draft Guidelines here to make your review easier. If possible, also help translate the short version into more languages!
On behalf of the Drafting Committee, much thanks to everyone who has given ideas so far. We hope to hear from more of you - the Guidelines will be much stronger if more opinions are included.
The Wikipedia Library team is excited to announce that a centralized search tool is now available to all users eligible to use the library!
Instead of needing to search across individual collections one-by-one, you’ll now be able to search content from across a wide range of collections from one search bar. This search tool uses the EBSCO Discovery Service software and contains a wide array of filtering and advanced search options.
To check which collections are indexed, we’ve also added icons and filters to My Library. Search pulls content from almost all of the collections which are accessible by default for eligible users (the Library Bundle).
This means you can search with the confidence that every result will be accessible to you. In the future, we plan to enable users to turn off this limit, so that you could also search across collections which require individual applications, but we can’t guarantee that you’ll be able to access all results in this mode, as this depends on your individual authorizations.
To check out the search tool just head over to https://wikipedialibrary.wmflabs.org/ log in, and you’ll find the search bar at the top of your screen.
Gemeenskap, daar is 128 kantates, elk met 'n spesiale inligtingskassie. Die probleem is dat die kassies bykans geen inligting bevat en dus 'n alarm kategorie skep. Sien [17]. Om van die rooi kategorie ontslae te raak moet ons een van twee dinge doen: voeg meer inligting in elke kassie of verwyder die kassie. Ek luister.... Groete! Oesjaar (kontak) 19:00, 12 Oktober 2021 (UTC)[antwoord]
Voting for the election of the members for the Movement Charter drafting committee is now open. In total, 70 Wikimedians from around the world are running for 7 seats in this election.
Voting is open from October 12 to October 24, 2021.
The Movement Charter committee will consist of 15 members in total: The online communities will vote for 7 members, 6 members will be selected by the Wikimedia affiliates through a parallel process, and 2 members will be appointed by the Wikimedia Foundation. The plan is to assemble the committee by November 1, 2021.
You can learn more about each candidate to inform your vote here
You can also learn more about the Drafting Committee here
We are piloting a voting advice application for this election. Click through the tool and you will see which candidate is closest to you! To try out this tool, visit: App
dink ek daaroor om dié artikels vir ons voorblad te benoem, maar ná al die kritiek op my rugby- en krieketreekse asook die Sestigers op ons voorblad het ek hulle tot op hede nie benoem nie. Nou vra ek julle, is hierdie artikels geskik vir ons voorblad of is dit net die vierde vervelende genomineerde reeks van my kant af? Miskien iets oor die jaar 2022 heen verdeel? Groete. -- SpesBona21:00, 13 Oktober 2021 (UTC)[antwoord]
Gekant - Dis basies kort artikeltjies met lang lyste name, waarvan die meeste rooi skakels is. Nie juis voorbladmateriaal wat my betref nie. Gebruik een of twee, dan sal ek dit steun; andersins nie. ~ Burgert(kontak)08:23, 14 Oktober 2021 (UTC)[antwoord]
Miskien onder die titel "Lys van Nobelpryswenners vir X". Rooi skakels is myns insiens nie 'n probleem nie, aangesien al die persone ongetwyfeld relevant is. Watter een of twee sal jy steun, aangesien al die artikels op dieselfde manier uitgebrei is (inleiding en lys)? Andersins is daar tans nie voorstelle vir ons voorblad van my kant af nie (behalwe vir al die sportgoed wat ek tans op die Duitstalige Wikipedia voorberei). ;) Groete. -- SpesBona20:41, 14 Oktober 2021 (UTC)[antwoord]
My voorstel is dat hierdie ses artikels oor die hele jaar 2022 versprei op ons voorblad verskyn. Dis ses artikels uit 52 voorbladsters. Hierdie artikels is ewe goed. As net een of twee op ons voorblad mag verskyn, het ek min lus om een te nomineer. Dink maar net as een planeet op ons voorblad mag verskyn, maar nie al die ander nie. Ek sou elke planeet op ons voorblad ondersteun, selfs as alle agt binne een jaar op ons voorblad verskyn. Aan die einde van die dag doen ons dit mos vir die kwaliteit van ons Wikipedia en Afrikaans. Groete. -- SpesBona21:40, 2 November 2021 (UTC)[antwoord]
Kwaliteit is juis my probleem. Ek het nou na Fisika en Fisiologie gekyk. Albei artikels is een skerm lank, waarvan 'n kassie en foto die helfte van die plek in beslag neem. Die res is lyste name en verwysings. Waar is die kwaliteit? ~ Burgert(kontak)07:27, 3 November 2021 (UTC)[antwoord]
Welcome to the fourth issue of Universal Code of Conduct News! This newsletter will help Wikimedians stay involved with the development of the new code and will distribute relevant news, research, and upcoming events related to the UCoC.
If you haven’t already, please remember to subscribe here if you would like to be notified about future editions of the newsletter, and also leave your username here if you’d like to be contacted to help with translations in the future.
Enforcement Draft Guidelines Review Wrap-up - The Universal Code of Conduct Enforcement Draft Guidelines Review will come to a close on 17 October 2021, after more than two months of extensive consultations. (continue reading)
Roundtable Discussions and Conversation Hours - Another successful roundtable session happened on September 18, 2021 to discuss the EDGR. One last conversation hour will be happening on October 15th, 2021. (continue reading)
Movement Charter Drafting Committee Elections - The Movement Charter Drafting Committee selection process has kicked off and will be open until October 25, 2021. Contributors to Wikimedia projects can elect their favorite candidates on to the committee. (continue reading)
New Direction for the Newsletter - As we round-up the consultation processes for the Universal Code of Conduct, the facilitation team is currently envisioning new directions for the newsletter. (continue reading)
Diff Blogs - Check out the most recent publications about the UCoC on Wikimedia Diff. (continue reading)
Die slim manne: binne in die cite journal is 'n skakel na ISSN (identifier) wat nie bestaan nie. Indien dit verander word na net ISSN sal ons 'n klomp rooi skakels verwyder. Asb! Groete!
Goeienaand Gemeenskap, vandag sit ons presies 'n jaar sonder enige bydrae deur Voyageur. Niemand weet wat met hom gebeur het nie en hoekom hy nie meer hier betrokke is nie. Ek hoop maar net dit is 'n soort sabbatjaar van sy kant af en hy kom binnekort terug. Ek wil nie eers daaraan dink wat hy alles in dié jaar kon geskryf het... Dis te veel wat moontlik was. Vir ons, wat net sy artikels het, is sy bydraes die belangrikste, maar ek hoop regtig hy is gesond daar waar hy is. Groete. -- SpesBona20:45, 18 Oktober 2021 (UTC)[antwoord]
Learn how Movement Strategy Implementation Grants can support your Movement Strategy plans
Movement Strategy Implementation grants now provide more than $2,000 USD to put Movement Strategy plans into action. Find out more about Movement Strategy Implementation grants, the criteria, and how to apply here.
Also, the Movement Charter Drafting Committee election is still ongoing. It would be great to increase community participation. If you haven't voted now is the time. Please vote here before October 24. Regards, Zuz (WMF) (kontak) 13:55, 20 Oktober 2021 (UTC)[antwoord]
Taalvermenging
As iemand bekommerd is oor taalvermenging tussen Afrikaans en Engels luister maar net na Urdish, d.w.s. die vermenging van Engels en Oerdoe. As iemand oor RSG se taalgebruik kla, luister maar net na PTV, Pakistan ste openbare uitsaaier, se Urdish. Soms verstaan ek wat hulle praat, veral danksy al die Engels. Groete. -- SpesBona19:21, 20 Oktober 2021 (UTC)[antwoord]
Interessant dat Duitssprekendes deesdae (of het hulle ooit?) nie hard probeer om nuwe Duitse woorde te maak nie. Woorde soos "team", "take off", "interview", "shipping container" en ander word sommer as Duitse woorde gebruik. In Afrikaans sal jy iets uitdink soos "skeepsvraghouer". JMK (kontak) 14:02, 12 November 2021 (UTC)[antwoord]
Dié woorde ken ek ook, maar "take off" kan mens maklik met Start vervang en "shipping container" met Schiffscontainer. Ons "probleem" is veral woorde soos Internet, Computer, Handy, Online/Offline, Website/Webseite, Browser, WLAN, ens. Vir al dié woorde ken ek Afrikaanse ekwivalente, maar vra my asseblief nie vir Duitse s'n. Baie mooi vir my is aanlyn en vanlyn. Nes Nederlanders skep ons deesdae maar min nuwe woorde. Groete. -- SpesBona21:40, 17 November 2021 (UTC)[antwoord]
Baie geluk aan alle Namibiese krieketondersteuners wat hier lees
Van hulle praat mos ook Afrikaans en hulle dien nou as 'n inspirasie vir 'n nuwe generasie. Die Namibiese nasionale krieketspan het ook regstreeks vir die 2022-toernooi gekwalifiseer! Dis altyd uitstekend om 'n "klein" nasie op die hoogste sportvlak te sien presteer, beide krieket en rugby. Groete. -- SpesBona16:50, 22 Oktober 2021 (UTC)[antwoord]
Ope bedankingsbrief aan Radio Sonder Grense
Beste Radio Sonder Grense
'n Groot woord van dank vir die onderhoud tussen Mariska Spoormaker en Robin McDonald van die Tsitsikamma Wolf Sanctuary.
Ek het verlede Vrydagmiddag, 15 Oktober, tussen 14:42 en 14:53 aandagtig geluister, maar ek dink ek was toe tot by my ore gedompel in die Brasso-politoer en koperware.
Om daardie artikeltjie, Wolfkruisings in die Suid-Afrikaanse Weermag van my te skryf, soos dit nie daar lyk nie, het my
R1 057,99 bedroë gelaat. Dankie vir die geldjie wat ek nou spesiaal nie op reiskoste of toegangsgelde of verblyfskoste of lewensversekering hoef uit te gee nie.
Ek sou nooit kon dink Suid-Afrikaners sou in 2019/2020 nog neuk met wolfkruisings vir troeteldiere nie. Ek bedoel, by Wolwedans in die skemer, sal ons nog lees Leon van Nierop het 'n troetelwolf by 'n gastehuis in Pretoria teëgekom, maar ek het gedink dis alles toe te skryf aan daardie vervlakste CGI Twilight-reeks van Stephanie Meyer waarvan almal al genadiglik vergeet het. Maar nee! En dis 10 jaar later! 'n Mens sou dink die samelewing het effens wyser geword, veral nou dat die wolwe in Holland weer begin skaapvang.
Ek meen maar, toe ek gister ons buurman se hondeboek (Kies die regte hond, 1992) deurblaai, was selfs Huskies in 1988 tot 1991 nie eens op die toptelerslys van die Kennel Union of Southern Africa nie! Hulle word by hierdie hondenfokkersvereniging met 'n sterretjie aangedui as "skaars rasse". Die geliefdste teelhonde vir daardie tyd was buitendien die Staffordshire-bulterriër (die skattige Staffies), die Duitse herdershond, die Rottweiler, die Engelse bulldog en die Labrador.
Ons verjaarsdag: 16 November 2021 - dan is ons 20 jaar jonk!
Gemeenskap, ek kan bevestig dat ons nuwe HUB die geleentheid gaan bywoon. Ek het gereël vir 'n vertaler vir haar. Ek beplan om 15 skyfies aan te bied, wat sal julle inhoud van die skyfies wees? Groete! Oesjaar (kontak) 16:47, 30 Oktober 2021 (UTC)[antwoord]
The Wikimedia Foundation has appointed two members: Runa Bhattacharjee (Runab WMF), Jorge Vargas (JVargas (WMF).
The committee will convene soon to start its work. The committee can appoint up to three more members to bridge diversity and expertise gaps.
Ek het chemiekas2 reggemaak, maar ek het nie krag om al die ander goed reg te maak nie. Hoekom is alles wat voorheen reg was, nou skielik verkeerd? Sulke goed raak duisende artikels. Is dit regtig nodig om dit reg te maak. 'n Mens het 'n bot daarvoor nodig. ~ Burgert(kontak)06:40, 10 November 2021 (UTC)[antwoord]
Hierdie lyk soos HTML-sintaksisfoute. Ek dink as dit niemand pla nie dan hoef dit nie dringend reggemaak te word nie. Ek stem saam dis eerder 'n werk vir 'n robot of dalk iemand wat Autowikibrowser gebruik. – K175 (skil 'n appeltjie) 18:27, 10 November 2021 (UTC)[antwoord]
Rapport vandag.
Daar behoort 'n berig in vandag se Rapport te wees. Ek werk op 'n event kyk asb of julle iets sien. Oesjaar.
Gemeenskap, vandag is ons Wikipedia 20 jaar jonk en het ook die 101,000 artikel merk verbygesteek! Baie dankie aan alle gebruikers wat oor die afgelope 20 jaar 'n bydrae gemaak het. Elke bietjie help! Ek vertrou dat ons die groei sal volhou en sal versnel, ek beplan 'n paar opleidings sessies volgende jaar. Toe ek 12 jaar terug hier betrokke geraak het as 'n rou, rou nuweling het ons ongeveer 15 000 artikels gehad... Daar was baie meningsverskille oor die tydperk en daar sal ongetwyfeld ook in die toekoms wees maar dit is my mening dat ons sterker geraak het as gevolg daarvan. Ons gebruikers bly ons grootste bate en het definitief 'n verskil in meer as een skolier se lewe gemaak!
Gemeenskap, skryf kompetisie 2021, hiermee my gedagtes. Ons begin op 15 Des 2021 tot 15 Jan 2022. Nuwe artikels van ten minste 5 k grepe. Tema: persoonlik soek ek goggas en insekte want ons rak is maar leeg hier! Meerderheids mening wen natuurlik... Groete! Oesjaar (kontak) 19:12, 17 November 2021 (UTC)[antwoord]
Dit beteken dat iewers is daar 'n parameter wat 'n waarde het met letters, maar die parameter verwag waardes met net nommers. Ek het nou nie tyd om op te spoor waar presies dit gebeur nie. Rooiratel (kontak) 08:44, 22 November 2021 (UTC)[antwoord]
Jy is reg daarmee Rooiratel, ek het dit ook op die Noord-Sotho Wikipedia ondervind. Met 'n uitsluitingsoefening ("elimination drill") het ek agtergekom dis die parameter "sensuskode" wat die nie-numeriese fout veroorsaak.
Aanvaar die onderwerp is seker al snuif getrap, maar 'skuus tog, ek stuit elke keer teen die woord "hoofartikel" soos die Afrikaanse Wikipediane dit gebruik. In die volle bestel van die drukkerswese is 'n hoofartikel nie die vernaamste artikel in 'n publikasie of oor 'n onderwerp nie, maar die stuk geskrif waar die redaksie sy eie mening onomwonde verkondig, as 'n deel van sy meningsvormende taak. Die koerant se hoofberig op die voorblad is natuurlik glad nie sy hoofartikel nie, wat selfs op die middelblad kan verskyn. Wikipedia kan natuurlik besluit om 'n ander betekenis aan "hoofartikel" toe te dig, maar nêrens in ons mees gerekende woordeboeke word "hoofartikel" gesien as die belangrikste geskrif oor 'n onderwerp nie. Dit is die Afrikaans vir wat die Engelse 'n "editorial" noem.
• HAT stel dit so:
hoof·ar·ti·kel s.nw. [hoofartikels] [afk. hoofart.] redaksionele artikel van ’n koerant/tydskrif; inleidingsartikel: In die hoofartikel word die sienswyse van die betrokke blad gewoonlik geopenbaar.
• En die grote WAT se definisie is:
hoof’artikel s.nw. Inleidende, redaksionele artikel van 'n koerant of tydskrif, waarin die sienswyse of beleid van die blad geopenbaar word; dit val gew. op deur besondere tipografiese opmaak, bv. groter letter en wyer setmaat, wat dit onderskei van die orige artikels; inleidingsartikel: Soms is daar twee, drie of meer hoofartikels oor aktuele sake.
• Alternatief vir hoofatikel in Wikpedia dan? Goeie vraag. Hoofgeskrif sou dalk hoofdrawend kon klink, maar net totdat dit ingeburger raak en almal dit gebruik. Groete in liefde en vrede --Mieliestronk (kontak) 17:36, 20 November 2021 (UTC)[antwoord]
Meins insiens het beide bronne twee verskillende betekenisse vir die woord "hoofartikel" - Wikipedia gebruik die tweede betekenis - "inleidingsartikel". Die nederlandse Wikipedia gebruik die frase "Zie XXXX voor het hoofdartikel over dit onderwerp" en die Duitse Wikipedia gebruik die frase "Hauptartikel: XXXX". Martinvl (kontak) 20:32, 20 November 2021 (UTC)[antwoord]
Werk "hoofartikel" nie soos die "hoof-" in hoofstad en hoofrondte (in sport) nie? Ons skryf artikels en die artikel wat dieper inligting oor 'n onderwerp gee, is die hoofartikel omtrent dié afdeling se onderwerp. Ons skryf mos artikels en só kry ons die term "hoofartikel". Ek is natuurlik vertrou met die Duitse term "Hauptartikel". Dalk sien ek iets mis? Groete. -- SpesBona21:55, 22 November 2021 (UTC)[antwoord]
Vir my beteken hoofartikel "die artikel wat as spilpunt dien waaruit ander artikels voortvloei".
Op universiteit onthou ek nog het ons "Die spilfiguur" behandel, wat deur Karen de Wet beskryf is in die vaktydskrif Stilet. Dit wil sê - alle TERUGVERWYSINGS na 'n boek, 'n karakter, 'n episode... maak nie saak of dit 'n parodie, 'n bespotting, 'n verwerking, 'n bespreking, 'n roofkopie, 'n goedkoop namaaksel op straat is nie - dit wys alles terug na een sentrale punt: die spilfiguur. En die spilfiguur kry met elke liewe woordjie en bespotting net meer aandag.
Spilartikel bestaan wel in Nederlands, maar verwys meestal na "artikel" as die onderafdeling van wetgewing wat 'n groot invloed uitoefen en daarom die middelpunt is waaruit ander wetgewing voortspruit en na terugverwys.
Kernartikel sal jy nie kan gebruik nie, want dit is artikels wat alle Wikipedias eintlik veronderstel is om te hê, soos godsdiensleiers, fisici van dwarsoor die wêreld, die hoofskrywers uit elke taal, 'n roofdier soos leeu... dus, onderwerpe wat in elke ensiklopedie eintlik moet voorkom.
Oorsig(s)artikel bestaan wel in die WAT: Artikel waarin 'n oorsig (OORSIG 1 a) gegee word v.d. navorsing of produksie in 'n bep. vakgebied of gebied vir 'n bep. tydperk, met die voorbeeldsin: Daar bestaan 'n uitgebreide literatuur oor primêre vaatweefseldifferensiasie by hoër plante wat inoorsigsartikels... behandel word en Die oorgrote meerderheid artikels (i.d. werk) isoorsigartikels ... Hierdie tipe benadering loop altyd die gevaar om te versand in oppervlakkige samevattings van bekende insigte. En dit maak sin, want jy kan nie alles in detail in 'n oorsigartikel bespreek nie. Suidpunt (kontak) 16:30, 23 November 2021 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, ek betwyfel die die volgende sin nadat dit verander is: Broenei is een van slegs vyf lande binne die Britse Statebond met 'n inheemse monarg op die troon (die ander ses is Namibië, Suid-Afrika, eSwatini, Lesotho, Maleisië en Tonga). Julle mening asb! Groete! Oesjaar (kontak) 12:09, 22 November 2021 (UTC)[antwoord]
Nee twak! Daai ou (180.244.84.205) het dit uit sy duim gesuig!
Gemeenskap, die artikel Malva is deur Gebruiker:Burgert_Behr geskep as 'n genus oor die malva spesies. Maroela Media/Elana Barker het ander families daarin geplak wat glad niks met die artikel te doen het nie. Ek gaan die ander families skuif en/of skep. Hulp is welkom... Groete! Oesjaar (kontak) 19:36, 22 November 2021 (UTC)[antwoord]
Closing the comment period for the Universal Code of Conduct Enforcement Draft Guidelines
Thank you for your continued comments and ideas on the Universal Code of Conduct enforcement guidelines. Your responses have helped to build a stronger Universal Code of Conduct.
If you have not already provided your comments, now is the time as the drafting committee has been meeting to update the enforcement guidelines. The drafting committee wants to consider all comments as they make their updates. Please submit any comments by the end of November. The Committee hopes to finish its revisions before the end of the year, and the revised guidelines will be published as soon as they have been completed.
The next steps for the Universal Code of Conduct include conversations about ratification of the enforcement guidelines. There will be a conversation about ratification on Nov 29.
The Wikimedia Foundation will make recommendations to the Board of Trustees about the ratification of the guidelines in December. The recommendations will inform the next steps in the Universal Code of Conduct process.
Artikels oor Suid-Afrikaanse politiek verouder tans bitter vinnig en ek kan nie alles uit Duitsland hersien nie. @Lefcentreright: het jy na aanleiding van die onlangse Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2021 tyd, weer op die Afrikaanse Wikipedia skouer aan die wiel te sit? Veral nuwe burgemeesters kort nuwe en goeie artikels. Ander is verskriklik verouder. Ek het sopas die metros gedoen, maar al die res... Groete. -- SpesBona21:55, 15 Desember 2021 (UTC)[antwoord]
Upcoming Call for Feedback about the Board of Trustees elections
The Wikimedia Board of Trustees is preparing a call for feedback about the upcoming Board Elections, from January 7 - February 10, 2022.
While details will be finalized the week before the call, we have confirmed at least two questions that will be asked during this call for feedback:
What is the best way to ensure fair representation of emerging communities among the Board?
What involvement should candidates have during the election?
While additional questions may be added, the Movement Strategy and Governance team wants to provide time for community members and affiliates to consider and prepare ideas on the above confirmed questions before the call opens.
Community members can also organise local conversations during the call. You can find more information about this upcoming call for feedback here.
Deesdae sien ek hy skryf 'n paar artikels, kom darem so bietjie reg met Afrikaans. Net skrikkerig as hy weer met honderde kategorie veranderinge begin. Groete en Geseënde Kersfees. Odriskelmac11